Hier in Hartenbos het die son vanoggend geskyn. Vanmiddag het die wolke begin oortrek en donderweer begin. En nou reën dit lekker. Heerlik!
Ons wou 'n pot op die kole maak vanaand. Colin het hom nou begin op die gasstoof in die tent. Wat is nou lekkerder as dit? Kos op die stoof, 'n glasie in die hand, lekker rugby kyk en reën op die dak? Dis darem swaar om so te suffer as jy kamp ne? ![]()
Maak...........
...............julle daarbo maar reg vir nog baie reën - die suidoos waai ons hieronder nog steeds moedeloos !
Ek het vir gister en laasnag…
Ek het vir gister en laasnag 4mm uit gegooi.
3mm vir die week. Die…
3mm vir die week. Die muskiete is iets ysliks, maak sulke wolke om mens. Darem net in die veld, nie hier by die huis nie.
Gister middag stap ek, en die klomp takel my. Waai met n takkie vir n vale en gee so vinnig die lyf toelaat pad. By die huis gekom voel ek n jeuk aan die kuit, kyk af en sien n bloedstrepie en n swart muskiet op die plek. Daai muskiet het homself gesuip tot hy bars! Of dit is dalk hierdie ou Comrades kuite wat sy slurp vasgeknyp het. ![]()
Ek kan nou nie met…
Ek kan nou nie met akkuraatheid sê hoeveel dit wanneer hier die week gereen het nie, maar het 58mm uit gegooi.
In vergelyking met verlede jaar die selfdetyd tyd: verlede jaar 563mm en die jaar 423mm.
Hier reen dit al deur die…
Hier reen dit al deur die nag, vanoggend nog al die pad tot in Kempton en reen nog steeds. Oral langs die paaie waar 'n leegte is is dit amper 'n rivier om deur te gaan.
Baie geseên met al die reen
Dit reën ook al die heel nag…
Dit reën ook al die heel nag by ons in Roodepoort.
Heelnag hier by ons ook. …
Heelnag hier by ons ook. Ek het gou 30mm uitgegooi. Dit reën nogsteeds ![]()
Reen lekker by ons ook, maar…
Reen lekker by ons ook, maar weet nie hoeveel dit gereen het nie. Ek het nie reen meter nie. Maar weet dit is nat genoeg dat ek nie hoef gras te sny nie. Weet mense raak upset as mens die reenmeter se level adjust met tuinslang.
My ou vriend van Tzaneen het…
My ou vriend van Tzaneen het my vandag gebel. Toe ons nou onlangs oppad wildtuin toe by hulle oorgeslaap het, het die Tzaneendam slegs 8% water ingehad. Tzaneen en omgewing was pragtig groen, maar die reën het net weggebly in die dam se opvangsgebied (grotendeels Magoebaskloof en George's Valley). Hy sê daar vloei nou 'n groot stroom water in die dam in. Magoebaskloof het klaarblyklik meer as 200 mm reën gehad.
Ons het verlede week een dag…
Ons het verlede week een dag lekker reën gekry maar dit was eintlik 'n druppel in die emmer van wat ons nodig het. Ek is bly vir almal se part wat so lekker reën kry maar dit kan regtig nou maar 'n bietjie Kaap en Oudtshoorn en PE en Boesmansrivier se kant toe kom.
Herman, jy sê daai muskiet drink jou bloed?!
Jy wil mos jou mooi, sappige kuite vir hom wys.![]()
Chris................
.................fatasties. Ek hoor nou net oor die nuus daar is nog groot reën aan die kom vir die ooste van Mphumalanga.
My voorspelling..................
...............vir verdere reën volgende week in die noorde van die land is dat dit vir eers einde se kant toe staan. Rede : die Suidoos-wind het hier by ons gaan lê en as hy vandag bly lê, is die reën daarbo op 'n einde vir eers.
Ek het Donderdag middag oor…
Ek het Donderdag middag oor die 60mm uit die reën meter gegooi (2 dae se reën. Vanoggend het ek weer 50 mm uitgegooi. Laasnag se reën. Dit reën al die heel oggend aan en af.
Len, nou as almal in daai…
Len, nou as almal in daai pragtige omgewing hul waaiers in ons dieselfde rigting aan skakel (op full speed natuurlik), dan gaan ons mos steeds reen kry, dalk net 'n mot reentjie😂
Regstelling :
Regstelling : Julle gaan nog reën daar in die noorde kry ! Die Suidoos het weer opgesteek en waai môre teen 35kpu hier by ons.





34mm uitgegooi
Ek het 34mm uitgegooi vanoggend