Nuwe paartjie hul intrek hier geneem, so bietjie gaan kuier daar, nogals heel aanvalige vroutjie seker so vroeee vyftigs. Sy wil vir my bekend lyk maar kan haar nie plaas nie, sien ook sy is maar sku om lekker met ons te gesels?
Kry haar vandag by die swembad, praat so bietjie met haar en noem dat sy vir my so half bekenderig lyk.
Sal ek toe uitvind sy het in die laat tagtigs vroee negentigs vir my gewerk! Toe val alles in plek, kyk dit was nou 'n wille antie toe sy jonk was.
My sekeretaresse roep my een dag en se G.... loop met 'n stywe blou denim by die werk rond, wat heeltemaal taboe was in die bank. laat roep haar toe in en verduidelik dat die klere drag teen die reels is, sal sy nie opstaan daai denim uitrek en in sy piep klein panty vir my kyk en vra "Is Mnr nou tevrede?" Draai om en loop in die gang af na haar kantoor toe! My al my dae gekos om haar weer te kry om haar broek aan te trek!!
Ons het altyd by die werk 'n "Friday Club" gehad, 'n lekker kroeg, snooker tafel, darts en sulke goed. Ook altyd musiek daar gehad. Elke Vrydag baie lekker daar ge-kuier tot om by 12 uur.
Daar het G as sy 'n paar doppe in gehad het en meeste van die mense, veral die dames is al huis toe, van al haar klere ontslae geraak, en dan op ons mans se skote kom sit, en, en.........!!!
Nouja, ons het nie oor die verlede gepraat nie, maar sy het my mond en siel laat belowe dat ek absoluut niks vir haar man sal vertel nie[ assof ek nou ooit so iets sou doen?] want hy het haar ontmoet nadat sy mak geword het!
Ek self voel nou so half ongemaklik as ek haar sien, en dit is maar 'n baie klein kamp hier, dus loop ons mekaar gereeld raak. Ek kyk nou met heel ander oge na haar.
Sy het altyd 'n lyfie gehad 'to die for" en sy het haar self vrek mooi opgepas, lyk nog steeds baie goed!
Ja so weet mens nooit waar vat die lewe jou heen nie, en wie loop jy weer raak?
Ja, jy weet nooit wanneer…
Ja, jy weet nooit wanneer loop jy iemand raak wat jou manewales onthou nie. Oh wel, ons het seker almal iets aangevang in ons jong dae wat ons vandag eerder nie aan wil dink nie.
Moet sê, G klink of sy bietjie rof was, kaal op skote gaan sit, aikona! Hou haar eerder weg van Petra, Arie.![]()
Elke nou en dan gebeur daar…
Elke nou en dan gebeur daar iets wat my persepsies van die wereld rondom my opskeur, opfrommel en by die venster uitgooi.
Soos hier nou weer. ![]()
Altyd gedink mense van die bank is vaal omies en tannies met suits wat baie besadig is. Ek was baie verkeerd!
vaal omies en tannies met…
vaal omies en tannies met suits wat baie besadig is. Ek was baie verkeerd!
Gesie, dit maak twee van ons. Knyp die kat in die donker!
Ek sal ook nooit weer met…
Ek sal ook nooit weer met dieselfde oë in 'n bank instap nie, selfs "online banking" voel vir my baie eienaardig? ![]()
Ek was.................
...............altyd onder die indruk ek en Arie het vir dieselfde werkgewer gewerk, maar dit lyk nie vir my so nie. Miskien 'n gebeurtenis tydens 'n vorige werkgewer van hom, of dalk 'n prentjie wat hy graag oor droom.
of dalk 'n prentjie wat hy…
of dalk 'n prentjie wat hy graag oor droom.
Ek vermoed ook so, 'n fantasie wat hy gehad het?
(of nogsteeds het nou daar by die kamp?)
Ja voor ek in die bank begin…
Ja voor ek in die bank begin werk het ook gedink dit is maar 'n vaal klomp.
Die "Friday Club" ding kon dinge maar soms lelik hand uit ruk, en moes mens hard werk om bietjie orde te hou.
Dan ook die konferensies, waar mense oorslaap, het ding ook soms erg rof geraak, omies en tannies van wie mens dit nooit sou verwag het maar lekker 'rondgeloop" laat aand as die voggies al lekker gevloei het.
Terug by die werk was daai selfde klomp darem maar erg sedig.
Ek kan nie dink dat dit iets met die werkgewer te doen het nie, dit hang maar van die individue af, party raak lekker rof, ander probeer orde handhaaf.
Ek het hierdie gepos nie om oor sekere maatskapye te praat nie maar oor die mense, kan nie help om te wonder hoe iemand voel wat lekker kon uithak, en nou weer van hul mede werkers 30 jaar later raakloop??
Kan sien dit pla haar erg, terloops haar naam begin nie met 'n G nie, wil net nie he iemand moet die kloutjie by die oor bring nie. Het heelwat nuwe mense ingekom en sal nie moontlik wees om te bepaal wie was dit nie.
Kan nie help om te wonder, hoeveel mense loop dalk rond, wat wilde goed gedoen het, en nou bang is hul verlede haal hulle in?
En ek kritiseer niemand nie, mense se koppe hak maar partykeer uit, veral as daar drank betrokke is, en dalk ook nog nie so heeltemaal volwasse is nie.
Jy is reg Arie, soms praat…
Jy is reg Arie, soms praat mens nie daaroor nie. ![]()





Su lei ook seker aan…
Sy lei ook seker aan staarsiekte?
