Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier kom 'n ding.... Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -2 hours ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -3 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

In Namakwaland, waar meeste mense Engels net vir selfverdediging gebruik, was daar by die skooltjie 'n Gr 5 klassie wat 'n nuwe Engels-juffrou gekry het.

Toe die jufrou die oggend by die klas inkom se sy: "Morning class"

Heel agter sit daar 'n outjie en hy is al een wat teruggroet met 'n "morning miss".

Die juffrou vra toe:"And why are you the only learner greeting me?"

 

Se die mannnetjie:"Cause I are the only one here whose name are Klaas miss"

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 28/02/2019 - 00:49

Plaasboer vertel vir sy werker wat ook al bejaard is dat hy nou gaan aftree. Werker se kommentaar: O, die meneer gaan die plaas aftree.

Nee sê die boer, hy gaan nou retire.

O, sê die werker. Die meneer gaan vir die bakkie nuwe tires koop.

Nee man sê die boer. Soos die son opkom ek gaan by die stoep sit tot die son hy gaan slaap. Elke dag dieselfde

O, sê die werker. Die meneer gaan boer

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 28/02/2019 - 00:53

Kollega reken hy was verlede week by die dokter.

Dokter sê hy. Ek het n probleem. Die een oomblik onthou ek iets en ner daarna vergeet ek weer daarvan.

Wanneer het dit begin vra die dr.

Wanneer het,wat begin vra hy toe.

En ook: "I always liked woman but I can't remember why."

0
Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Thu, 28/02/2019 - 07:21

Ek het vandag daai ekstra myl probeer loop vir my company.
 Toe kry my baas my langs die pad en vat my terug werk toe!!!
🙄🙄🙄

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 28/02/2019 - 07:24

Jou baas gee nie om vir jou nie Eland hy moes jou los dat jy loop jy kort bietjie tyd om te beplan vir volgende kampsmiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 28/02/2019 - 14:53

Nice een Wit Eland, ek het so vier jaar terug daai ekstra myl geloop, hulle het my toe nooit gekeer nie😂

Get married
Raar, maar waar😂

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus