Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -2 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Brackenfell

HennieBo

Wed, 09/01/2019 - 05:50

Ons het so 28mm reën gisteraand gekry. Die aardlek het ook eenkeer afgegaan. Vanaf oujaar staan ons nou op 123mm. so dankbaar.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 09/01/2019 - 05:55

Ek kan nie uitgaan om te bevestig nie (want ek sit kaalgat op my stoep) maar dit lyk soos 'n goeie 20mm wat in in die reënmeter lê. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 09/01/2019 - 06:22

Ek kan nie uitgaan om te bevestig nie (want ek sit kaalgat op my stoep) maar dit lyk soos 'n goeie 20mm wat in in die reënmeter lê. 

Bragg jy of complain jy?

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 09/01/2019 - 06:38

Voorie, daai wolke wat jy daar wys, was twee/drie dae gelede hier by ons.  Ek het gesien hoe trek dit daar na julle toe.

Arie, soos ek al agtergekom het, jou opset weerstaan alle winde en storms.    Dit lyk my Petra is al 'n meester as dit kom by tent opslaan en penne inslaan en toue span.   Jy is eintlik die een wat die pole dance moet doen, nie sy nie.   Laat weet net wanneer ek jou moet leer.cheeky

Nadat ons kastig gister veronderstel was om reën te kry, het daar 'n verlore bui geval 7 uur gisteraand.   Ek het netnou donderweer gehoor maar weet nie waar dit vandaan kom nie, want dit lyk eintlik nie of dit nog gaan reën nie.   Maar die hoop beskaam nie, dalk surprise die elemente ons.

Ek is bly vir julle almal se baie en lieflike reën.  Geniet dit!

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 09/01/2019 - 06:47

Tannie ja ons is tot dusver oor die 8 jaar wat ons permanent kamp nog baie gelukig wat wind skade betref. Geen storm straps of nette nie.

Ek het 'n redelike studie gedoen en ook sommer so bietjie siviele ingeneurs logika by gesit. As mens jou tent reg vaspen dan het jy nie allerande straps nodig nie, mense langs my se tent het weg gewaai strom straps en al en myne sonder straps het bly staan?

Sodras mens bessef 'n tent waai nie weg nie maar word 'opgesuig" dan weet jy dat jou toue so na as moontlik reguit af moet wees, en uiters belangrik elke liewe lussie ond aan die panele moet 'n behoorlike pen inkry om die tent op die grond te hou.

Maar ja ek bessef ook dat daar altyd 'n eerste keer moet wees, ons geluk kan seker ook net so lank hou?

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/01/2019 - 07:01

............... van Arie se beskrywing van 'n tent word "opgesuig" en nie weggewaai nie.  Die geheim is soos Arie hierbo beskryf, elke tentpaal moet op die grond gehou word deur die tenttou so na as moontlik in die grond vas te moker en elke lussie moet 'n ordentlike tentpen kry.

In 50 jaar se kampering is my rally of tent nog net eemkeer deur die wind "opgesuig" en dit was by Stormsrivier.  Die rede : ek moes noodgedwonge my tenttoue verder weg van die pale inslaan van weë die plaveisel wat altyd 'n aanloklike tentvloer is.

Ek kuier hier in Pretoria-Noord en dit het gisteraand na 'n helse windstorm 'n heerlike 15mm gereën.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 09/01/2019 - 07:20

Ek het die metode wat Arie / Len beskryf ook met laaste kamp gedoen en ja so leer ons maar die stormbande is byterhand indien nodig het vanoggend 7 mm uitgegooi

0

More alle kampeerders

Ek het die twyfelagtige voorreg gehad om einde Desember vanaf my  eie stoep die troue van my bure se dogter aan te HOOR. Dit was 'n tuintroue.

Aangesien ek niks aan die luide musiek en klankstelsel kon doen nie, het ek maar paar biere nadergesleep en die preek aangehoor. Tot my verbasing het die prediker dit afgewissel tussen engels en 'n plaaslike taal van kleur.

Sy boodskap was; " julle twee moet soos Adam en Eva kaal loop voor mekaar, geen skaamte vir julle naaktheid hê nie." Daarby het hy bygevoeg dat die aanwas van die gesin prioriteit moet wees.

Nodeloos om te sê, ek verfris my beterhelfte se geheue nou gereeld aan die trouboodskap.

Voortrekker: Nou wonder ek of jy ook aan daardie denominasie behoort?devil   

Groete

Wessel

PS: Arie, ek het nou my aanhef ooreenkomstig jou afrikaans 101 -les aangepas.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/01/2019 - 09:28

Ons het hier in Daspoort 'n lekker 18mm gemeet.

Arie, ja vandag se tente het jy nie meer nodig om te span nie jy moet die pale net op die grond hou.  So sien ek weer die vakansie ouens wat 2 of meer toue op een pen sit, dit voorspel vir my net probleme as dit baie reën en as die wind waai, gelukkig het ons dit nié jaar by die Eiland beleef nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 09/01/2019 - 10:29

Wessels, dis 'n lekker dominees daai, né?    Kaal loop en kleintjies maak.   Ek wonder of hy sal help voorsien na die aanwas proses.laugh

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 09/01/2019 - 11:16

Voortrekker: Nou wonder ek of jy ook aan daardie denominasie behoort?

 EK gaan maar stilbly - ek kry te veel kritiek as ek oor kerk dinge praat laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/01/2019 - 12:29

...............jammer om te hoor van die huwelikseremonie wat jy moes aanhoor.

Ons was bevoorreg om Saterdag 'n regte, egte plaastroue in die Vrystaat by te woon volgens tipiese Afrikaner-kultuur.  Eers 'n erediens in die 110 jaar oue, sandsteen geboude kerk op die dorp en toe 'n onthaal in 'n plaasskuur op die plaas.  Wat 'n voorreg !

Hierdie is 'n plaasskuur wat omgetower is in 'n onthaalsaal

 

0

Middag Len

Ek kry so die reuk van geld as ek na opgetowerde skuur kyk?!!!

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/01/2019 - 18:46

..................so wees Wessel, maar dis die gevolg van geslagte se harde werk, van vroeg oggend tot laat aand.  Ek ken hierdie familie se 4 geslagte die afgelope 47 jaar.  Dis juis hierdie 4de geslag se huwelik wat ons bygewoon het.

Die bruid se ouers het drie dogters en elkeen het 'n asemrowende troue gehad, maar dit was "once off" geleenthede en daar is nie sprake van voortdurende spandabelrigheid nie.  Deeglikheid in alle opsigte is die wagwoord al die jare van al die geslagte wat ek geken het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus