Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Berg en dal KNP

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag Len

Dit is met spyt dat ek jou resensie lees van Berg en Dal. Wat was so sleg dat jy die plek so 'n lae punt gee?

Ek besef skielik dat deur net na die kriptiese beskrywings te kyk, onder die neergelegde opskrifte, uiters waardevolle inligting verswyg word. Dit geld naatuurlik vir ander persone se graderings ook.

Dit sal baie waardevol wees as die swakpunte [van die resensent] uitgelig word, eerder as om dit te verswyg. Ek is van mening dat as ek vir 'n diens [of vir kampering] betaal het, ek geregtig is om my mening onbeskroomd te deel.

Ek was baie lanklaas in Berg en Dal, vandaar by spesifieke vraag.

Groete

Wessel

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/11/2018 - 16:02

Wessel - Ek sal nog volledig reageer t.o.v. Berg-&-Dal en aansluit by Len se resensie. Op hierdie stadium wil ek net sê dat ons baie lief is vir die B&D omgewing. Maar tydens ons 7 nagte besoek in 2017 was B&D die laagtepunt tydens ons meer as 'n maandlange besoek aan die wildtuin. Dit is 'n mooi kamp en 'n goeie wildomgewing. Maar, tensy dit intussen opgeknap is, is B&D maklik die kamp wat die swakste bestuur word in die hele wildtuin. Ek sal foto's plaas sodra ek die kans het om agter my rekenaar te gaan sit (nou op my foon). Ten spyte van 'n baie lekker staanplek teen die draad, het ons tentatief besluit dat ons nie sommer weer in B&D sal gaan kamp nie. Ek hoop om binnekort meer plasings onder die resensies te doen.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/11/2018 - 17:58

.............gee toe dat ek miskien bevooroordeeld is omdat ek voorkeur gee aan die meer noordelike kampe.  Aan die ander kant, 5/10 is nie só sleg nie, netsoveel goed as sleg.  My grootste klagte is die blouape wat nou al vir jare daar amok maak sonder dat (na my mening) bestuur iets daaromtrent doen.  Ek was met my laaste besoek daar ooggetuie hoe 'n klomp blouape 'n Penta se gaas onder die opwipdak oopskeur en die wa binne-in verwoes opsoek na kos.

Ek besef dat gradering van kampplekke is uiters subjektief omdat mense se oordeel en voorkeure drasties veskil.

0

More Len

Dankie vir jou verduideliking. Elkeen van ons is geregtig op sy mening. Ek is ook baie gek na die willetuin, maar die ape bly maar 'n probleem.

Ek het al oor die jare geleer dat ongeag waar in wildtuin, of dit Kruger of Pilansberg is, jou opwipdak moet toe wees as jy weg is van woonwa. Dit is natuurlik nog 'n groter probleem met boswa soos Kavango en Bush Lapas, baie seilwerk aan beddens ens. 

Ek gaan volgende Junie Satara toe en dink nou al aan die probleem. Ek wil ook nie met vrugte [veral sitrus] agterop bakkie rondry nie, olifant se neus te goed om dit uit te snuffel.

Ten minste weet ek nou dat ek tog soheentoe kan gaan, as 1ste of laaste aand slaap oppad van Brits na ander kampe soos Balule of Satara. Toegangspaaie na ander hekke soos Numbi, Kruger, Orpen raak eintlik onrybaar en ook gevaarlik.

Nou moet ons wag vir Chris se kommentaar

Groete

Wessel 

 

0
Nelspruit

Koos Mol

Tue, 13/11/2018 - 10:40

My voorkeur lê ook by die noordelike kampe in die park weens die feit dat dit daar rustiger is as in bv. Skukuza of Onder-Sabie, ook is die verkeer op die paaie baie minder. Ek reken as mens resensies op wildsparke se kampe doen moet die resensies gedoen word met die wildbesigtingswaarde uitgesluit en die wildbesigtigingswaarde as 'n aparte paragraaf te plaas, dis maar my mening. Ons was in September by 'n paar van die park se kampe, ek sal late resensies op elk doen.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 13/11/2018 - 10:43

Ek sal seker maar 'n plan moet maak en die Noordelike vs Suidelike kampe self eendag gaan uitkyk, julle maak my so nuuskierig smiley  (En lus vir kamp)

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/11/2018 - 15:59

Nou moet ons wag vir Chris se kommentaar

Dit is gedoen. Ek wou inderwaarheid eers ander meer positiewe resensies doen. Maar ek het gereken omdat ek my groot snater oopgemaak het t.o.v. Berg-en-Dal, moet ek dit nou maar afhandel.

0

More Chris

Na jou omskrywing van Berg en Dal stem ek saam; " Swak Piketberg" is sagkuns gestel.

Die besprekeing is 'n pragtige bewys  van die voordeel om ons indrukke van kampe te deel. Nou weet 'n mens wat om te verwag indien mens tog na 'n kampplek wil/moet gaan.

Groete

Wessel 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus