Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Die wel en wee....

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Nouja, kyk die permanent kamp het ook maar sy dinge en draaie.

Gisteroggend toe Petra uit die kooi opstaan kan sy glad nie regop kom nie! Sy loop so skuifel skuifel met haar neus amper op haar naeltjie. Ek [in my wysheid] besluit toe sy het haar rug uitgesit.

So kry ek vir Antie Google op die lug en begin soek vir Chiropracters of dalk 'n Fisio. Kry toe net 'n Fisio hier in Bela Bela, maar haar nommer gaan direk oor op die antwoord masjien, paarkeer probeer maar niks. Tussen alles deur moet ek vir Petra help om uit die wa te kom, te sit, ek moet koffie maak, ens, my amper vrek gewerk so vroeg in die oggend!!

Nou moet 'n man plan maak, Petra sit traantjies rol oor haar wange, ek sien sommer die is nie aansit nie, sy het wragtag pyn? Staatshospitaal is uit, ek kry toe Katoelieke hospitaal op Google.  right, sit die kaart op my foon. Bring vir Petra skotteltjie water op haar skoot, so was sy darem haar gesig en borsel tanne. Nou moet ek altdie nodige bring sodat sy haar gesig kan inkleur. Die aantrek sal ek maar nie hier verduidelik nie. Nou moet ons haar in die trok kry, later die karavaan bankie daar en op 'n manier boender ek haar toe in die trok.

Maar toe ons daar kom is dit ok nou verkoop aan 'n BEE spul Dr's Nouja gaan toe maar in by noodgevalle, mense julle kan nie glo die diens nie, verduidelik vir ontvangs, dadelik stuur hulle 'n rolstoel na die Pajero om haar uit te laai. Daar is geen Dr's op diens oor naweke nie maar hulle bel toe dadelik 'n Dr. die man daag op, 'n Nigerier nogals, dadelik verwag ek toe hy gaan my kinders ontvoer en ons op drugs sit, en met een of ander skema my uit my laaste bietjie geld verneuk, maar....niks. Baie profesioneel, verduidelik heeltyd vir Petra wat hy gaan doen en hoekom, stuur haar toe vir X strale, en kom sit by my en verduidelik presies hoe ver die ondersoek is wat hy nog gaan doen ens.

Petra vertel my later dat hy direk vir haar vertel hy sien sy sukkel erg met osteo rumatiek, vra sy hoe weet hy, sien dit aan haar voete, die tone wat alle rigtings loer, knoppe op die voete. Sy is impressed dat hy dit direk raaksien!

Lang storie kort ons was daar tot na 4nm van die oggend so 10vm, Petra was op drips, spierverslappers, en ander goete, tot morfien vir die pyn!

Dr vertel toe dat sy haarself moet rustig hou en baie versigtig wees, ek vra hom toe of sy darem einde van die maand die kamp sal kan opslaan, hy reken nee dit sal te swaar wees. Vra hom toe of sy darem nog een keer per week my golfsak kan dra as ek gaan speel - nee ook nie, nie eers as ek net 9 putjies speel nie!!!

Ai mense ek sien 'n swaar tyd vir my voor, maar op 'n manier sal ek seker oorleef. Ek het al vamore bed opgemaak, moes kort vir haar vra hoe doen mens dit of dat, het al gevee en selfs al twee koppies koffie vir ons gemaak!!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 14/01/2019 - 11:20

Daar is dalk 'n rede dat julle nie nou moet trek nie.   Ons sal sien of die toekoms vir ons die rede wys.    Ongelukkig moet arme Petra nou suffer.   Julle manne het dit ook altyd makliker.laugh

Net 'n grappie, Arie.   Ek weet jy suffer saam met Petra.

Ek hoop julle kom by die regte dokter uit, wat kan help.

0

Nooit die posts gelees nie en beveel allerhande ander kampplekke aan vir Arie en Petra want die Olifant is dodgy.

Nou sien ek hulle staan daar tot April.

0
Pretoria

leeu

Mon, 14/01/2019 - 15:20

Sterkte Arie en Petra, dis baie mooi dat jy so positief bly deur alles. Ek haal my hoed af vir julle, alhoewel ek tog glo julle geniet die langkamp ding.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 14/01/2019 - 15:29

Leeu die langkamp storie was en is seker nog een van die heelbeste besluite wat ons nog ooit gemaak het!

Ja soms lekkerder as ander kere, maar die lekker gaan die sleg ver te bowe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 15/01/2019 - 01:07

Arie, sterkte vir jou en Petra vandag by die fisio terapeut, ons glo en vertrou dat die persoon vir haar verligting gaan bring.

Soos jy, glo ek ook dat 'n "ruk en pluk" behandeling vinniger resultate sou bring, maar nou ja, daar is nie een naby nie, dan gaan mens maar na die volgende opsie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 16/01/2019 - 13:50

Hi, sorry, vroegdag al Pta gery, so pas terug.

Ja gister die fisio gesien, en klaar heelwat verligting, sien haar weer Vrydag. Sy loop al amper regop en ek kan in haar oge sien die pyn is effens minder! Sy beweer dit is weg, maar ek glo dit glad nie, as sy dink ek kyk nie dan sien ek sy kry swaar.

Seker my skuld, ek het dit gepes as ons kinders toe hul klein was gekerm het oor seer, en/of mank loop. Altyd geglo mens byt op jou tande en gaan aan, ek dink sy is nou bang ek trap haar uit?

Met die kinders het dit gewerk, altwee van graad een tot en met graad 12 nie 'n enkele dag afwesig gewees nie. Seun het met gebreekte kakebeen [rugby] in die klas gesit, Saterdag gespalk [drade] en Maandag in die skool. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 16/01/2019 - 15:35

Arie, sy probeer dit seker ook maar vir jou makliker maak deur voor te gee dit is soveel beter.  Sy steek seker baie dae vir jou weg hoe sy regtig voel met haar siektetoestand.   Wil nie sommer kla nie, siestog.   Ja, dit kan seker nie na een behandeling net weg wees nie, ek hoop en glo na nog 'n behandeling gaan dit nog beter gaan.   Sterkte vir haar.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 16/01/2019 - 16:08

Ai, antie, sy is net soos 'n stout dogtertjie - gee my grys hare. As julle tog net geweet het hoe "suffer" arme ekke.......sug!!!

Ja wat ek suffer maar in silence!

Dankie vir almal se belangstelling!

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 17/01/2019 - 05:53

Sterkte daar Arie vir julle altwee. Die mense wat nie self deur so iets gegaan het,  verstaan ook nie elke dag hoe die ander helfte net so swaar kry nie. Julle is in my en Doreen se gebede.

Petra klink presies soos 'n vriendin van ons wie se naam Petro was van wie ons 2 jaar terug moes afskeid neem nadat sy toe haar stryd verloor het. Sy het tot op die laaste altyd gelag en net die mooi gesien sonder enige kla. Haar gesegte was altyd "build a bridge and get over it" as mense begin kla het of mislik was of sulke negatiewe dinge.

Ons het egter geweet dat sy so in haar binneste verskriklik seer/pyn het en dat sy 'n mooi "pose" hou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus