Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 minutes ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -10 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 15/03/2019 - 09:25

More almal.

Ek voel die winter begin nader sluip aan ons. Hier waai 'n koeler as normale windjie vanoggend.

Geseende dag vir almal

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 15/03/2019 - 10:20

Dagsê al die mense.   Ek is hard aan die kook vir die familie vandag.   Ons het beurtkrag vanaf 14:00.   My geluk dat dit nou weer begin nou dat ek al die mense kry!!   Gelukkig sal die kos klaar gekook wees daai tyd.   Dit is die tyd wat ons sal eet, so dit moet warm gehou word.   Opwekker sal maar moet werk vandag.

Geniet julle dag in vrede en liefde.yes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/03/2019 - 07:07

Goeie môre Freda, Stephen en almal wat nog gaan kom groet, julle koet jule dag geniet. Ons trek al in die middel van Maartsurprise

Gaan vannaand potjie eet by die kinders, Quinton maak wildspot...lekker.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/03/2019 - 08:06

More Anton en Lolla, julle moet 'n awsome dag hê. 

Wonder waar is Freda en Stephen, sien hulle is aan lyn?

Goeie môre ook aan aan Nickvr, baie welkom op DIE forum, hoop ons kan baie van mekaar leer en lekker saam gesêls👍

0
Uitenhage

neelsec

Sat, 16/03/2019 - 08:54

Ons Maandag hier by Yellowsands in die reen aangekom die dae het beter geword,ons het vandag hier n lieflike warm dag 

Geniet die Saterdag

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 16/03/2019 - 09:38

Môre almal.   Ja, Johann, ek het vanoggend ingeskakel maar toe arriveer my bediende voor ek kon groet.   Die fandamily het lekker gekuier en geëet gister.   Ek het nogal gisteraand my 70 jaar gevoel en was redelik vroeg doodmoeg en in die bed.   Om vir 15 mense te kook is nie grappies nie, ek dink dit was die laaste keer.laugh

Geniet dit daar by Yellowsands, Neels.   Waarheen volgende?

Nouja, geniet julle Saterdag en die res van die naweek.   Hoop almal se rugbyspanne wen die naweek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus