Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -2 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 18/02/2019 - 07:27

Dagsê Kampforum  -  lekker dag vir jou !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 18/02/2019 - 07:37

N nuwe week nuwe dinge sterkte vir almal laat loop met die koffie vrede

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/02/2019 - 07:55

Môre sê Kampforum.

Gister wou Surette se kar nie start nie, laaier gister aand op gesit,msy koet maar vanoggend die water vlak laat op top want dié lyk vir my baie laag. Hoop nie dit gaan jy nog een kos nie.

Geniet jou dag in vrede.

0

Goeie môre almal, hoop julle het 'n goeie week beplan ....soos oom Sarelwink

Sien oom Len raas op die ander draad so 'n spesiale goeie môre aan oom Len.  Daar is natuurlik ietsie waaroor ons kan gesels vanoggend, en dis die naweek se pragtige rugby uitslae, maar ek weet sekere manne se druiwe is nog erg suur......so ons los dit maar.  

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 18/02/2019 - 08:06

Kom ons los nou maar die rugby- uitslae. Let bygones be bygones

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 18/02/2019 - 09:03

Môre al julle mensies, nog 'n nuwe week vol verrassings het aangebreek. Goeie vooruitsig vir die wat gaan kamp die naweek en julle moet dit geniet hoor. Party van ons is nog by die huis besig en sal ook weer 'n beurt kry, maar eers gaan ons af Kaap toe en sal weer in April gaan kamp.

Maar vir nou het die koffie en beskuit mooi geloop en ek moet net keer want die beskuit will by die deur uit loop. Groete vir almal en lekker voorspoedige week vir die wat so baie bedrywig gaan wees.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 18/02/2019 - 09:40

Môre almal.    Vir dié wat saamtrek toe gaan, julle week het aangebreek!!   Oor 'n dag of drie is julle almal oppad SionBergh toe.    Lekkerrrr.

Ons karavaan is ook so te sê klaar gepak vir die paar dae na Addo.   

Geniet julle dag, almal op die forum.

0

Johann, jinne, wat praat jy???

Goeie dag aan almal, die wat werk, die wat wil werk, die wat met vakansie is, die wat afgetree is, die wat met vakansie gaan, en al die ander ook!!

Johann, ons was van die 23ste Jan tot die 2de Feb weg, en het heerlike reënweer ondervind daar by Uvongo, 10 dae aanmekaar, heerlike koel weer, vir eerste keer het ons 3 maaltye op die stoep genuttig, en vir die see gekyk, ons het hom amper weggekyk!!!!

Maar, omdat ons PROBEER om soos afgertredes op te tree, (nie baie suksesvol), het ons weer aan die werk gespring, met inkomste werkies asook om die huis. Ek is besig om motorhuis so bietjie te organiseer, en begin met outomatiese oproldeure, asook die vloere klaar bedek met daardie rubber-blok teëls. Nou besig met rakke en gereedskap se uitsorteer. Is ook erg besig met die groentetuin, Nou moet ek ruitelik erken dat Dinsdae en Vrydae word BAIE meer gewerk (as my tuin en algemene ingenieur hier is!!!)

Ek het darem met my verjaarsdag nie gewerk nie!!!

Ek het egter probleme met Telkom se lyne, en ADSL lyn, en nog nie klaar baklei nie, derhalwe nie gereelde inskakel op die forums nie. 

Lekker dag en week vir almal!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 19/02/2019 - 02:25

Goeie more mede Forumiete.

Sit nou lekker in die sitkamer en koffie drink. Het gehoor klaasvakie is hier te vinnig verby sonder om n pitstop by my te maak. Het dalk teveel gewoel na werk.

Gras gesny, boom op die sypaadjie se takke wat in die straar gehang het af gesaag ens.

Lekker  dag vir ieder en elk

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 19/02/2019 - 05:15

Môre Dusty.    Môre almal wat nog slaap.   Ek geniet nou my eerste koppie tee.   Dit lyk na 'n lekker dag in die Baai.   Nog donker maar die son gaan nou-nou kop uitsteek.

Baie lekker dag vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus