Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.
Hoop dit val waar dit nodig is 🙏
Hier by ons het dit ook so…
Hier by ons het dit ook so 10 minute gelede begin sous!
Hier was die weer swaar…
Hier was die weer swaar. Gedreun en geblits en ook hard gereen. Reen nou so saggies op die oomblik.
Petrol dorp 35 mm
Het 35 mm gemeet in petrol dorp glo daar waar reen kort sal hy kom
22mm reen gemeet van…
22mm reen gemeet van gisteraand en dusver 106 mm reen gekry van 1 Jan af. Baie dankbaar en daar is nog baie dele van die land wat nog erge droogte het.
Goeiemôre Noel.  Ek het…
Goeiemôre Noel. Ek het vanoggend darem weer 15 mm uitgegooi van gisteraand se reën ![]()
Ons het ook vanaf 30 Des tot…
Ons het ook vanaf 30 Des tot nou toe so +-95 mm gehad.
Die hael van Saterdagmiddag het darem nie te veel skade aangerig nie.
Gisteraand en heel nag saggies gereën en het vanoggend 20mm in meter gesien. So dankbaar daarvoor.
Met ons terugkeer gister het…
Met ons terugkeer gister het ek die meter vol gekry (100mm) weet nie hoeveel het oor geloop nie.
Willem dit het
Willem dit het lekke gereen maar daar is nog plekke wat min tot geen reen gehad het nie
weet nie hoeveel het oor…
weet nie hoeveel het oor geloop nie.
Ek skat 10mm. My totaal hier sedert dit begin reen het om en by gedurende Kersfees was 110mm tot en met gister.
Dit het so pas (14:40) storm…
Dit het so pas (14:40) storm sterkte hier by ons begin reen (sous), met erge weerlig en sterk wind.👍
Ek het net betyds uit gegaan om my Penta se dak te gaan sak, was bang vir wind skade toe ek die lug so bekyk.
So pas 'n MA se windstorm…
So pas 'n MA se windstorm hier deur getrek!!!
So 20 min toe bedaar die wind, paar tente lyk nie meer so lekker nie, twee bome omgewaai, maar verder lyk dit orraait.
So 5 mm reen gehad en natuurlik is ons nou in donkerte gehul, Eskom het die gees gegaf.
Ongeluk hier is dat ons water met 'n drukpomp werk, so as krag af is het ons ook niks water nie!
My kamp is gelukig, behalwe vir die boma wat plat gewaai het niks oorgekom nie.
Moet erken, by tye was ek maar jammer dat Petra nie lesse by die Tannie geneem het in 'pole dancing" nie, amper gedink ons sal dit dalkies nodig kry!
Ons hier in Daspoort het die…
Ons hier in Daspoort het die storm gemis maar dit reën steeds lekker hier by die huis. Sal môre kyk hoe vol is die meter.
Johann
Ons het ook erge weer gehad, maar net die stert gevang.
Krag het in die huis afgeskop, het eers gedink dit in n krag onderbreeking, maar toe generator nie inskop nie het ek gesien DB box se aardlek is af.
Het darem lekker harde reen gekry.
Lyk of Arie hulle daar by hulle nie so gelukkig was nie.
Hier by ons reën nou lekker…
Hier by ons reën nou lekker aanhoudend - die tipe wat 'n mens heerlik laat slaap ![]()
Harry nee ons is doodreg,…
Harry nee ons is doodreg, tent en alles ok, net die boma, daai skadunet wat mens so opsit as windbreker, wel myne het toe nie die wind gebreek nie - die wind het hom gebreek!![]()
Hulle het so pas die gennie gestart, net vir die pomp, so ons kan darem stort en bad tot 9 uur dan sit hulle hom af.
Eskom reken van hul pale het omgewaai, krag kan oor so q10 ure weer aan wees.
Gelukig hardloop al my ligte op batery, ook die vrieskas en stoof en oond op gas, so ons is nie veel gepla nie.
Voorie is mos hopeloos te vroeg om van slaap te praat of wil jy maar net prostaat probleme voorkom?
Ons het 36mm in minder as 'n…
Ons het 36mm in minder as 'n uur gehad, maar die wind was rof, ek het lanklaas sulke wind beleef.
Arie, julle is mos "getig" vir sulke omstandighede.👍
Harry, ek was self verbaas toe my krag af gaan, solar is mos nie veronderstel om te "trip" nie, maar die aardlek het af gegaan?






Ek het nie 'n reën meter…
Ek het nie 'n reën meter hier nie maar maak gereeld my blaas leeg so saam die reën.