Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -52 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 11/02/2019 - 13:43

Dankie vir die wat goeie wense gegee het.smiley   Ek sal al die uitslae eers volgende week kry, maar die dokter reken darem ek lyk heel gesond te wees.   Sovêr weet ek die longe is skoon en my hart klop nog mooi, maar ek moet nog volgende week op die treadmill gaan hardloop.surpriselaugh

Maar kyk, dokters weet hoe om geld te maak!    Die vader weet, dit is van die een ding na die ander.  As jy jou kom kry, is elke duim binne en buite jou liggaam getoets of moet, volgens hom, getoets word.   Al weet jy voor jou siel daar is nie fout nie.  Ek sê sommer NEE, moenie worry nie, Dok!

Ai tog, die beurtkrag is omtrent erg op die oomblik.   Ons hoor dit gaan nou Fase 4 word??!!  As ons krag af is, is die ADSL lyn ook af.  Vanmiddag is ons krag af van 2 uur tot 6.30!!

Gelukkig reën dit darem lekker vandag in die Baai.   Sal maar gaan lê en lees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 11/02/2019 - 15:23

Die vlieë is nie onder beheer nie, hulle is in beheer, ons spuit bloekom olie, detol en water mengsel, ek het 'n blik doom gaan koop, niks, vir elkeen wat vrek, kom haal tien hom vir die befrafenis😂

Is die vlieë darem onder beheer?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/02/2019 - 15:39

Ek hou van jou woordspeling "die vlieë is in beheer"  -  skerp man !

Dit is natuurlik 'n verdere voordeel van winter kampering, muggies, muskiete en vlieë is skaars !

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 11/02/2019 - 15:50

Dankie. Het daai winkel gaan besoek. 

Yvonne het my meer as R 600 gekos daar smiley

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 11/02/2019 - 16:08

Sorry man....... tenminste is jy nou in haar goeie boekies.laugh

 

In daai winkel gaan R600 darm veel verder as by die gewone 

 

Groetnis en geniet

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 11/02/2019 - 18:22

Antie, ek is bly jy is nog op die bol, glo als sal 100% wees.

Johann, ja daai vlieë kan nogals pla.  Hulle het laas gesê hulle het die gesondheids ouens daar gehad en dié sou glo elke 2 maande na die hoender plaas toe gaan vir inspeksie.

Hoor bietjie by hulle ?

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 12/02/2019 - 07:53

Ons is weer oppad huis toe vandag.

Geniet julle dag en wees veilig 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 12/02/2019 - 09:42

Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend.  Ons damme het darem redelik goeie inloop gehad die afgelope twee dae.   Die gesamentlike volume van ons damme is nou amper 49%.

Geniet julle dag, laat hy loop soos stroop.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Tue, 12/02/2019 - 14:02

Goeie middag almal

Ek is nog steeds besig om te probeer die ander twee derdes van ons netwerk regmaak na die weer gisteraand. Netwerk, telefone, interkom en alarm uit geslaansad

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus