Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -5 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -5 hours ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -14 hours ago

Koekroller

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse al die leegleers, neef praat nou nie van die wat deel bydra tot die land se ekonomie nie, nee, die wat op die stoep sit en bokkerol het om te doen. Daar is seker so hier en daar een wat besig is met iets wat eintlik as onbenullig beskou kan word.

So af en toe waneer die sonnetjie te erg is vir buite woel, moet neef of op sy bed le en oumense se twak lees, of in sy skuur doenig raak. Somtyds is dit maar iets simpel soos waarmee ek huidiglik besig is. Daar word " rolling pinns" gemaak van stukke bome en wortels soos ek dit in die veld optel.  Die dogters en kleindogters het almal al n persoonlike een gekry, hierdie twee is nou vir mense wat ek nog moet ontmoet.

Stuk boom

 

Dit is nou die stukke, meestal wilde olyf of sandolyf.

Stomp

Stomp

Die bruikbare stuk word uitgesny, en dan met kettingsaak bewerk totdat dit in die draaibank pas, sowat 100mm deursnee.

Olyf

Olyf

Sandolyf

Sandolien.

Dit neem n dag om van die stomp tot by die koekroller te kom. Wonder of die ander stoepsitters ook besig is hul tyd so te mors.

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 08/01/2019 - 16:48

Neef Herman jy moet meer maak en verkoop jy sal jou geld maak puik 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 08/01/2019 - 18:14

Dankie, sal eendag nog vir almal maak, en sal ruil vir n botteltjie van my gunsteling.

Sarel, eerste roller is Olienhout, dit het die baie donker dele in, regtig mooi en baie dig.

2de is Sandolien, nie familie van die Olien nie en meer n struik. Dit maak so snaakse verskrompelde verbinding by die stam en wortels wat die karakter aan die roller gee, anders is dit maar net so vaal stuk hout.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 08/01/2019 - 18:33

neef, dit is nou regtig iets besonders.  Jammer ons hier in GP kan nie sulke stompe kry om mee te speel nie.

Onthou as kind het ek 'n stomp gehad wat soos 'n oop hand gelyk het wat 'n bal vashou (so groot soos 'n middelslag kool kop) waarvan ek vir my 'n bed lampie gemaak het.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 08/01/2019 - 20:45

Nou toe nou, dit vat 'n kunstenaars oog om van 'n stuk "afval hout"  iets so mooi te maak. Hout is so "versatile" mens kan oneindig baie daarmee doen.

Pragtig.

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Wed, 09/01/2019 - 01:16

Lieven loven ek sal myse Outop se nuwe voorgebit gee vir so skat. Sal hom uitstal. Dit is prrrrragtig!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 09/01/2019 - 06:46

Dis nou die mooiste koekroller wat ek nog in my lewe gesien het!    Selfs mooier as die Triumph.laugh   Jy maag maar, Herman.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 09/01/2019 - 09:13

Ek het juis so stuk nodig vir my kamp graaf wat die kinders mee gespeel het en die hout gedeelte van die steel gebreek het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 08/06/2020 - 12:57

So vra ouma of ek tog vir haar n kassie kan maak vir badkamer, jy het mos tyd en.... Krap hier tussen die opgegaarde ou goete, en sien die venster, kom van n projek wat ek in Prins Albert gedoen het. Was in die oorspronklike meule n "top hung" venstertjie. Die verf het vreeslik mooi verouder, so die gaan net bietjie liefde en dan geseel word. 

So hier staan die kassie poging tot nou. Sal nog ñ foto plaas sodra dit klaar is.

Kassie

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Tue, 09/06/2020 - 09:46

I take my hat off to those who are able to produce something of this stature...

Even though I'm qualified in a trade, my creative skills leave a lot to be desired...

Yes, I can make something to a technical drawing, I can strip, overhaul & assemble things back together (without having that extra bolt left behind)...

But to creatively make something from the raw..... That's not in me, and I greatly admire those who can....

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus