Julle ek kyk nou die aand n prograam van Johan Botha vergete riviere en toe gaan die program oor die Noord Kaap en die Richtersveld wow julle dis n mooi wereld wat ek glo n ou moet gaan verken. Was van julle al daar gewees hoe vind julle kamp plekke kom vertel bietjie van julle ondervinding
Dit is deel van ons n ons…
Dit is deel van ons n ons beplanig vir 2019 saam met die namakwa eko roete..
Sien baie uit na dit.
Van daar ook die toer vir September langs die Gariep van waar hy SA binne kom.
Kan..........
Kan ongelukkig nie saampraat nie, ouderdom het my ingehaal, het nie 'n boswa nie en tentkamp op hierdie ouderdom is vir ons uit.
Ek maak maar staat op ander se vertelinge en fotos, asseblief.
Len, ek het baie fotos van…
Len, ek het baie fotos van die Richterveld maar ongelukig nie digitaal nie, almal "hard copy's" en in 'n album by die kinders gestoor met al ons ander albums.
Ek vertrou die ander ouens sal fotos plaas, dit is [vir Petra en ek] ongelooflik mooi daar!
Jy hoef nie te kamp
Len, daar is ook selfsorg verblyf in hutte en chalets beskikbaar in die Richtersveld. Gaan kyk op Sanparke se webwerf.
Johann...
Dankie Johann, maar my langtermyn strategie is om nou soveel as wat ek kan 'n hond uit 'n bos te kamp met my karavaan. Wanneer die ouderdom my so binne 10 jaar ingehaal het, sal ek my kampskoene ophang en dan met die hutte/chalets ding begin, maar nie voor dit nie !
Ek sal ook baie graag daar …
Ek sal ook baie graag daar 'n draai wil maak. Dit lyk asemrowend mooi!
Ek steel so 'n paar foto's op die internet ![]()


Ai Anton hoe gee jy my nou…
Ai Anton hoe gee jy my nou erg heimwee? Dit is maar net ongelooflik mooi daar, die oopte, berge, en stilte, daar is niks, en die sterre in die nag is vreeslik mooi!
Soos ek reeds genoem het, daar is mens baie naby aan jou Skepper en kry jou siel weer lekker rus.
Vreeslik jammer dat hulle so paar jaar terug ablusies daar gebou het, en nou se Johann daar is selfs chalets??!!
Ai en so word die laaste stukkie werklike skoon natuur ook opgemors en ge-komersieel.
Sodra 'n plek toeganklik is vir almal word dit oorstroom en le daar papiere bierbottels en allerande gemors orals rond!!
Nou mis ek my Ousuzie…
Nou mis ek my Ousuzie Trooper, sy sou daai omgewing geniet het. Daai ding kon 4 x 4, maar sleep, nee hel sy kon nie eers 'n ligte karavaan opdraende kry nie.
Daai Troopers was ysters,…
Daai Troopers was ysters, hulle het net 'n ford enjin nodig gehad.
Ek het ook een gehad,jare terug, vir haar 'n 3 lit Ford esex V6 ingesit, sy het soos 'n droom gesleep.
Ek moes net uit kyk vir 'n…
Ek moes net uit kyk vir 'n 3L diesel, en dit in gesit het, dan het ek die idiale ding gehad.
Maar as jou agterend juk.....
Volgens my
Ons het twee weke nodig om lekke te toer en te bly by die Richtersveld nou net datum vasmaak en daar by bly het met twee kolegas gepraat en soos julle self hier op draad ook se dis n plek wat inkruip onder jou vel kan nie meer wag nou is dit tyd om op te hou praat en dit te doen ![]()
Nouja................
.................laat ons sien ! Wanneer kan ons besprekingsbewyse sien asseblief ?
Shaun, my hart trek met 'n…
Shaun, my hart trek met 'n sterk punt na daai plek toe!!!
Van ons lekerste vakansies daar deurgebring, ek onthou ons was een jaar vir 10 dae daar en nooit 'n ander mens of voertuig gesien nie. Dit was hier in 1998 of so, toe was daar ook nog geen ablusies of water of niks nie!
Jip Len en Arie
Len binnekort ek moet nou besluit Wynroete Richtersveld wat se een eerste Arie dis soos jy se dis wat van die plek so uniek maak ek moet daai wereld gaan beleef
Begin onder by die wynroete…
Begin onder by die wynroete en eindig hier bo in die Richtersveld. Dan kan jy mos so 'n wyntjie saam bring vir die droë sand dele se kuier. ![]()
Skerp Lapskag
Dalk as ek permanent kamp ou Lapskag skerp ou mater ![]()
Richtersveld
Waarmee en wat sleep jy? Ons was in 2012 daar en hoewel ek mer Arie saamstem dat jy die meeste paaie met 'n 2wieltrek voertuig met hoe grondvryhoogte kan ry sal ek 2 keer dink voor ek 'n padkaravaan daar deursleep. Paaie is plek-plek erg klipperig en rotsagtig met moeilike steiltetjies. Solank jy by Sendelingsdrif bly en van daar af dagritte maak ok.
Ongelooflike wereld. Ons het daardie tyd nie gekamp nie en sover soos Tatasberg wilderniskamp gegaan. Om daar met jou voete in die Oranjerivier te sit en kyk hoe die son ondergaan...absoluut pragtig
Nee, bly weg daar met 'n…
Nee, bly weg daar met 'n gewone karavaan!!!





Sleepnou, ons was al 'n paar…
Sleepnou, ons was al 'n paar keer in die Richtersveld Nasionale park, een van die erg mooi plekke in ons land.
Laas toe ons daar was, was daar nog geen ablusies of niks nie, jy gaan met 'n graaf toilet toe, neem jou eie drinkwater saam, ens. Daar was absoluut niks, net die natuur en absolute rus vir jou siel!
Ons het een keer vir 14 dae daar rondgery, en nooit ander mense of voertuie gesien nie. Daar sien jy weer hoeveel sterre daar werklik in die hemelruim is, en jy beweeg weer baie nader aan jou Skepper!
Was beslis een van ons top bestemmings gewees, jammer hulle het nou alles gaan spoil deur ablusies daar te bou?? Dit was so lekker om net weg te kon kom van alles?!
Jy kan seker so 90% van die reservaat sonder 4x4 ry, solank jou voertuig net hoog genoeg is. Al die "experts" waarsku dat jy genoeg spaar bande moet saam neem omdat die "shale" jou bande stukkend sny?? Ek het in al die kere daar nog nooit 'n pap wiel gehad nie, MAAR ek blaas [teen al die "experts" se voorskrifte in, nooit my wiele af nie, dit verminder die kans dat die klipe die kante van jou bande sny.
Net so stukkie interesantgeid vir die paar wat dalk nie weet nie, die Richtersveld is een van die enigste twee berg woestyne in die wereld, ongelooflik mooi daar, dit is absoluut berg op berg.
As jy die tyd neem om uit jou voertuig te klim en te gaan stap sien jy die mooiste klein woestyn plantjies, jare ou bome wat nog net so meter hoog staan maar wat se wortels meters ver versprei is om elke drupeltjie water te probeer vind.
Ek dink jy moet dit beslis op jou bucket list sit.