Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -18 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -19 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 19/02/2019 - 07:05

Lyk weer na n lekker sonskyn dag.

Dalk n warm dag wat voor lê.

Geniet hom en gaan groot.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 07:30

Hoop julle gaan 'n wonderlike dag hê.

Die weervoorspeller dreig ons met nog 'n warm, droë dag en 'n ongeskikte wind van so 10 uur af. As ons met Suziehond op die strand wil gaan stap sal ons dus ons pille moet drink en ons agterente begin roer. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 19/02/2019 - 07:37

More julle almal julle moet n gatskop dag he Sarel gaan groot wie drink saam my koffie hy loop soos stroop vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 19/02/2019 - 07:48

Goeie môre Kampforum !

Ek sit nou en wonder wat sal ek nou vandag doen ?  Dit gaan vrek warm wees hier by ons  -  as die kleinkinders van die skool/kleuterskool af kom, moet ons miskien in die swembad gaan spring !  Andersins moet ek miskien  op Oumensdag by Makro gaan gratis koffie drink en koekies eet.  As ek reënwater in my tenks gehad het, kon ek miskien die karavaan en Pathfinder gewas het, maar ek is dankbaar die tenks is gelukkig leeg ! 'n Ander moontlikheid is ek kan op Kampforum gesels, maar baie min mense wil saamgesels so dis ook nie eintlik 'n opsie nie.

Dis nie maklik nie, so baie keuses wat om vandag te doen, maar ek gaan beslis nie soos Willem begin verf nie !

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 08:00

Len ek aanvaar dat jy eens die droogte nie munisipale water vir die motor en karavaan wil gebruik nie? Hier gebruik ons ook reënwater daarvoor maar dis bloot omdat ons munisipale water rubber ook laat roes.

Hier op Boesmans/ Kenton is 'n munisipale reel wat landwyd behoort te geld. As jy hier 'n huis bou word jy verplig om watertenks te installeer. 

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 19/02/2019 - 08:49

Goeie môre al julle mense en andere, die koffie en beskuit was mooi gewees vandag. As ek so lees klink dit vir my na baie harde werk om met pensioen te gaan, heeltemal te veel om te doen, ek sal maar nog so 'n bietjie moet vasbyt voor daai ene gaan inskop.

Len, die kofiie en koekies klink vir my na 'n baie goeie plan vandag en dan die swembad saam die kinders en kleinkinders. Jy moet dalk by Makro kyk of hulle van daai kits karwas middel het, meng net 'n bietjie water by dan kan jy kar was, geen tuinslang en sulke goeters nie, ek soek dit ook nog. surprisewink Dit werk amper soos cup a soup!!

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 19/02/2019 - 10:20

Dagsê Anton, jy moet veilig toer daar deur die Kaap die week, ekke is amper oppad soontoe.

Julle kamp amper en ek ry fiets laat die sweet loop so tussen die werk deur.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 19/02/2019 - 10:43

Dit mag 'n martel pyp wees, maar ook lekker om 'n bietjie fiks te wees en daai satisfaksie aan die enide van die dag as jy 'n groot uitdaging kon klaar maak, bly darem 'n lekker gevoel. wink

0

Ek kry daai selfde satisfaksie gevoel as ek 'n bier afsluk op 'n warm dagwink 

Sterkte met jou voorbereiding, hoop dit gaan goed!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 20/02/2019 - 04:29

Goeie more almal hier op die week breker.

Warren, drive safe today. 

Tee is gemaak en koffie is besig om te prut. Koffie is nou nou reg.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/02/2019 - 06:29

Goeie môre kampforum familie, geniet jul dag in liefde, vrede en vreugde.

Stoffel, ek sit ook al met my beker koffie, en wag net vir die horlosie om 7 uur te slaan, dan gaan ek gras sny sonder om 'n steurnis vir  die bure te wees.

Warren, safe trip, see you tomorrow.

More ook Hennie en Chris, ek sien julle is oppie lug.

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 20/02/2019 - 06:36

Baie geluk Nico (Ski) met die verjaarsdag. Geniet hom en ek hoop daar is nog baie.

Die wat al kamp geniet dit en die wat nog moet ry, ry veilig.

Ek hoor daar was een wenner by Lotto van R 232 milj. Dalk moet hy/sy Eskom koop en nuwe staff aanstel.

Hi Johann, hoe laat gaan jy more deur Sionsberg toe ?

Geniet julle dag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus