Ek wil graag hulde bring aan 'n pragtige jong dametjie wat vandag ses jaar gelede "Ja" geantwoord het. Nogals so half spesiale man het ook op die selfde tyd net voor haar ook "Ja" ge-antwoord.
Jonika, wat kan ek se, baie geluk met jul sesde huweliks herdenking, en baie dankie dat jy ou Anton kalm kan hou met al sy frustrasies van ons spul hier oppie forum!
Anton, my vriend, jy het 'n juweel - pas haar vorentoe net so mooi op soos oor die laaste ses jaar, ek is so bly dat oom Angus die dag vir julle tweetjies spesiaal gemaak het!
Byt vas altwee van julle, nog net 43 jaar dan is julle gelyk met Petra en ek.
Nogmaals baie geluk mag julle nog wonderlike jare vorentoe beleef, en dan sal ons maar nou sing "Kinders by die dosyne"
Geluk julle twee, en als…
Geluk julle twee, en als mooi vir julle.
Anton en Jonika. Baie geluk…
Anton en Jonika. Baie geluk met die sesde jaar. Mag julle geseën word met nog baie ses jare.
Baie geluk julle twee, bou…
Baie geluk julle twee, bou so voort.
Baie geluk.........oor…
Baie geluk.........oor klompie jare gaan julle ook onthou die weepee het veroor vandag![]()
Hallo Julle! Baie dankie…
Hallo Julle! Baie dankie Arie en almal wie vir ons sulke mooi gelukwense hier gee. Ja dit was 'n baie spesiale huweliksherdenkingsdag saam met die miljoene gelowiges daar in die stof en son by die gebeds byeenkoms wat oom Angus gereël het.
Dit is jammer dat die WeePee nie ook na die partytjie toe gekom het nie, hulle het groot uitge-loose ![]()
Daar bars Spek nou julle…
Daar bars Spek nou julle bubble! Is die kabouters nog by Ouma? Wel, geniet die res van jul dag saam.![]()
Ai julle is almal...
Julle almal is baie oulik. Baie dankie. Ek ken nou al vir oom Arie en tannie Petra en is baie lief vir julle. Ek kyk op na julle en julle pragtige huwelik. Baie dankie ook aan almal vir die mooi boodskappe. Kaboutertjies het die dag saam hulle oumsie spandeer ja. Blessings.
Die laaste een is seker…
Die laaste een is seker gesensor???
Ek verbeel my ek hoor die sleepwa se slotte klingel??!
Ek verbeel my ek hoor die…
Ek verbeel my ek hoor die sleepwa se slotte
Sleepwa staan by All Out Gear vir 'n nuwe flysheet ![]()
Baie lief!
Aan my pragtige vroulief, Jonika, aka Lolla - dankie dat jy my mens maak. Ek sal hierdie pad saam met niemand anders wil stap nie. Ek is baie lief vir jou. ![]()
Ons het 2 keer getrou...
1ste troue was in dominee se huis. Sommer in die sitkamer... Hehehe. Vandag 6 jaar terug. 14 Nov is klein Anton gebore. 16 Feb was ons groot troue soos beplan, ons partytjie troue. O en oom Arie, met die hoge petrol prys... Is nog kinders glad nie op ons toekoms lysie nie... Hehehe. Anton jnr verjaar die 14de Nov en Jovan die 18de Nov. So aangesien Nov die maand is vir ons om babatjies te lewer, is dit nie nou die regte maand daarvoor nie.
Julle is sommer baie oulik,…
Julle is sommer baie oulik, hoor! Het julle gisteraand gehoor dat Nollie vir julle "Love letters in the sand" gespeel het?
Of was julle te besig om in te skakel?![]()
"Love letters in the sand" …
"Love letters in the sand"
Ai tog nee! Ons het glad nie na oom Noddy geluister nie. Eers 7pm by huis gekom en toe weer besit van die kabouters geneem. Daarna in die bad gespring om al die stof en sweet af te was na die dag in die son en stof by oom Angus se gebedsbyeenkoms.
Baie geluk Anton en Lolla en…
Baie geluk Anton en Lolla en mag julle nog baie jare saam gelukkig wees !!
Ai Anton, ek beny julle wat…
Ai Anton, ek beny julle wat dasar kon wees, dit moes seker baie spesiaal wees. Juis so pas weer "Grasroots" sit en luister, die oom praat en bid mos elke Sondag op "Grasroots" vir ons.
Hy is vir my so groot inspirasie, nog nooit enig iets negatiefs uit sy mond gehoor nie, altyd positief!
Vroeg vanoggend weer op my geliefde stomp in die bos gaan sit en kyk hoe die son opkom, en die bokkies so rustig wei.
Dink toe weer aan die groot hoeveelheid mense wat met oogklappe aan deur die lewe gaan en net al die elende en swaarkry sien, maar die oogklappe verhoed hulle om die mooi te sien. Dit heriner my toe weer aan Michael Angelo, wat 'n blok marmer so staan en kyk het. Vra die studente hom wat sien hy, ant "Ek sien 'n Engel" hulle het vir hom gelag en gevra "hoe sal jy 'n Engel uit die blok kry?"
"Maklik antwoord hy, ek verwyder net alles wat nie soos 'n Engel lyk" Met ander woorde, hy kon verby die vierkantige stuk marmer en sien die mooi daarin? Eintlik baie maklik as mens die lewe so sien. Ons staar ons blind aan die moorde, misdaad en korupsie, in plaas daarvan dat ons na die groter prentjie kyk en die mooi wonderlike eindresultaat sien.
En wie kan nou bevrees of bedruk wees as ons net ons oge op daai wonderlike eindresultaat raak sien?
Dan dink ek ook weer aan CR wat die sakemanne soveel vertroue gegee het dat hulle groot bellegings in ons ekonomie sal maak, en dan lees ek op FB hoe waarsku die mense oor die hengese skuldlas wat dit op die land plaas????? Belleging is mos nie skuld vir die land nie, of verstaan ek verkeerd, ek dog lening is skuld, maar bellegings beteken werk verskafing groei en dan groter belasting inkomste vir die staat?
Weer is baie mense vrek vinnig om die lelik in plaas van die mooi te sien. Hier is baie mense wat beslis nodig het om vir oom Angus te gaan luister, nou maak hulle liewer 'n bespoting van hom en maak dit af as 'n geldmaak storie??
Ai dit is so hartseer.






Ek stem saam, Arie. Die…
Ek stem saam, Arie. Die twee se liefde vir mekaar en vir die kabouters is duidelik op die forum. Baie geluk, Voortrekkers, Daar word gesê in die eerste sewe jaar eet julle saam die eerste sak sout op. Julle het een jaar om te gaan.
Mag die sakke sout net al hoe makliker raak in nog baie jare wat voorlê.