6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -9 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Om Die Kampvuur - Bosfontein - Saamtrek 9 tot 11 Nov 2018

Pretoria
Submitted by Noddy on

Hi daar almal.

Ek beplan `n “Om die Kampvuur” saamtrek  op 9 tot  11 November 2018 by Bosfontein Woonwapark in Bela Bela.

Deon en Martie het ingestem om ons spesiale tarief van R720.00 per staanplek te gee as ons meer as 10 waens is.

Ek het ook James en Andre gekry om vir ons `n kampvuurkonsert te doen, regstreeks tydens die uitsending van “Om Die kampvuur” 10 Nov 2018 (Kyk gerus na hulle webblad  http://www.jamesenandre…; )

 

Bosfontein Saamtrek

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 31/07/2018 - 19:02

Hierdie klink nice Noddy maar ek dink dit is die meeste met kinders se eksamen tyd en ook baie naby aan die wat Desember op vakansie gaan.

Pretoria

Noddy

Fri, 03/08/2018 - 10:07

Hi daar almal.

Ek beplan `n “Om die Kampvuur” saamtrek  op 9 tot  11 November 2018 by Bosfontein Woonwapark in Bela Bela.

Deon en Martie het ingestem om ons 10% afslag te gee as ons meer as 10 waens is.

Ek will ook James en Andre kry om vir ons `n kampvuurkonsert te doen, regstreeks tydens die uitsending van “Om Die kampvuur” 10 Nov 2018 (Kyk gerus na hulle webblad  http://www.jamesenandre…; )

Sal  julle bereid wees om `n bedraggie te betaal dat ons hulle kan kry om saam te kuier?

 Gebruik die link om te stem of jy bereid is om te betaal of nie.

https://www.ferendum.com…

Waar my wa staan

Arie

Tue, 23/10/2018 - 08:09

Raak self nou haastig, tot die Oupajero gediens vir die lang pad Bosfontein toe, seker maklik so dertig km of so?

Ons soek nou op Google vir 'n lekker oorslaap plek op pad soontoe en terug?

Pretoria

Noddy

Tue, 23/10/2018 - 09:04

Hulle het 1 chalet by Bosfontein, maar James en Andre wat gaan optree saterdag gaan daarin slaap.

Ons sal maar vir jou UBER reël Oom Ariedevil

Waar my wa staan

Arie

Tue, 23/10/2018 - 10:56

Noddy, baie dankie maar nee ek sal regkom. Net die distansie, sal maar moet erens oorslaap, op my ouderdom raak dit moeilik as ek sover aanmekaar moet ry, mens raak mos moeg.

Die terug ry in die donker is OK, [vir die wat nie weet nie, ek is nagblind] Petra en ek het die ding mooi uitgwerk, sy sal instruksies gee, jy weet 'effens links, nie te veel nie" aankomende voertuig op 12.15 sowat 100 meter van ons af, en so. Ook gedink dalk moet ek langs die pad ry, daar is darem minder verkeer?

Nee wat ek spot maar, ons is orraait sal heel goed regkom, met so paar Red Harts agter die blad sien ek kans vir enige iets!

Sien uit na die kamp....

Behalwe nou vir ou Voorie se flou verskoning dat hy kort na die naweek weer kamp, wonder ek so by my self hoekom hier nie meer van diè forum se mense kom saamkamp nie?

Kon nou man, kom kamp saam.  Julle het mos gesien hoe lekker ons gekamp het by Manalingwe saam Noddy met sy uitsending. 

Toe toe.....moenie dat ek begin name noem hier nie......maak jou bespreking by Bosfontein     

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus