Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -11 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -11 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -19 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -20 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Pretoria

Slowstrike

Tue, 28/04/2020 - 09:28

Ons het eergister `n slegte haelbui gehad. Die tuin is sleg verniel en ek het gister heeldag skoongemaak en plante getrim. Kon geen reënlesings neem nie want die reënmeter het dit ook nie gemaak nie. Ek vermoed hy was al lekker bros van die son want daar is van hom feitlik niks oor nie.

Dit het gisteraand beginne reën en dit doen nog steeds. Sulke lekker sagte reën op die sinkdak.

 

Groetnis

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/04/2020 - 09:31

Chris, 50km N W van Oudtshoorn dorp, reg onder die Swartberg pas. Hierdie is nie ñ boerdery nie, net n stokperdjie -besigbly- aftreeplasie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/04/2020 - 10:25

.... dan het ek darem 'n goeie idee in watter kontrei jy woon. Dit is maar ou "hartse punt" wêreld vir my. Ek het op 'n stadium nogal baie daar rondgery (baie jare gelede). My skoonmense het in Prins Albert-distrik geboer en die Swartbergpas was maar die meer algemene pad tussen Oudtshoorn en Prins Albert. Ek maak die aanname dat jy waarskynlik 'n entjie af op die pad tussen Kango en Kruisrivier woon. Maar nietemin, mooi ou wêreld.

Ek het self 'n kortstondige verblyf op Oudtshoorn gehad (die eerste 6 maande van 1980) en sedertdien het ek 'n groot liefde vir dié dorp. Geniet hom!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/04/2020 - 11:20

Geniet julle laaste reëns, ons beurt gaan kom !

Oudtshoorn : Ek hou ook van die dorp en die omgewing.  Ons het tot twee jaar gelede elke jaar gekamp by Kleinplaas in die dorp tydens die jaarlikse KKNK.  Die besoeke altyd baie geniet, maar nou 'n bietjie briek aangedraai omdat die tydperke te na aan ons Wildtuin-besoeke is  -  mis die kuiers baie !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/04/2020 - 20:11

Ek het vanoggend 26mm uitgegooi.

Dis koud in Pta.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/04/2020 - 20:41

.......Willem, as ek so 'n hoeveelheid reën kry is my drie reëntenks tjok en blok vol.  Net vandag twee van die drie in die swembad leeggemaak.  Maar ek hoor 'n senior weervoorspeller sê 'n koufront tref die Weskaap Sondag en dan is dit ons beurt.

Ek verstaan daar in Wonderboom-Suid (of is dit nou Rietfontein ?) se wêreld het hael kwaai skade aangrig aan tuine en karre.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 29/04/2020 - 08:50

Petrol dorp did have 4 mm of rain i also see Phalaborwa did have some rain as well

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/04/2020 - 10:13

... you should change your name to "Tow now" if you want to participate in English on this forum.

0

Môre vriende

Jare gelede was daar 'n "spietkop" op Robertson, en die man het ook blykbaar gesukkel met die rooitaal. Sy bynaam was Jack ten bob.

so word vertel ,hy stop eendag 2 studente vir spoed. Die knape weet hulle is in die bollie, maar ken sy swakpunt. Trek hulle los en praat die Queens royal english sommer so gelyktydig. Seg oom Jack--- please do not speak twice together, speak once upon a time.

Groetnis

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 29/04/2020 - 11:40

Chris daai Tow Now klink soos n insleep diens ek se nog altyd die ingels Juff wou ontslae raak van my toe sit sy my deur cheeky

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/04/2020 - 13:04

... toe ek aangesluit het by die forum en ek sien iemand wat deelneem as Sleep nou, het ek in elk geval gedink dit is seker 'n ou wat 'n insleepdiens bedryf. Toe ek agterkom jy's van Petroldorp, het ek gedink jou insleepdiens is daar. Eers later besef jy werk by Sasol.🤪🤪

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 22/12/2020 - 07:58

My jongste en haar man is tans in Noord Kaap hulle se dit reen lekke daar sien ander dele in Noord Kaap sowel landwyd kry ook reenwink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/12/2020 - 08:47

Ek het net 1mm uitgegooi, vajoggend soyn die son maar is gedeeltlik bewolk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus