Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -2 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -3 hours ago
Rona November 2026 Johann L -3 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -14 hours ago

Doodse stilte?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Verbeel ek my of is die forum baie stil van gister af??

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 27/11/2018 - 20:29

Chris hier by my is dit net so bedreiwig.  Voorleggings en dinge vir volgende jaar se projekte.  Maar ek kla nie, dankbaar vir die geleenthede smiley

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 27/11/2018 - 21:39

Skeptyd is skeptyd. Ek is bevoorreg om 6 maande van die jaar te werk (en dan bedoel ek WERK) en die ander 6 maande vir myself te hê. Ek het vroeg afgetree (dalk té vroeg) en is bevoorreg om gedurende die 6 maande wat ek werk genoegsame inkomste te verdien om my vir die ander 6 maande deur te sien - en my ou pensioengeldjies kan maar onaangeraak lê.

Maar ek praat weer oor die naweek saam.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 28/11/2018 - 05:50

Dit is lekker Chris.  Ek kan nie onthou of jy al genoem het nie, maar wat doen jy min of meer as jy skep?

Hierdie projekte waaraan ek tans werk, van hulle kom al so lank as 3 tot 4 jaar aan, en lyk of hulle in 2019 gaan realiseer.  

2016, 2017 en 2018  was baie droë jare en het baie herstruktuering en kopkrap geneem om dinge weer op spoed te kry - gelukkig is ons besigheid relatief klein en kan mens makliker aanpas.   Ek moet noem dat ek nog nooit so hard moes werk en dink soos nou nie - voorheen was dinge BAIE makliker, maar deesdae voel dit of ek tot my uiterse gedruk en toets word - maar ek kla nie, dit is lekker om jouself op so 'n manier te leer ken en om die vrugte van harde werk "hopelik" te kan sien smiley

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 28/11/2018 - 05:50

Nou wat sit jy en doen tot 01:18 innie oggend voor jy gaan slaap? Kan waaragtig nie die hele tyd rum & coke wees wat jou so bedrywig hou nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 28/11/2018 - 06:25

Voorie - Ek is 'n gifsmous.

Ek het vir bykans 30 jaar vir 'n Amerikaanse landbou-chemiese maatskappy gewerk waar ek gespesialiseer het in 'n "niche" segment, naamlik saadbehandeling. Ons het ook 'n Israeliese maatskappy se saadbehandelings-produkte hanteer. Toe ek aftree het laasgenoemde my gevra om by hulle betrokke te raak as konsultant. Ek het my volle kliëntebasis net so behou en werk nou vir kommissie. Die saadbehandelingseisoen strek van November tot April - dit is wanneer ek "skep". Mei tot Oktober is my eie tyd en dan raak ek sommer vir tot 5 maande weg met my karavaan.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 28/11/2018 - 06:41

Chris, dit klink na 'n lekker situasie om in te wees, die aftrede sorg basies vir homself.yes

Van die stilte op die forum gepraat.  Ek dink partykeer raak die geselskap bietjie op.  Of, soos in my geval, die manne (lees grootmense) praat oor dinge waar ek nie juis kan saampraat nie. Dan is dit 'n kwessie van  "muisdrolle uit die peper uit".   

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 28/11/2018 - 19:51

Ja ek het baie sondes, maar ly nie aan staarsiekte nie. Baie besig op die oomblik, en ok nie met die rum en coke nie!

Escom Finance company het my gevra om so paar jopies vir hul te doen en toe gistermiddag laat contak Standard bank regs afdeling my ook vir so paar jobs.

Ek hardloop nou so bietjie rond, en sit maar in die aande laat en verslae tik, het mos nie meer die luukse van 'n persoonlike assistent nie?

As dir weer stiller raak sal ek weer hier kuier.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 29/11/2018 - 06:54

Voorie, ja die skep is leker, net altyd jammer SARS is ook in die prentjie?

Die groot ding wat vir my lekker is, is dat my brein weer oefening kry, die ding raak mos vinnig veroes met die stilsit, lekker om weer bietjie uitdagings te kry en goed te moet sit en dink en navorsing doen!

bly vir my net snaaks dat mense so vreeslik kla oor dat daar nie werk is nie, en die werkgewers kla weer dat hul niemand kan kry om hulle te help nie, nou moet hulle die "ou" mense vra om te help?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 29/11/2018 - 10:23

Die ou "bogger". Hy lieg. 

Hy skryf mos bleikbaar partykeer dinge wat van toepassing is op jare gelede, ek dink die werk waarvan hy nou praat is iets wat hy dalk in 1978 gedoen het?  smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 29/11/2018 - 19:20

Het sopas twee weke se audit gehad en vandag klaar gemaak ja die forum sal optel 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 29/11/2018 - 19:47

Eers so 6 nm by die kamp aangekom, lekker moeg. Darem sukses gehad, maar gaan niks verder doen nie. Vanaand so bietjie rus, sal more weer aangaan en hopelik klaar maak.

Petra het darem 'n lekker dag in die winkels gehad terwyl ek gewerk het, lekker vroee aandete in Pta geniet en toe die pad gevat.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus