Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
More Almal
Lyk weer na n lekker sonskyn dag.
Dalk n warm dag wat voor lê.
Geniet hom en gaan groot.
Goeiemore Almal
Hoop julle gaan 'n wonderlike dag hê.
Die weervoorspeller dreig ons met nog 'n warm, droë dag en 'n ongeskikte wind van so 10 uur af. As ons met Suziehond op die strand wil gaan stap sal ons dus ons pille moet drink en ons agterente begin roer.
Moore! Dis lekker by die…
Moore!
Dis lekker by die see. Geniet julle dag! ![]()
Gatskop dag
More julle almal julle moet n gatskop dag he Sarel gaan groot wie drink saam my koffie hy loop soos stroop vrede
GM !
Goeie môre Kampforum !
Ek sit nou en wonder wat sal ek nou vandag doen ? Dit gaan vrek warm wees hier by ons - as die kleinkinders van die skool/kleuterskool af kom, moet ons miskien in die swembad gaan spring ! Andersins moet ek miskien op Oumensdag by Makro gaan gratis koffie drink en koekies eet. As ek reënwater in my tenks gehad het, kon ek miskien die karavaan en Pathfinder gewas het, maar ek is dankbaar die tenks is gelukkig leeg ! 'n Ander moontlikheid is ek kan op Kampforum gesels, maar baie min mense wil saamgesels so dis ook nie eintlik 'n opsie nie.
Dis nie maklik nie, so baie keuses wat om vandag te doen, maar ek gaan beslis nie soos Willem begin verf nie !
Len ek aanvaar dat jy eens…
Len ek aanvaar dat jy eens die droogte nie munisipale water vir die motor en karavaan wil gebruik nie? Hier gebruik ons ook reënwater daarvoor maar dis bloot omdat ons munisipale water rubber ook laat roes.
Hier op Boesmans/ Kenton is 'n munisipale reel wat landwyd behoort te geld. As jy hier 'n huis bou word jy verplig om watertenks te installeer.
Goeie môre al julle mense en…
Goeie môre al julle mense en andere, die koffie en beskuit was mooi gewees vandag. As ek so lees klink dit vir my na baie harde werk om met pensioen te gaan, heeltemal te veel om te doen, ek sal maar nog so 'n bietjie moet vasbyt voor daai ene gaan inskop.
Len, die kofiie en koekies klink vir my na 'n baie goeie plan vandag en dan die swembad saam die kinders en kleinkinders. Jy moet dalk by Makro kyk of hulle van daai kits karwas middel het, meng net 'n bietjie water by dan kan jy kar was, geen tuinslang en sulke goeters nie, ek soek dit ook nog. ![]()
Dit werk amper soos cup a soup!!
Goeie môre Kampforum. …
Goeie môre Kampforum.
Grniet jou dag in vrede.
Dagsê Anton, jy moet veilig…
Dagsê Anton, jy moet veilig toer daar deur die Kaap die week, ekke is amper oppad soontoe.
Julle kamp amper en ek ry fiets laat die sweet loop so tussen die werk deur.
Ai.................
...................dat 'n mens jouself nou so kan straf !
Dit mag 'n martel pyp wees,…
Dit mag 'n martel pyp wees, maar ook lekker om 'n bietjie fiks te wees en daai satisfaksie aan die enide van die dag as jy 'n groot uitdaging kon klaar maak, bly darem 'n lekker gevoel. ![]()
Ek kry daai selfde…
Ek kry daai selfde satisfaksie gevoel as ek 'n bier afsluk op 'n warm dag
Sterkte met jou voorbereiding, hoop dit gaan goed!
Goeie more almal hier op die…
Goeie more almal hier op die week breker.
Warren, drive safe today.
Tee is gemaak en koffie is besig om te prut. Koffie is nou nou reg.
Lekker dag vir elkeen
Goeiemôre almal! Julle…
Goeiemôre almal! Julle moet 'n lekker dag hé.![]()
![]()
Warren jy moet lekker kamp opslaan - lucky fish - sien jou môre!
Goeie môre kampforum familie…
Goeie môre kampforum familie, geniet jul dag in liefde, vrede en vreugde.
Stoffel, ek sit ook al met my beker koffie, en wag net vir die horlosie om 7 uur te slaan, dan gaan ek gras sny sonder om 'n steurnis vir die bure te wees.
Warren, safe trip, see you tomorrow.
More ook Hennie en Chris, ek sien julle is oppie lug.
More More
Baie geluk Nico (Ski) met die verjaarsdag. Geniet hom en ek hoop daar is nog baie.
Die wat al kamp geniet dit en die wat nog moet ry, ry veilig.
Ek hoor daar was een wenner by Lotto van R 232 milj. Dalk moet hy/sy Eskom koop en nuwe staff aanstel.
Hi Johann, hoe laat gaan jy more deur Sionsberg toe ?
Geniet julle dag





Goeie môre kampforum, julle…
Goeie môre kampforum, julle moet vandag ernstig opneem, geniet elke oomblik, en wees veilig.