Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -13 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -16 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -21 hours ago

Groot legendes

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Die manne praat so van FORD toe gaan soek ek so paar fototjies van ou Groot Legendes in die motorbedryf. die manne wat regtig baanbreker werk gedoen het om die bedryf te kry waar dit vandag is. Manne wat nog absolute trots op hul vakmanskap gehad het.

foto 1

m
1934 Avions Voisin Die motor, tipies van alle duurder motors in daai jare se bak is met die hand gebou deur koets bouers. Die Franse het kop en skouers bo die ander uitgestaan met pragtige ontwerp en presiese vakmanskap.

foto2

m
1922 Hispano - Suiza 6.6 lit reguit ses silinder. Dit is nou regtig 'n Big Six, nie soos Ford se 3 lit nie. Meer as 'n 1000 cc per silinder!

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 25/11/2018 - 15:30

foto1

m
1928 Avions Voisin In 1926 het Gabriel Voisin sy klem verskuif van resies motors na luukse sedan motors.

f2

m
1939 Panhard Et Lavasiur, nog een van die grotes wat nie meer met ons is nie.

f3

m
1937 Delahaye. amerekaanse motor spesiaal gebou om teen Mercedes op die 24 uur Le Mans te kompeteer. Daai jare het Merc met al die titels weggehardloop. Delahaye het 'n stokie in hul wiele gesteek. Die is 'n 5 lit V12 model.

 

f4

m
1938 Delahaye, nog die selfde motor as die vorige jaar. Bakwerk is deur die Franse koets bouer Henri Chapron

 

f5

m
Citroen se luukse weergawe van die bekende DS19 Palace, daar was baie by ons op die pad.  Hierdie model die DS 19 Cocorde is deur Henri Chapron met die hand gebou, bietjie meer "classy" en met heelwat meer been ruimte agter.

 

f6

m
Mens kan nie van motors praat en dan nalaat om Bugatti te noem. hierdie is 1939 Bugatti Aravis, slegs 3 van hulle was ooit vervaardig.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 25/11/2018 - 15:50

f1

m
1939 Bugatti type 64. die onderstel is ligewig aliminium en so ook die bakwerk. Die bak is net so ongeverf gelaat.

f2

m
Nog 'n 1939 Bugatti. hierdie is die type 57c  Atalante. Die bakwerk is ook heeltemaal met die hand gevorm en gebou deur Carroserie Gangloff

 

f3

 

m
Bugatti se vroeere sports motors het net handremme gehad, geen voetremme binne nie. Die handremme het ook slegs op die agterwiele gewerk en het met remkabels gewerk. Bugatti het dit geadverteer "Bugatti is build to go, not to stop"

f4

m
1937 Delahaye type 145 - 'n V12 GP motor

 

f5

m
Kyk net hoe netjies is die cockpit van die 1937 Delahaye

 

f6

m
Dit is die kant wat Mercedes meeste gesien het van die Delahaye

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 26/11/2018 - 10:40

m

1922 Hispano - Suiza 6.6 lit reguit ses silinder. Dit is nou regtig 'n Big Six, nie soos Ford se 3 lit nie. Meer as 'n 1000 cc per silinder!

 

Hi Arie,

Daai silenders is so groot so koffie blikke. Soos jy tereg sê, dit is nou 'n BIG SIX.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 26/11/2018 - 11:09

Hennie, daai motors hou 'n groot bekoring vir my, as ek onbeperkte fondse gehad het sou ek darem 'n hele paar van daai goed gekoop het.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 26/11/2018 - 12:33

Daai groen en swart motor agter die Bugatti is ook 'n 39 Bugatti, kan nou glad nie onthou wat se series dit was nie, en ek is te lui om my rekords op te roep en te soek.

Ja bugatti was maar berslis die kroonprins van voertuie in daai jare gewees.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 26/11/2018 - 12:45

Middag Arie en Hennie

" kroonprins van voertuie"

So julle bedoel soos Toyota Hilux in vandag se terme, of hoe?

Ons jong ouens kan nie vereenselwig met julle maatstokke nielaugh

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 26/11/2018 - 12:55

Wessel, lekker lag ek nou! Ja daai jare se motors was nie massa produksie nie, 90% met die hand gebou met baie aandag aan detail.

Dan was dit ook 'n redelike werk om daai goed te bestuur en op die pad te hou. Drom remme, geen kragstuur, geen krag remme nie, geen syncromesh op die ratte nie, jy moes dubbel clutch en die revs reg hou om ratte te verander. Iets wat ek nog gereeld doen net om my hand in te hou, ruil ratte sonder die kopelaar, jy moet net sorg dat die revolusies mooi reg is dan gly die ratte in. Op die heel ouer modelle moes jy nog die "advance en retard" self stel, so hefboom op die stuur gehad wat jy dit die heel tyd moes fine tune. Aste was almal 'lewendig" geen onafhanklike vering gehad nie, jy moes werklik stoei met die kar om haar op die pad te hou.

Hier is so bietjie nuwer model, dalk meer in verwysings veld?

1999 Plymouth Prowler 3.5 lit V8

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 26/11/2018 - 13:43

Middag Arie en ander

Die kar wat my steeds trek, is die MB 280 se, van die jare so 1973. Dis nou die ene met die 6 ronde ligte voor. Elke kant 2 bo mekaar, met die kollig langs die rooster.

So het ons almal maar sy voorkeur "ryding"

Groete

Wessel

 

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 26/11/2018 - 14:00

Wessel, daai jare se E-klas was KARRE  gewees!!

Ek het 'n 76 350SE gehad, my BESTE MB ooit!!! BAIE swaar op brandstof, ja, maar daardie jare het dit nie gepla nie. 

Ek het hom in 1984 gekoop, met MIN kilos op - ek dink so 45 000. Hy was binne stink-nuut.

Het toe 1984 Sprite Sunway gekoop. Wat 'n kombinasie!!! Gereeld van Klerksdorp na Warmbad en Eiland toe gesleep. So 4.5kilos op 'n liter gekry - selfde as dorpsverbruik. Maar wat 'n belewenis om te kon RY. Magoebaskloof op - ek gaan nie name noem nie, maar ander  met V6 enjin in, staan halfpad en kook, dan ry ons verby met lugreëlaar aan, en vensters toe, met lekker musiek op die radio!!! Daai  V8 het vir niks geskrik!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus