Die Steyr Puch voertuie is sekerlik die mees doeltreffende 4x4 van almal.
Ek het die voorreg gehad om twee van hulle modelle op 'n 4x4 chalenge te toets so paar jaar gelede.
Ek het heelwat ondervinding van die Unimog, maar in my opinie oortref die Steyr hom by verre. ek het nog nooit voorheen of na dit so lekker gespeel op 'n 4x4 roete nie, daai goed is ogelooflik beweegbaar, en die kleintjie is lekker lig, sy raak enige hindernis baas. So lig dat sou jy dom genoeg wees om vas te val kan jy haar sommer optel of uitlig.
Steyr was die hoof voertuie van die switerse weermag, oorspronklik gebou deur Steyr - Daimler, later jare in Surrey UK onder lisensie gebou todat Magna [ook 'n onbekende motor fabrikaat] hulle uitgekoop het.
Die baba van Steyr se 4x4's is die Halflinger, 'n halfton 600cc motor op die agteras gemonteer. die motorkie mag dalk klein wees maar die ratverhoudings is van so aard dat sy enige helling kan klim, die gewig teenoor krag ratio is ook dan baie goed. Baie eenvoudige ontwerp, en mens kan alles bykom in die geval as iets so breek.
Nog so paar
Die rooi enetjie hierbo is die heel lekkerste speelding ooit, lekker uitsig orals, en vrek lig!
Nog so paar
Foto bo kan mens sien hoe lekker skerp aankoms hoek die voertuig het.
Onder 'n foto van die baie eenvoudig onderstel. 'n Droom vir die "Backyard mechanic"
Die groot boet
Ouboet of dan die Pizgauer is 'n 2.5 ton voertuig, kan 3 ton sleep en was meestal as troepe draer gebruik. Dit beskik oor 'n 2.5 lit diesel motor en is beskikbaar in 4x4 en ook 6x6.
die voertuig beskik oor ongelooflike lang "Suspension travel" vir die groote voertuig, op die dubbel as [6x6] kan die twee agterse wielle tot 500 mm hoog van mekaar verskil! die voertuig het ewenaar sluit op al drie ewenaars en ook op die 'transfer box" die heel agterste as kan ook heeltemaal 'los gemaak word and dan ry sy soos 'n 4x4.
Dankie....................
..................Arie, waar het jy ondervinding van die Unimog opgedoen ? As ek my nie misgis nie, is die Unimog sedert my laerskooldae in die 50's in die Mercedes-stal, tot vandag toe.
Len ja die Mogs is sesen was…
Len ja die Mogs is sesen was nog altyd Mercedes sover my kennis strek. Lekker voertuig maar in my opinie nie in die selfde klas as Steyr nie?
Ek het op n stadium 4x4 kursusse aangebied en op die extreme kursus het ons Unimogs gebruik.
Arie, ek ken glad nie die…
Arie, ek ken glad nie die voertuig nie, (waarna jy verwys) maar die Unimog het ons in die bosse (grens) mee gery, daai ding kon "bundu bashing" doen soos geen ander voertuig nie.
Baie oulik. Gewig speel…
Baie oulik.
Gewig speel beslis n groot rol. Om die rede dat baie Suzuki's Jimny's en SJ's so goed doen offroad.
Onthou jare terug met my baie swaer Landrover Defender hoe hulle my op baie plekke ore aan gesit het.
Ek het altyd so bietjie meer momentum as hulle nodig gehad.
Moet erken het ondervind dat my Suzuki Vitara SWB, ook baie lig en kort, op meer plekke as my or LR kan beweeg. Veral oor hy SWB is. Het net baie minder pakplek, veral met alles wat Yvonne gewoonlik wil saam wil vat. ![]()
Harry, soos jy noem gewig is…
Harry, soos jy noem gewig is 'n groot drawback, daai Jimney en die ouer SJ was top off road voertuie gewees, self daai Russiese ding kan nou nie lekker die naam onthou nie dink was 'n Nava of Ladia of so iets, ook lekker die hindernisse hanteer.
Johann ja daai Unimog is gif, min wat hom stop, maar ek het altwee op die selde baan getoets en in my opinie is die Steyr net daai ietwat beter.
Die groot voordeel is die grondvry hoogte die Unimog en die Steyr se as sit heelwat hoger as die sentre [hub] van die wiel, die as draai 'n rat wat op sy beurt weer op 'n rat op die wiel werk.
Meeste 4x4 se grondvry hoogte is beperk tot die hoogte van die ewenaar [dif] dit help nie vreeslik om die suspensie te lig nie, grondvry hoogte bly dieselfde,al wat werklik verbeter is die "Aproach en Depart Angle". Dit is waar die Mogg en die Steyr 'n hengse voordeel het, die grondvry hoogte is sommer baie beter as die gewone 4x4.
Die Steyr halflinger is ontsettend lig, seker omtrent die helfte van 'n Jimney, dit maak hom 'n bielie in die bos. Die Mogg is nogals 'n lekker swaar voertuig, en geneig om lomp te wees?
Afgesien van alles is daai Halflinger vir my 'n vreeslike mooi voertuig, maar ja ek weet smaak verskil?
Daai Unimog
Die unimog is n legend in 3 SAI gewees Arie ek ken nie die 6 wiel voertuig wat jy na verwys nie maar ek dink jy ry ooral met hom
Arrie, daar staan so een in…
Arrie, daar staan so een in Boksburg.
Ek het ook noudie dag 'n…
Ek het ook noudie dag 'n klein Steyr in Lyttelton voor oue tehuis gesien staan. Die Unimog se diff is baie hoër as 'n normale 4 x 4, want hy is verander by die hubs. Dit lyk of hy "off centre" is waar hy by die wiele vas geheg is.
Leeu ja die dif sit baie…
Leeu ja die dif sit baie hoër dit werk mwt ń rat af na die wiel. Die Steyr se aandrywing werk dieselfde. Dit is wat die Uninog en Steyr so uniek maak. Dit gee n baie groot vryhoogte.
Baie mense verwar die twee omdat Steyr oorspronklik deur Daimler Steyr gebou was, hulle verwar dit met Daimler Benz.
Egter twee heeltemaal afsonderlike fabrikante. Unimog ken jy dadelik aan die groot driepunt ster Steyr sal jy dadelik uitken op ń 4x4 baan waar hy stof in die Unimog se oë skop.
Daar is nogal heelwat Halflingers in SA beskikbaar die Pisgauer is egter baie skaars en ek weet net van 2 6x6 Pisgauers in SA.
Die ouens wat een het bewaar dit soos goud.
Unimog is gereedelik beskikbaar en jy kan ń ouerige model vir so R150 000 optel. Soos ek al genoem het lekker voertuig maar baie lomp.
Die Gelandewage is in my opinie heeltemaal overated. Steyr bou ook iets soortgelyk as ń Gelandewagen maar ek het nog nooit een bestuur nie dus kan ek glad nie ń ipinie lig nie.
die dif sit baie hoër dit…
die dif sit baie hoër dit werk mwt ń rat af na die wiel
As ek reg onthou het die Samil 20 ook so gewerk. As ek weereens reg onthou word dit 'n reduction hub genoem.
Die Gelandewage is in my opinie heeltemaal overated
Die Gelandewagen (of Kalenderwagen soos baie mense dit noem
) het wel 'n hele aantal baie slim ontwerp elemente wat dit baie beter as die ander kommersieel beskikbare 4x4 voertuie maak, maar dit is belaglik duur en die ouer modelle was vrek swaar op brandstof (ek weet nie van die nuweres nie).
Vir alledaagse gebruik en Botswana se sand en die meeste 4x4 roetes kan 'n standaard 4x4 bakkie jou enige plek kry as jy iets weet van hoe om dit te gebruik en moeite doen om uit te klim en te beplan in plaas van net laestrek gooi en ry. Die groot oorhang voor en agter gaan jou dalk bietjie skade op die hals haal, maar ek is lankal verby die "kyk hoe ver kan ek die voertuig druk" fase en wil net kom waar ek wil wees sonder om te sukkel.
Soos n omie eendag vertel…
Soos n omie eendag vertel van al die ewenaar slotte. " My ou maat, begin jy sukkel sluit jy die middelste diff , soos dit nog moeliker raak, die agterste diff, dan vir n laaste stukkie hoop, sluit jy die voordiff ook. As jy nou vas sit, is jy heeltemal in jou moer my ou maat"
Die Puch is n oulike ryding gewees op sy tyd vir militere gebruik, Selfde met ou Unimogs. Maar vir normale gebruik darem net hopeloos te stadig, 80km/h flat out, gaan my mal maak. Die Brabus Unimog met v8 enjin sal n glimlag op my bakkies sit, net effe te duur.
Daai as wat bo die hub van…
Daai as wat bo die hub van die wiel sit word genoem 'n "Portal Axle" genoem.
Ek ken die Sammels glad nie, g'n idee hoe werk hul aste nie, so ek sal my nie daar uitlaat nie. Nog nooit een bestuur of van naby bekyk nie.
Fotos van Portal axle So lyk…
Fotos van Portal axle
Nog 'n prentjie
SAMIL20 was op Unimog onderstel gebou
Ek ken die Sammels glad nie

Hier onder is spesifikasies van die Mk1 en twee skakels met meer inligting. Daar was 'n 20, 50 en 100 model wat in Roslyn gebou is toe sanksies gekeer het dat ons militere voertuie kon invoer.
Samil 20 Mk1 - Specifications
Dimensions
Overall Length: 5 692mm
Overall Width: 2 438mm
Overall Height: 2 820mm
Wheelbase: 2 900mm
Ground Clearance: 470mm
Engine
Make: Deutz
Model: F6L913
Type: Air Cooled - 6 Cylinder diesel
Displacement: 6 128 cc
Maximum Power (DIN): 94Kw @ 2 800 Rpm
Maximum Torque (DIN): 375 Nm @ 1 500 Rpm
Transmission
Make: ZF S5-35-3
Type: 5 Speed synchromesh
Transfer Box
Make: ZF Z65
Type: High & Low range - Differential lock
Axles
Make
Hypoid
Front
Full loating, double reduction - Ratio 2.92:1
Rear
Full loating, double reduction - Ratio 2.92:1
Differential lock front and rear
Masses
Tare: 5 500kg
GVM: 7 700kg
D/T: 14 400kg
Payload - Max: 3 120kg
Payload - Min (Off road): 2 000kg
Brakes
Dual hydraulic / air system
Exhaust brake
Suspension
Front and rear - Semi-elliptical leaf spring
Shock absorbers front & rear
Drive
Permanent 4x4
Road Wheels and Tyres
Tyres: 14.50 R20 12 Ply Mil Pattern
Tube: 14.50-20
Steering System
Steering type: ZF 8065 - Ratio 25:1
Key Features
Permanent 4-wheel drive - 2 ton off-road playload - "Diff Lock" on Transfer Box & both 460mm ground clearance - proven under combat conditions
Applications
Art FCP
Battery Charger
Lappiespomp
Office
Personnel / Cargo
Service Truck (LAD)
Tels Repair






Steyr Puch Halflinger
Ek kry nou weer net een foto op 'n slag gelaai??