Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -1 hour ago
Rona November 2026 Johann L -1 hour ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -12 hours ago

Baie Geluk Petra!

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums
Happy Birthday Petra!
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/11/2018 - 11:01

Petra jy moet lekker verjaar vandag!  Ek hoop Arie laat jou toe om ook 'n bietjie te sit en relax en dat hy darem vir jou lekker drink goedjies en snacks gaan aandra  smileyyes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/11/2018 - 11:13

Baie geluk met jou verjaarsdag Petra, hoop die "Ou paal" gaan jou darem lekker bederf vandag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 07/11/2018 - 11:23

Skande, skande, dat ek vanoggend vergeet het van Petra se verjaarsdag.   Dankie Voories, dat jy alweer die voorbeeldige een is en ons ouens met die kort geheues, laat onthou.yes

Baie geluk Petra!   Mag hierdie dag vir jou baie spesiaal wees.  Ek hoop Arie is alreeds besig om jou te bederf, besig om jou uit te vat vir 'n lekker glasie wyn en 'n heerlike middagete.   Dan moet jy later op die stoeptent sit en hy moet jou bedien, van kop tot tone.   En jou vanaand ook van kop tot tone bedien.

Mag die Heer jou seën met goeie gesondheid in die nuwe lewensjaar wat voorlê.  Al ken ek jou nie, is jy vir ons 'n voorbeeld, dankie daarvoor.  Ek wens jou nog vele gelukkige jare toe saam met ou Arie!heart   

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/11/2018 - 11:27

Ons moet seker vir Arie ook baie geluk sê! yes   Baie geluk Arie dat jy jou vrou so mooi versorg en dat sy nog 'n jaar saam met jou kon deurbring! smiley  Welgedaan!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 07/11/2018 - 14:50

Petra vra dat ek asb haar dankie aan julle almal oordra, sy waardeer dit opreg, ook aan die wat WA gestuur het, sy waardeer dit vreeslik baie!

Ja sy het my vroeg oggend in die bed verras met 'n GROOT persent vir my!!!, salllie verder uitbrei nie.

Het haar toe maar so bietjie bederf, wou haar Nylstroom toe vat vir 'n ete by Peppe, maar sy wou Fritto Misso by Ocean Basket eet, dit is ok al ordentlikerige eetplek hier na die Waterfront afgebrand het. Ons het lekker ge-eet en 'n botteltjie Grace leeg gemaak. voor dit lekker koffie en koek by spoonsfull geniet.

Ja sy se sy het die dag sover geniet, ek sal maar vanaand haar vroeg oggend geskenk weer terug gee aan haar, ek is mos nou nie 'n suinige ou nie?

Dankie almal!

Voorie, dankie darem iemand wat al my harde werk raak sien?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 07/11/2018 - 18:30

Ai nou is ek weer laat!!!

Baie geluk Petra, mag die jaar wat voot lê die beste jaar tot nog toe wees. Rykste seën wense vir die jaar vorentoe.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Thu, 08/11/2018 - 07:38

Sjoe, baie laat hierso.

Baie geluk tannie Petra, mag daar nog baie jare van vreugdevolle tent opslaan vir tannie wees.

Hiep hiep, Hoorray!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus