Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -3 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -3 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/02/2019 - 15:31

Sien ek nou eers, ek het nog nie ordentlikheid gehad vandag nie.

Goeie dag almal, hier gaan dit rep en roer, sedert ons Woensdag laat middag, terug gekom het van Eastco, was daar nie tyd om my grondseil en panele oop te maak en te ventileer nie. Tussen die gras sny en die kleinkinders oppas, moes ek nood gedwonge vandag daai takies verig. Gelukkig het dit nog nie begin ruik nie. (Grondseil was modderig en nat). Ek wil darem nie skaam kry Donderdag as ek daai vrot mif goed by Sionbergh oop maak nie😂

Geniet die res van die dag, more oggend vroeg moet ons na 'n begrafenis in Pretoria gaan, moes wag vir 'n niggie wat oorsee is en eers vandag hier land.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 17/02/2019 - 04:34

Goeie more almal.

Johann, sterkte met die begrafnis. Ek glo dat almal vertroos mag word.

Gaan nou koffie maak.

Lekker rusdag vir ieder en elk

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 17/02/2019 - 07:06

Goeiemôre maters.  Julle moet 'n Awesome dag hé.smileyyes  

Sterke aan al my mede Stormer supporters met die herstel (ek weet nie eintlik of dit herstelbaar is nie? wink)    

Ek dink ek moet maar weer potjiekos maak vandag

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 17/02/2019 - 07:22

Alle eer aan die Bulle. Hulle't uitstekend gespeel. Maar sonder om enigsins afbreek te doen aan die Bulle se voortreflike wen, sou die wyse waarop die Stormers gespeel het, selfs enige ander paloeka spannetjie laat goed vertoon het.

Ek was bly om vroeg terug te keer van 'n familiebraai op Hermanus, sodat ek die wedstryd kon kyk. Na die Bulle se eerste drie van die tweede helfte het ek gaan tuin natspuit.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 17/02/2019 - 08:15

Skink daai koffie hier loop hy soos stroop my stomers span wel een woord pateties son skyn vir die eerste keer die week vrede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 17/02/2019 - 10:24

Dagsê almal.   Ek hoop julle Sondag verloop wonderlik sovêr.

Colin is ook maar lekker vies vir sy Stormers span, nie oor hulle verloor het nie, maar omdat hulle so swak gespeel het.   Ek is natuurlik in my noppies want my span het die Jaguars gewen laat gisteraand.yes

Geniet die res van julle dag.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 17/02/2019 - 14:18

Dagsê Kampforum.

Gister weer gespook met die verf kwas.

Vorder stadig, die groot muur lyk of dit vinnig vorder maar nie die klein stukkies nie.

Geniet jou dag in vrede. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus