Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Goeiemôre Hennie Lekker…
Goeiemôre Hennie
Lekker week vir julle!
More julle
N nuwe week nuwe dinge sterkte vir almal laat loop met die koffie vrede
more hier vanaf Van Stadens
Goeie more vanaf n warm lekker weer vanaf die see
Geniet die dag
Môre sê Kampforum.Gister…
Môre sê Kampforum.
Gister wou Surette se kar nie start nie, laaier gister aand op gesit,msy koet maar vanoggend die water vlak laat op top want dié lyk vir my baie laag. Hoop nie dit gaan jy nog een kos nie.
Geniet jou dag in vrede.
Goeie môre almal, hoop julle…
Goeie môre almal, hoop julle het 'n goeie week beplan ....soos oom Sarel![]()
Sien oom Len raas op die ander draad so 'n spesiale goeie môre aan oom Len. Daar is natuurlik ietsie waaroor ons kan gesels vanoggend, en dis die naweek se pragtige rugby uitslae, maar ek weet sekere manne se druiwe is nog erg suur......so ons los dit maar.
Julle moet n "BULLS" week…
Julle moet n "BULLS" week beleef mense!!!!!
Môre al julle mensies, nog …
Môre al julle mensies, nog 'n nuwe week vol verrassings het aangebreek. Goeie vooruitsig vir die wat gaan kamp die naweek en julle moet dit geniet hoor. Party van ons is nog by die huis besig en sal ook weer 'n beurt kry, maar eers gaan ons af Kaap toe en sal weer in April gaan kamp.
Maar vir nou het die koffie en beskuit mooi geloop en ek moet net keer want die beskuit will by die deur uit loop. Groete vir almal en lekker voorspoedige week vir die wat so baie bedrywig gaan wees.
Dis nou...............
..............wat ek noem 'n ordentlike groet-boodskap !
Môre almal. Vir dié wat…
Môre almal. Vir dié wat saamtrek toe gaan, julle week het aangebreek!! Oor 'n dag of drie is julle almal oppad SionBergh toe. Lekkerrrr.
Ons karavaan is ook so te sê klaar gepak vir die paar dae na Addo.
Geniet julle dag, almal op die forum.
Antie, julle moet die kamp…
Antie, julle moet die kamp geniet. Is nog besig om my pakkery so stuk stuk bymekaar te kry.
Johann
Johann, jinne, wat praat jy???
Goeie dag aan almal, die wat werk, die wat wil werk, die wat met vakansie is, die wat afgetree is, die wat met vakansie gaan, en al die ander ook!!
Johann, ons was van die 23ste Jan tot die 2de Feb weg, en het heerlike reënweer ondervind daar by Uvongo, 10 dae aanmekaar, heerlike koel weer, vir eerste keer het ons 3 maaltye op die stoep genuttig, en vir die see gekyk, ons het hom amper weggekyk!!!!
Maar, omdat ons PROBEER om soos afgertredes op te tree, (nie baie suksesvol), het ons weer aan die werk gespring, met inkomste werkies asook om die huis. Ek is besig om motorhuis so bietjie te organiseer, en begin met outomatiese oproldeure, asook die vloere klaar bedek met daardie rubber-blok teëls. Nou besig met rakke en gereedskap se uitsorteer. Is ook erg besig met die groentetuin, Nou moet ek ruitelik erken dat Dinsdae en Vrydae word BAIE meer gewerk (as my tuin en algemene ingenieur hier is!!!)
Ek het darem met my verjaarsdag nie gewerk nie!!!
Ek het egter probleme met Telkom se lyne, en ADSL lyn, en nog nie klaar baklei nie, derhalwe nie gereelde inskakel op die forums nie.
Lekker dag en week vir almal!
Jinne maar die wind kan…
Jinne maar die wind kan darem waai hier is n Gordonsbaai! ![]()
Goeie more mede Forumiete. …
Goeie more mede Forumiete.
Sit nou lekker in die sitkamer en koffie drink. Het gehoor klaasvakie is hier te vinnig verby sonder om n pitstop by my te maak. Het dalk teveel gewoel na werk.
Gras gesny, boom op die sypaadjie se takke wat in die straar gehang het af gesaag ens.
Lekker dag vir ieder en elk
Môre Stoffel en Freda en…
Môre Stoffel en Freda en almal wat nog gaan kom groet vanoggend. Geniet julle dag.
Dagse almal geseende en…
Dagse almal geseende en lekker dag vir julle.





More Johann en Voorie. Ek…
More Johann en Voorie. Ek drink ook saam.