Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion

Voortrekker

Mon, 11/03/2019 - 06:53

Goeiemôre almal!    Julle moet 'n lekker week hé!smiley

Len dit is baie goeie nuus! yes

Stoffel klink my iemand het weer by julle substasie nonsens aangejaag? frown

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 11/03/2019 - 07:03

More almal welkom terug innie land van melk en heuning Anton , danbaar dit gaan goed daar Len mag dit reen Abba Vader waar dit so nodig is lekke dag vir almal vrede

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 11/03/2019 - 07:22

Goeie môre kampforum, geniet die eerste dag van die nuwe week, mag dit reen waar dit nodig is.

Ons gaan vandag glo reen kry, lyk darem so, dit is lekker toe getrek en die lug voel reg vir reen.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 11/03/2019 - 07:32

Sterkte daar met die herstel proses daar by julle oom Len.

Geniet julle dag en week en wees veilig

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 11/03/2019 - 08:33

Dit lyk my ek moet eers 'n klomp van dié gee vanoggend:

yesyesyesyesyes

Dit is vir Len se vrou, Lapskag en die lieflike reën wat hier onder in die land geval het.  Ons het gisteraand heerlike harde reën gehad.  Toe ek vanoggend gaan stap, was die wêreld vol poele water.

Ek hoop dit is 'n goeie week vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/03/2019 - 09:19

Goeie môre kampvriende ! (en dis 'n baie goeie môre vanoggend).

Ek het verlede nag met iemand agter my rug geslaap, selfs al is sy 'n pasiënt  ! En ons het lieflike reën gisteraand en vanoggend gehad - 32mm om presies te wees.  My drie watertenks (7200 liter) is propvol en die swembad kan ook nie meer vat nie.  En die munisipale water-stopkraan is nou bottoe gedraai  -  ons behoort maklik vir langer as 'n maand sonder munisipale water klaar te kom.  Nou kan ek die vuil Exclusive behoorlik was en ook die twee karre se wiele mooi blink kry.

'n Maandag se blou was nog nooit so mooi nie !

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 11/03/2019 - 09:30

Môre Len, bly om van al jou geluk te hoor.   Ek wonder watter een was nou die lekkerste, liefie agter jou blad of die reën?laugh  OK, ek glo dit is 'n kombinasie van die twee...

Colin het nou weer die reënmeter gaan leeg maak.   49mm sedert Donderdagaand hier by ons huis en die opvanggebied in Langkloof het lieflike reën gehad.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 11/03/2019 - 11:28

Ek sien die Kapenaars mag nou weer tuin natmaak.   Hopelik breek so dag vir die Baai ook aan.  Ek het al so lus om bietjie blomme te plant.   

By the way, vandag 8 jaar gelede, was die verskriklike tsunami in Japan.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 11/03/2019 - 20:11

Naand sê Kampforum.

Het weer 'n besige dag gehad met die kwas.  Hulle het ook vanmiddag die blinders kom vervang, Dankie aan King Price.

Geniet jou aand in vrede.

0
Centurion

Dusty

Tue, 12/03/2019 - 03:31

Goeie more almal.

Anton, die geverwery hou hom uit die kwaad.

Ons krag is alweer af. Ons het krag vir 6 ure aan en 6 ure af totdat hulle die fout kan opspoor. Huidiglik word die krag gedeel. Wanneer sekere gedeeltes aan is dan is die ander gedeeltes weer af. So word ons beurtkrag bepaal

Lekker dag vir elkeen.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 12/03/2019 - 06:42

Môre almal.   Môre Herman, ek sien jy is aanlyn.  Jy is bietjie stil die laaste tyd?   Ook Arie kan gerus weer kom gesig wys.

Vrydag is die dag wat al die broers en susters my onlangse 70ste verjaarsdag kom vier.  Ek is een van daai ouens wat dae voor die tyd begin regmaak en voorberei.   Vandag nog bestanddele aanskaf, môre begin ek die tafels dek en eetgerei en bakke regkry. Beetslaai is klaar gemaak, Donderdag kook ek die rys en begin met beesstert.  Vrydagoggend kook ek klaar.   Op my spyskaart is beesstert met aartappel in, hoender (wat Ingelsman op weber gaan doen), rys, pampoen, groenbone en beetslaai.   Twee van my susters sorg vir nagereg.   Ek sien baie uit daarna dat ons almal weer saam gaan wees, die eerste keer sedert September 2017.

Dit lyk of die reën eers verby is by ons, maar die Baai het lekker nat geword.  Ons gras in die kompleks lyk sommer klaar groener.   

Geniet julle dag terdeë!!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 12/03/2019 - 07:10

Lekker koel en nat by ons.

Geniet julle dag en wees veilig

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus