Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -39 minutes ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -51 minutes ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Nou reën dit lekker!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Hier in Hartenbos het die son vanoggend geskyn.  Vanmiddag het die wolke begin oortrek en donderweer begin.  En nou reën dit lekker.   Heerlik!

Ons wou 'n pot op die kole maak vanaand.  Colin het hom nou begin op die gasstoof in die tent.  Wat is nou lekkerder as dit?   Kos op die stoof, 'n glasie in die hand, lekker rugby kyk en reën op die dak?   Dis darem swaar om so te suffer as jy kamp ne? wink

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/02/2019 - 16:10

...............julle daarbo maar reg vir nog baie reën  -  die suidoos waai ons hieronder nog steeds moedeloos !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 13/02/2019 - 12:57

3mm vir die week. Die muskiete is iets ysliks,  maak sulke wolke om mens. Darem net in die veld, nie hier by die huis nie. 

Gister middag stap ek, en die klomp takel my. Waai met n takkie vir n vale en gee so vinnig die lyf toelaat pad. By die huis gekom voel ek n jeuk aan die kuit, kyk af en sien n bloedstrepie en n swart muskiet op die plek. Daai muskiet het homself gesuip tot hy bars! Of dit is dalk hierdie ou Comrades kuite wat sy slurp vasgeknyp het. laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 13/02/2019 - 21:02

Ek kan nou nie met akkuraatheid sê hoeveel dit wanneer hier die week gereen het nie, maar het 58mm uit gegooi.

In vergelyking met verlede jaar die selfdetyd tyd: verlede jaar 563mm en die jaar 423mm.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 14/02/2019 - 05:40

Hier reen dit al deur die nag, vanoggend nog al die pad tot in Kempton en reen nog steeds. Oral langs die paaie waar 'n leegte is is dit amper 'n rivier om deur te gaan.

Baie geseên met al die reen

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Thu, 14/02/2019 - 12:42

Reen lekker by ons ook, maar weet nie hoeveel dit gereen het nie. Ek het nie reen meter nie. Maar weet dit is nat genoeg dat ek nie hoef gras te sny nie. Weet mense raak upset as mens die reenmeter se level adjust met tuinslang.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 15/02/2019 - 16:12

My ou vriend van Tzaneen het my vandag gebel. Toe ons nou onlangs oppad wildtuin toe by hulle oorgeslaap het, het die Tzaneendam slegs 8% water ingehad. Tzaneen en omgewing was pragtig groen, maar die reën het net weggebly in die dam se opvangsgebied (grotendeels Magoebaskloof en George's Valley). Hy sê daar vloei nou 'n groot stroom water in die dam in. Magoebaskloof het klaarblyklik meer as 200 mm reën gehad.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 15/02/2019 - 17:26

Ons het verlede week een dag lekker reën gekry maar dit was eintlik 'n druppel in die emmer van wat ons nodig het.   Ek is bly vir almal se part wat so lekker reën kry maar dit kan regtig nou maar 'n bietjie Kaap en Oudtshoorn en PE en Boesmansrivier se kant toe kom.

Herman, jy sê daai muskiet drink jou bloed?!laugh   Jy wil mos jou mooi, sappige kuite vir hom wys.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 18:12

.................fatasties.  Ek hoor nou net oor die nuus daar is nog groot reën aan die kom vir die ooste van Mphumalanga.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/02/2019 - 10:54

...............vir verdere reën volgende week in die noorde van die land is dat dit vir eers einde se kant toe staan. Rede : die Suidoos-wind het hier by ons gaan lê en as hy vandag bly lê, is die reën daarbo op 'n einde vir eers.

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 16/02/2019 - 11:32

Ek het Donderdag middag oor die 60mm uit die reën meter gegooi (2 dae se reën. Vanoggend het ek weer 50 mm uitgegooi. Laasnag se reën. Dit reën al die heel oggend aan en af.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/02/2019 - 15:21

Len, nou as almal in daai pragtige omgewing hul waaiers in ons dieselfde rigting aan skakel (op full speed natuurlik), dan gaan ons mos steeds reen kry, dalk net 'n mot reentjie😂

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/02/2019 - 21:13

Regstelling :  Julle gaan nog reën daar in die noorde kry !  Die Suidoos het weer opgesteek en waai môre teen 35kpu hier by ons.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus