Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.
Hoop dit val waar dit nodig is 🙏
Lekker. Die gras groei nou…
Lekker. Die gras groei nou mooi.... 2/3 weke terug was dit dood. Baie dankbaar vir die Genadewater
Het vanoggend 28 mm…
Het vanoggend 28 mm uitgegooi vir laas nag se reën ![]()
Van vrydag tot vanoggend 07…
Van vrydag tot vanoggend 07:00 het ons hier in Ermelo al 73mm reen gehad.
Ai, julle is gelukkig, hoop…
Ai, julle is gelukkig, hoop die boere kry goeie reen.
Ek sien die Karoo trek nou al amper sewe jaar bitter swaar😢
Weet nie wat om te sè nie…
Weet nie wat om te sè nie. Verskriklike warm dae gehad afgelope paar weke, veldgras is nou morsdood en kliphard gebrand. Hier is ook n kansie vir reen so van Vrydag af.
Onlangs gelees aangaande die weer hier in die ou tyd. In Boomplaas grot hier is 60 000 jaar se geskiedenis vasgevang. As ek nou reg onthou, was daar so 14 tot 18 000 jaar gelede n tydperk as n " hyper arid period" gesien. Daar tydens het mense en groter soogdiere hier weg getrek. Daai " Hyper arid" is n bangmaak woord, en n tydperk van n paar duisend jaar lank.
Ons het Feb. maar min reën…
Ons het Feb. maar min reën gehad dié jaar.
34mm in Wonderboom-Suid…
34mm in Wonderboom-Suid gehad vandag, en meer reen word voorspel.
Baie lekker en baie welkom - al kon ek nie gras sny nie.
Dalk die laaste van ons somer reen voor die winter?
Hier in Kleinmond waai net …
Hier in Kleinmond waai net 'n koue suidoostewind vanoggend. Suidoos in die Kaap word mos darem geassosieer met goeie kanse vir reën in die noorde. Ek sê altyd dat ek die suidoos makliker verduur as ek weet die noorde kry reën.
Dalk die laaste van ons…
Dalk die laaste van ons somer reen voor die winter?
Ja ek glo so - dan gaan dit lekker koud begin word. Maar daar moet nog val, ond het nog nie genoeg gekry nie. ![]()
Tzaneen dam 12 %
My swaar se die Tzaneen dam is dans 12% vol prys die Here dit reen dans hier by die Eiland waar dit net so droog is
Ek het ook 23mm vanoggend…
Ek het ook 23mm vanoggend uit gegooil
Ek lees in 'n berig op…
Ek lees in 'n berig op Netwerk 25, wat handel oor die Noord-Kaap, dat die skrywer FA Venter by geleentheid gesê (of geskryf) het dat Kenhardt, met die sondvloed, slegs die weerlig op die horison gesien het.





Petrol dorp 2mm
Het vanoggend 2 mm uitgegooi nie veel maar regtig dankbaar