Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfverdediging Oktober 2026 saam gesels Geert -19 minutes ago
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -2 hours ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -2 hours ago
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -8 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -10 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/01/2019 - 09:16

Nou lekker geskrik.

Was nog besig om te tik, dat hier ook paar lekker druppels val en toe ek begin tik van die donderweer toe klap hy hier bo ons.  Die grond skakelaar spring AF en als is dood met net die nood lig wat aankom.

Dit was nogals 'n harde slag.

My Laptop het die vakansie besluit hy sien nie meer die battery nie, so ek moes eers weer op start en aanteken.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 11/01/2019 - 20:21

...................in die winterreënval streek is darem vanaand ook geseën met 'n bietjie reën, ongelukkig net so 3mm, maar ons is dankbaar.  Miskien kom daar nog 'n bietjie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 12/01/2019 - 07:30

................."nog 'n bietjie" hierbo het toe wel gekom en staan nou op 5mm !  Maar vanoggend is daar nie 'n wolkie in die lug nie.

Ons hier in die winter reënvalstreek, sit nou maar terug en wag op nog 'n verrassing.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 15/01/2019 - 20:49

...................maar vir 'n moontlike reëntjie teen Vrydag volgens die weervoorspellers.  Sal welkom wees want al drie my reëntenks is nou leeg en nou is munisipale water weer aan die orde van die dag.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 18/01/2019 - 05:48

Ons het ook so 16 mm vroegaand gekry. In totaal nou 169 mm vanaf Oujaar. Baie dankbaar. My gras het ook baie mooi reggekom/herstel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus