Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -35 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 02/02/2019 - 07:08

Hier by ons reen dit ook sagies.

Anton, geniet die kuier saam met jou ouers, jy is baie bevooreg.

Geniet die dag en gaan groot.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 02/02/2019 - 11:41

Hi daar.

Ja Dusty, die voornag is 'n gesukkel en dan is dit nog gereeld deur die nag ook.  Het altyd so 21:00 gaan slaap maar nou se dae is ek moeg en as ek na so uur nog nie slaap nie kan ek maar opstaan en heelwat later weer probeer.

Geniet julle dag in vrede.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 02/02/2019 - 12:48

Goeie middag geesgenote !  Ongelukkig het niks gekom van vandag se voorspelde donderstorms en reën nie.  Ek glo dus ook nie môre se voorspelde reën die hele dag nie.

Maar, ons reën sal wel op die regte tyd kom.

Lekker res van Saterdag vir almal.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 02/02/2019 - 16:57

Sien nou op 179 is daar 'n program "Going RV" 

Nogals nice ksravane, 26vt plus van so $19,000

Dan was daar RV's (die bus) van so $125,000.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 02/02/2019 - 17:30

Ek hoop julle het 'n heerlike Saterdag sovêr.   Ja, hier by ons word ook net reën voorspel maar dit gebeur nie.    Intussen is ons damme nou aan die leeg loop, sit een van die dae sonder water.   Herman, ek het gisteraand op die nuus gesien hoe beroerd gaan dit in Oudtshoorn!

Geniet die aand!

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 02/02/2019 - 18:48

Naand vrinne, vuurtjie amper reg vir n paar vet lamtjoppe. 2 uur n hewige donderstorm, darem sonder hael, 12mm. Trek oop en 4 uur nog een met 10mm reen. Die berg was vol van die watervalletjies gewees, te mooi vir woorde. Plaasdam teen 6uur propvol en loop oor. 

Gaan nog reen vanaand, of kom ek se dit lyk so. 

Freda, ek hoor dit gaan so sleg daar, mense ry water van rioolwerke aan vir hul tuine. Ons is werklik geseend hier teen die berg. Ons veld verdroog, maar nog altyd genoeg water gehad vir huis en tuin.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 03/02/2019 - 05:34

Goeie more almal.

Koffie is sommer lekker vanoggend. Wie drink vanoggend saam?

Broer het gistermiddag kom kuier en lekker gesels.

Geniet die rusdag tenvolle.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 03/02/2019 - 06:56

Ek sal ook saam neem.

Neef, ek sien daar is weer baie water deur Meiringspoort en dat die waterval weer sterk geloop het.

Geniet julle dag

0
Alberton
Profile picture for user Tuinslang

Tuinslang

Sun, 03/02/2019 - 09:36

Dagsê,

Julle manne en maninne reg vir “Superhero Sunday”? 

Ek wag maar vir die boeing want koffie is nou nie my gunsteling nie 😂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus