Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Dankie Anton. Die prosedure…
Dankie Anton. Die prosedure het darem goed afgeloop
Dagsê almal
Ek is vanoggend 9 uur weg uit my huis en nou 'n rukkie terug. Ek is baie bly om te kan sê ek het al die uitslae gaan kry van my onlangse vele roetine bloedtoetse en ander ondersoeke. Daar is nou net mooi niks verkeerd nie, alles lyk piekfyn. Die dokter sê ek is gesonder hierdie jaar as wat ek verlede jaar was (sowaar ne??). Ek het ook vinnig gestap op die treadmill vir 8 minute, die suster het my geprys. Ek het wel ook met Dok gepraat oor die staarsiekte wat my soms tref. OK, blykbaar is dit 'n hormoon ding. Vanaf 50 jarige ouderdom is dit soms nodig dat mens 'n sekere hormoon aanvulling kry vir slaap. Ek weet nie of julle manne daai hormone het en of dit net ons vrouens is nie. Ek het nou pilletjies daarvoor gekry, wat my "rustiger gaan maak en die slaapproses stimuleer". Hoe klink daai vir julle??
Hoop julle het almal 'n gatskopdag!
Daar is nou net mooi niks…
Daar is nou net mooi niks verkeerd nie, alles lyk piekfyn.
Behalwe vir 'n aap-litteken.
Ek het nou pilletjies…
Ek het nou pilletjies daarvoor gekry, wat my "rustiger gaan maak en die slaapproses stimuleer
Is dit dalk Harry se skapie pilletjies?
Antie, sal graag wil weet of…
Antie, sal graag wil weet of dit werk en wat is die naam.
Nou klaar geverf, gaan nou pilletjie drink en hoop vir die beste.
Skies,
Môre Kampforum.
Geniet julle dag in vrede.
Goeie more medekampers. Ons…
Goeie more medekampers.
Ons breek alweer die week.
Lekker dag
More Stoffel en forum
More almal wie drink koffie saam vanoggend loop hy soos stroop lekke dag vir almal vrede
Goeie môre Stoffel en Shaun…
Goeie môre Stoffel en Shaun en almal wie later gaan kom inloer. Geniet julle klein saterdag.
Good morning! Lekker dag…
Good morning! Lekker dag vir almal! Hallo Hennie en Shaun en Stoffel (en Willem) ![]()
Hallo Neef!
More Almal.
Na ek al die boontjies getel het vir die finansiele jaar ( geeindig 25 Feb) vir my besigheid, is daar bepaal dat dit ons beste jaar was van ons 27 jaar se bestaan. Ons omset was 66% beter as laas jaar.
Werkers het gesmile en oom Jan natuurlik die meeste. Net jammer hulle mors alles. Ons sal maar sien hoe hierdie jaar daan loop. Ons was baie geseend.
My aftree April die jaar is nog op die kaarte.
Julle moet n wonderlike dag beleef.
Wees veilig
Baie geluk Harry. Ons weet…
Baie geluk Harry. Ons weet egter ook dat die vorige jaar ook maar sy challenges gehad het.
As jy nou gaan aftree, wie gaan na die besigheid kyk?
Hennie, ek sal maar daar…
Hennie, ek sal maar daar moet gaan oorneem
Goeie more maters. So bly…
Goeie more maters. So bly vir jou Harry vir jou goeie besigheid jaar en sterkte vir jou beplande aftrede. Ek mik nou na 40 jaar toe voor ek dink aan aftrede as my lewe gespaar bly. Mag julle wonderlik dag he ![]()
Goeie môre almal, lekker dag…
Goeie môre almal, lekker dag vir julle.
Goeie more almal. Lekker dag…
Goeie more almal. Lekker dag vir julle almal. Baie geluk Harry met julle goeie besigheids jaar.
Hallo Servaas! Ai dis…
Hallo Servaas! Ai dis lekker om weer jou groet hier te sien ![]()
Goeie môre vriende, mag…
Goeie môre vriende, mag julle 'n heerlike dag ervaar, mag die voorspoed julle omsingel.
Vir iemand wat nou al sy hele lewe tussen 5 en 6 uur op staan, het ek vanoggend my bas af geskrik toe ek wakker word en die ketel aan sit, daar is 'n horlosie, twintig voor nege!!. My lyf is skoon seer van die lank lê, die dag is om, my kop voel dof en ek is verloor ![]()
Harry, ek is bly vir jou part, dat julle so suksevolle jaar gehad het, April is om die draai, kry jou kop reg vir die pensioen ding, dit is 'n groot kop skuif.





Goeiemôre Stephan Sterkte…
Goeiemôre Stephan
Sterkte vir skoonma.