Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -7 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -7 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 20/02/2019 - 06:44

'n Bedrywige dag wat voorlê. Ek moet eers produk in Brackenfell gaan optel (amper in Len se agterplaas) en gaan aflewer in Caledon. En die tyd loop uit vir my Voorlopige Belasting Opgawe. Dit is dus 'n gejaag om terug te kom by die huis om Oom SARS te goeters te kom agtermekaar kry. Ai - ek verpes admin.

Lekker dag vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/02/2019 - 10:33

Goeie môre Kampforum !

Chris :  SARS en voorlopige belasting :  Kan Tom Monyane (of een van sy kontakte) nie dalk vir jou 'n bietjie uitstel en korting bewimpel nie ?  -  teen 'n fooitjie natuurlik !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/02/2019 - 13:03

Dagsê almal.   Ek is klaar gepak en reg om te ry Addo toe.   Vanoggend het ek sommer vinnig 'n paar slaaie en kerrievis gemaak om saam te neem.

Die Westewind looi ons hier in die Baai vandag.

Lekker middag en aand vir almal.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 21/02/2019 - 05:39

Goeie môre Stoffel en almal wat nog hier gaan kom inloer. Die families wat gaan kamp hierdie naweek moet veilig ry en dit geniet. Die res sal maar lippe aflek.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 21/02/2019 - 06:47

Ek loer net in om te sê hello en koebaai.   Gaan nou stort en aantrek en laaste paar dingetjies doen, dan ry ons om so 10 uur by Addo te wees.

Weereens, aan die saamtrekkers, veilig ry en geniet dit.  

Lekker dag vir almal.

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 21/02/2019 - 07:07

Al julle kampers moet veilig ry en dit geniet.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Thu, 21/02/2019 - 07:09

Mag dit heerlike kamp weer wees en voorspoed op die paaie. Die koffie is amper reg.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 22/02/2019 - 02:03

Goeie more.

Is lekker stil hier by die kamp. Het vroeer gisteraand n jakkals hoor skree.

Die wat vandag ry moet veilig ry

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/02/2019 - 05:38

Goeiemôre hier vanuit 'n lekker koelirige Sionbergh.   Die hane kraai en voëls juig met mag, honde blaf en eende kwaak.  Klink vir my dit gaan' n lekker bedrywige dag wees.

Wag nou vir die ketel om te fluit, dan gaan ek 'n lekker koffietjie drink. 

Lekker dag vir almal! smileyyes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus