Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Water November 2026 Geert -33 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -33 minutes ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 26/02/2019 - 12:38

Ek is vanoggend 9 uur weg uit my huis en nou 'n rukkie terug.   Ek is baie bly om te kan sê ek het al die uitslae gaan kry van my onlangse vele roetine bloedtoetse en ander ondersoeke.  Daar is nou net mooi niks verkeerd nie, alles lyk piekfyn.   Die dokter sê ek is gesonder hierdie jaar as wat ek verlede jaar was (sowaar ne??).    Ek het ook vinnig gestap op die treadmill vir 8 minute, die suster het my geprys.   Ek het wel ook met Dok gepraat oor die staarsiekte wat my soms tref.  OK, blykbaar is dit 'n hormoon ding.   Vanaf 50 jarige ouderdom is dit soms nodig dat mens 'n sekere hormoon aanvulling kry vir slaap.  Ek weet nie of julle manne daai hormone het en of dit net ons vrouens is  nie.   Ek het nou pilletjies daarvoor gekry, wat my "rustiger gaan maak en die slaapproses stimuleer".   Hoe klink daai vir julle??laugh  

Hoop julle het almal 'n gatskopdag!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 26/02/2019 - 14:35

Volgende keer, gee jy daai ape bietjie "skok-stok"

Hulle sal vinnig leer wie is baas smiley

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 26/02/2019 - 14:45

Ek het nou pilletjies daarvoor gekry, wat my "rustiger gaan maak en die slaapproses stimuleer

Is dit dalk Harry se skapie pilletjies? 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 27/02/2019 - 00:27

Antie, sal graag wil weet of dit werk en wat is die naam.

Nou klaar geverf, gaan nou pilletjie drink en hoop vir die beste.

Skies,

Môre Kampforum.

Geniet julle dag in vrede.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 27/02/2019 - 07:00

Na ek al die boontjies getel het vir die finansiele jaar ( geeindig 25 Feb) vir my besigheid, is daar bepaal dat dit ons beste jaar was van ons 27 jaar se bestaan. Ons omset was 66% beter as laas jaar.

Werkers het gesmile en oom Jan natuurlik die meeste. Net jammer hulle mors alles. Ons sal maar sien hoe hierdie jaar daan loop. Ons was baie geseend.

My aftree April die jaar is nog op die kaarte.

Julle moet n wonderlike dag beleef.

Wees veilig

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 27/02/2019 - 07:14

Baie geluk Harry. Ons weet egter ook dat die vorige jaar ook maar sy challenges gehad het.

As jy nou gaan aftree, wie gaan na die besigheid kyk?

 

0
Middelburg

Noel

Wed, 27/02/2019 - 08:02

Goeie more maters. So bly vir jou Harry vir jou goeie besigheid jaar en sterkte vir jou beplande aftrede. Ek mik nou na 40 jaar toe voor ek dink aan aftrede as my lewe gespaar bly. Mag julle wonderlik dag he yes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 27/02/2019 - 09:23

Goeie môre vriende, mag julle 'n heerlike dag ervaar, mag die voorspoed julle omsingel.

Vir iemand wat nou al sy hele lewe tussen 5 en 6 uur op staan,  het ek vanoggend my bas af geskrik toe ek wakker word en die ketel aan sit, daar is 'n horlosie, twintig voor nege!!. My lyf is skoon seer van die lank lê, die dag is om, my kop voel dof en ek is verloor sad

Harry,  ek is bly vir jou part, dat julle so suksevolle jaar gehad het, April is om die draai, kry jou kop reg vir die pensioen ding, dit is 'n groot kop skuif.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus