Die manne praat so van FORD toe gaan soek ek so paar fototjies van ou Groot Legendes in die motorbedryf. die manne wat regtig baanbreker werk gedoen het om die bedryf te kry waar dit vandag is. Manne wat nog absolute trots op hul vakmanskap gehad het.
foto 1
foto2
f1 1939 Bugatti type 64. die…
f1
f2
f3
f4
f5
f6
1922 Hispano - Suiza 6.6 lit…
1922 Hispano - Suiza 6.6 lit reguit ses silinder. Dit is nou regtig 'n Big Six, nie soos Ford se 3 lit nie. Meer as 'n 1000 cc per silinder!
Hi Arie,
Daai silenders is so groot so koffie blikke. Soos jy tereg sê, dit is nou 'n BIG SIX.
Hennie, daai motors hou 'n…
Hennie, daai motors hou 'n groot bekoring vir my, as ek onbeperkte fondse gehad het sou ek darem 'n hele paar van daai goed gekoop het.
Ek stem saam Arie daai was…
Ek stem saam Arie daai was prag motors gewees.
Daai 1939 Bugatti net so 'n…
Daai 1939 Bugatti net so 'n mooi voertuig.
Daai groen en swart motor…
Daai groen en swart motor agter die Bugatti is ook 'n 39 Bugatti, kan nou glad nie onthou wat se series dit was nie, en ek is te lui om my rekords op te roep en te soek.
Ja bugatti was maar berslis die kroonprins van voertuie in daai jare gewees.
Wessel, lekker lag ek nou!…
Wessel, lekker lag ek nou! Ja daai jare se motors was nie massa produksie nie, 90% met die hand gebou met baie aandag aan detail.
Dan was dit ook 'n redelike werk om daai goed te bestuur en op die pad te hou. Drom remme, geen kragstuur, geen krag remme nie, geen syncromesh op die ratte nie, jy moes dubbel clutch en die revs reg hou om ratte te verander. Iets wat ek nog gereeld doen net om my hand in te hou, ruil ratte sonder die kopelaar, jy moet net sorg dat die revolusies mooi reg is dan gly die ratte in. Op die heel ouer modelle moes jy nog die "advance en retard" self stel, so hefboom op die stuur gehad wat jy dit die heel tyd moes fine tune. Aste was almal 'lewendig" geen onafhanklike vering gehad nie, jy moes werklik stoei met die kar om haar op die pad te hou.
Hier is so bietjie nuwer model, dalk meer in verwysings veld?
1999 Plymouth Prowler 3.5 lit V8
Mercedes Benz 280SE
Middag Arie en ander
Die kar wat my steeds trek, is die MB 280 se, van die jare so 1973. Dis nou die ene met die 6 ronde ligte voor. Elke kant 2 bo mekaar, met die kollig langs die rooster.
So het ons almal maar sy voorkeur "ryding"
Groete
Wessel
Wessel
Wessel, daai jare se E-klas was KARRE gewees!!
Ek het 'n 76 350SE gehad, my BESTE MB ooit!!! BAIE swaar op brandstof, ja, maar daardie jare het dit nie gepla nie.
Ek het hom in 1984 gekoop, met MIN kilos op - ek dink so 45 000. Hy was binne stink-nuut.
Het toe 1984 Sprite Sunway gekoop. Wat 'n kombinasie!!! Gereeld van Klerksdorp na Warmbad en Eiland toe gesleep. So 4.5kilos op 'n liter gekry - selfde as dorpsverbruik. Maar wat 'n belewenis om te kon RY. Magoebaskloof op - ek gaan nie name noem nie, maar ander met V6 enjin in, staan halfpad en kook, dan ry ons verby met lugreëlaar aan, en vensters toe, met lekker musiek op die radio!!! Daai V8 het vir niks geskrik!!!
Daai V8 het vir niks…
Daai V8 het vir niks geskrik!!!
Klink soos my Ford ![]()





Mooi bly maar mooi?
foto1
f2
f3
f4
f5
f6