Nou wie is reg om te gaan "shop till you drop" môre? Nie ek nie. Gaan net na my gewone supermark en kyk of daar specials is op goed wat ek gewoonlik koop.
Black Friday is maar net die…
Black Friday is maar net die begin.... ESIHKOM het gesê ons kan n BLACK DECEMBER kry.
Nee wat, ek hou verby met…
Nee wat, ek hou verby met die malligheid, ons sal wel more na 15:00 slagter toe gaan, gelukkig heeltemal uit die dorp uit.
Takealot sin begin 00:01…
Takealot sin begin 00:01 vannag en as jy genoeg koop (dink R450) dan is die aflewering gratis, so geen tou staan.
Die mens en
Hier by ons bars die winkels uit hulle nate ek hou verby dis net te erg die geskree en ongeduld wat mense het en dan bere hulle maniere by die huis
Koop maar ook meeste van my…
Koop maar ook meeste van my goedjies by Take-alot.
Hulle lewer by die huis/kantoor af.
Hou maar hulle daaglikse specials dop.
Sien op 'n epos van die…
Sien op 'n epos van die plekke gee tot 100% afslag. Wonder of dit op voertuie ook is?
Dusty, ja Ford in Roodepoort…
Dusty, ja Ford in Roodepoort gee 100% persent afslag op sekere modelle, ek het juis vir my 'n pikswart AC Cobra bestel, die original nie replika nie.
Ongelukig het dit toe deur die mat geval, ek het aangedring op 'n sleepstang, was bereid om self daarvoor te betaal, maar hulle het my vamore laat weet die kar is daar, maar hulle kry niemand wat 'n sleepstang kan opsit nie!
Ek kanseleer toe maar alles, hoe de heck dink hulle moet ek die Penta sleep?
Wel, ek het lekker afslag…
Wel, ek het lekker afslag gekry vandag op kruideniersware, wat ek normaalweg sou koop. Lekker goedkoop hoenders ook, sommer vir ons tuinman en huishulp elkeen twee gekoop. Tot van die bestanddele vir my Kersfees trifle was 'n bargain. Suiker, tee, waspoeier en nog 'n hele paar ander goeters. Ek en die Uncle kan nou maar die koerantpapier weggooi, ek het genoeg toiletpapier vir 'n paar maande.![]()
![]()
Ek sien "black Friday" is…
Ek sien "black Friday" is orals. Van die kantoor tot by die huis omtrent 8 verkeersligte is ook swart.
Skerp Stoffel😂 omtrent 8…
Skerp Stoffel😂
omtrent 8 verkeersligte is ook swart.
Ek is so 13:00 verby Vaal Mall, liewe ouers, die karre staan tot buite op die sypaaitjie, nee genugtig dankie, maar nee dankie.
Ek was vanmiddag tussen 1 en…
Ek was vanmiddag tussen 1 en 2 by Kolonade oppad terug huistoe, die was Mal gewees, 'n regte swart spul ![]()
Ons was vandag by Checkers…
Ons was vandag by Checkers in Vanderbijl gewees om vir Adriaantjie iets te kry, wat vir my baie op vallend was, was die personeel se vriendelike hulpvaaedigheid.
Was ook dorp toe vandag, Von…
Was ook dorp toe vandag, Von wou gister, nie lus vir die mense nie, maar neef het n afspraak gehad vandag. Wimpy brekfis was nie op spesjil nie, Edgars langsaan ingeloer, en kry twee Levi's vir die prys van een.
Von het toe n klompie groceries gekry wat ons tot volgende jaar gaan hou, en ek twee kaste bier vir gewone prys maar R 100.00 agslag, winskopie.
Die "smart tv stel" sal moet wag totdat die huidige een breek, nie voor die tyd nie.
Ek sien videos van plekke…
Ek sien videos van plekke waar die mense totaal bizirk geraak het, nee hel, ek is nie gebou vir sulke twak nie.
Net twee kaste bier en oom…
Net twee kaste bier en oom Neef bly op n plaas? Oom gaan dors ly! 😂😂😂
Gees, die Klipdrift ook…
Gees, die Klipdrift ook goedkoper en een gekry. Drink nie baie brannewyn nie, maar so af en toe met n ysie en druppel water loop hy doeksag. My kassie is nogal vol drinkgoed, ek sal nooooit met n tekort sit nie, hel nee, die lewe is te kort om nog suinig ook te wees met die bietjie bederf.





Shop? Sal gaan melk en brood koop.