Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
November brandstof prys November 2026 Geert -1 hour ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -7 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -8 hours ago
Rona November 2026 Johann L -8 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Black Friday

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Nou wie is reg om te gaan "shop till you drop" môre?    Nie ek nie.  Gaan net na my gewone supermark en kyk of daar specials is op goed wat ek gewoonlik koop.

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 22/11/2018 - 18:36

Hier by ons bars die winkels uit hulle nate ek hou verby dis net te erg die geskree en ongeduld wat mense het en dan bere hulle maniere by die huis

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/11/2018 - 10:57

Dusty, ja Ford in Roodepoort gee 100% persent afslag op sekere modelle, ek het juis vir my 'n pikswart AC Cobra bestel, die original nie replika nie.

Ongelukig het dit toe deur die mat geval, ek het aangedring op 'n sleepstang, was bereid om self daarvoor te betaal, maar hulle het my vamore laat weet die kar is daar, maar hulle kry niemand wat 'n sleepstang kan opsit nie!

Ek kanseleer toe maar alles, hoe de heck dink hulle moet ek die Penta sleep?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 23/11/2018 - 13:41

Wel, ek het lekker afslag gekry vandag op kruideniersware, wat ek normaalweg sou koop.   Lekker goedkoop hoenders ook, sommer vir ons tuinman en huishulp elkeen twee gekoop.  Tot van die bestanddele vir my Kersfees trifle was 'n bargain.  Suiker, tee, waspoeier en nog 'n hele paar ander goeters.   Ek en die Uncle kan nou maar die koerantpapier weggooi, ek het genoeg toiletpapier vir 'n paar maande.laughyes

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 23/11/2018 - 14:15

Ek het op Goeie Môre draad my afslag beskryf!!!!, ek sien jy was ook by tandarts??

Ekskuus, ek kom regmaak Dis die KOFFIE DRAAD - maar ek nog boggerol gehad vandag!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 23/11/2018 - 19:14

Skerp Stoffel😂

omtrent 8 verkeersligte is ook swart.

Ek is so 13:00 verby Vaal Mall, liewe ouers, die karre staan tot buite op die  sypaaitjie, nee genugtig dankie, maar nee dankie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 23/11/2018 - 19:52

Ons was vandag by Checkers in Vanderbijl gewees om vir Adriaantjie iets te kry, wat vir my baie op vallend was, was die personeel se vriendelike hulpvaaedigheid. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 23/11/2018 - 19:55

Ek verby gehou nee wat ek versondig nie my siel niel

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 23/11/2018 - 20:41

Was ook dorp toe vandag, Von wou gister, nie lus vir die mense nie, maar neef het n afspraak gehad vandag. Wimpy brekfis was nie op spesjil nie, Edgars langsaan ingeloer, en kry twee Levi's vir die prys van een.     

Von het toe n klompie groceries gekry wat ons tot volgende jaar gaan hou, en ek twee kaste bier vir gewone prys maar R 100.00 agslag, winskopie. 

Die "smart tv stel" sal moet wag totdat die huidige een breek, nie voor die tyd nie.

 

                         

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 24/11/2018 - 08:31

Gees, die Klipdrift ook goedkoper en een gekry. Drink nie baie brannewyn nie, maar so af en toe met n ysie en druppel water loop hy doeksag. My kassie is nogal vol drinkgoed, ek sal nooooit met n tekort sit nie, hel nee, die lewe is te kort om nog suinig ook te wees met die bietjie bederf.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus