
Nou ja, ek dink dit moet seker 'n senutergende ondervinding wees, veral na die teleurstelling van die vorige poging, om 'n $ 828 Miljoen se "drone"
te probeer land op 'n planeet wat min of meer 60 miljoen kilometer weg is.
Maar die landing was 'n sukses, en eergister om en by 10 pm? het Insight suksesvol geland op Mars!
Baie geluk aan die span!
Ek het die prentjie hierbo gekry op Buisnessinsider.com
InSight is on the ground. NASA just dropped an SUV-sized quake-hunting laboratory on Mars — the US space agency's eighth successful landing on the red planet. The new solar-powered lander doesn't move. It doesn't record videos. And of InSight's two tiny cameras, one points straight down at the red dust.
Die vorige Schiaparelli EDM lander was 'n mislukking gedurende Maart 2016 te waarde van Euro 230 miljoen:

Ek verstom......
................my oor die kennis en kundigheid van die mens om so 'n ingewikkelde projek die ruimte in te stuur en wat dan netjies en versigtig op Mars land. Daarna word alle toerusting (selfs 'n oppervlakte boor om gate te boor) in plek geplaas om te begin werk !
Vir ons outjies wat in die "tiekiebos"-tyd en met slinger-telefone en handsentrales grootgeword het, is dit "mind boggling".
SIGH..... Getting too old for these things
One day in the not to distant future: -
Ons familie gaan eiende vanni jaar kamp maar nou ja, enigste vlieg inni salf is, moet vir skoonma saamvat"...
"Watter planeet"?
But yes, dit IS verstommind.
Die tegnolegie
Tegnolegie staan nie stil nie binnekort bou hulle huise op mars en walla jy bly op mars
Regtig ongelooflik. As ek…
Regtig ongelooflik. As ek moet vertel wat verander het in die 3 score and a few jare verstommend. Het osse sien ploeg en n wa trek, op n bakkie gery wat nog running boards op die kante had. In n huis gebly sonder krag met n kolestoof en buite longdrop. Die deel lyn telefoon met slinger waar bure kan in luister. Somme gedoen op skuiflineaal en logboekies. En waar staan ons vandag........
As dit wat vandag gebeur gesien word as gelykstaande aan my ossewa ondervindig van kinderdae, dan kan is die toekoms een groot wonderwerk wat voorle. Heng dit gaan n ervaring wees.
Gaan hulle op mars ook eers…
Gaan hulle op mars ook eers met 'n ossewa begin wonder ek.
Het as kind ook baie op 'n muilwa gery. Ons morg lang die huis met muile en plorg om geploeg. Het nog so 'n ploeg in my voortuin. Ook soos neef 'n deel telfoon gehad met lui kodes. Die laerskool het 'n longdrop gehan maar by die huis die emmerstelsel.
Die tegnologie het in ons tyd baie verander. Nooit kon dink dat van die mense beplan om op mars te gaan bly nie.
Net soos Herman en Stoffel,…
Net soos Herman en Stoffel, het ek ook al daai dinge beleef, en ek dink heel paar van ons hier op die forum.😂
Laat my dink aan 'n stukkie wat ek so paar jaar gelede gelees het van die arogante student wat vir die ou man wat langs die strand sit en so na die "niks" sit en staar.
Kom die jong knaap by hom en sê "Ons het TV, sateliet fone, ons het op die maan geland en kon kommunikeer, ons kan in beeld met mense op enige plek in die wêreld praat, wat het julle gehad toe julle jonk was?
Antwoord die ou man hom en sê "wel, ons het niks van daai gehad nie, so, ons het uit gevind sodat julle dit kan hê, wat gaan julle vir die nageslag los"





Insight was die 5de Mei 2018…
Insight was die 5de Mei 2018 gelanseer
Die Atlas V saam met Insight het omtrent 333 000 kg geweeg. Die vuurpyl kan 'n stootkrag gee van 850 000 pond. Wanneer hy lanseer bereik hy 'n spoed van 4500 meter / sekonde!