Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/03/2019 - 07:50

Goeie môre almal, heerlike dag vir julle. 

Ons is veilig hier by Eastco , so 11:30 hier gestop gister, en die kleintjies het alle rigtings in gespat, ek moes die voltent, met add-a-room op sit, want maaitjies het saam gekom.

Hennie, ons staan op no 25,ek het 'n keuse van staanplekke grkry, maar 25 was vir my die lekkrrste

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 25/03/2019 - 09:13

Toe ons gister by Pine Lodge kom, toe staan daar 'n ten volle opgeslaande karavaan op ons staanplek (21).  Die mense is nie daar nie, ook nie 'n voertuig nie.  Die rekords wys daar moet niemand staan nie.   D.m.v. die karavaan se registrasienommer spoor hul die eienaar op.  Hy was bespreek op nommer 20 maar het op 21 opgeslaan.  Lekker né?   Hulle is in Addo Olifantpark vir die dag en sal eers 8 uur gisteraand terug wees.   Ons wil nie 20 hê nie, vir 'n hele paar redes en daar is ook nie iets anders redelik naby die ablusies beskikbaar nie.  Die oord sê vir die mense hulle gaan hulle vanoggend help om te skuif na nommer 20 en ons gaan dan vandag in.   Toe kom ons terug huis toe.   Na 'n nag se slaap het ons vanoggend gebel en gesê hulle moet tog maar die mense daar los en ons sal dan ingaan op hul vertrekdatum.   So ons gaan nou Donderdag in vir 7 nagte.

Ek sal maar eerder nie vertel hoe die dinges in ons was nie!    Wat help dit in elk geval?  Op die ou einde moet jy maar die beste maak en dalk is daar 'n rede voor?

Boonop is dit veronderstel om baie te reën vandag, wat die geskuiwery moeilik sou maak.  Nou hoop ons dit reën darem wel.   Lekker dag vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/03/2019 - 09:33

Ai tog Antie!   Nou wat is dat julle so getuister word met slegte kampverwante gebeurtenisse.  Ek is seker daardie mense het sommer self die besluit gemaak om op 21 staan te maak vir hulle eie gerief en het seker gedink niemand anders gaan daar staan nie?    Ek het ook al gesien hoe mense sommer self 'n ander staanplek beset omdat die een wat oorspronklik aan hulle toegeken was te vêr van die ablusie was ...   Selfs met 'n staanplek nommer wat die ou in die gesig staar! smiley

Wel, ek glo daar is 'n rede en dat julle nog lekkerderder gaan kamp asgevolg van die wag, maar ek sou ook woedend gewees het!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/03/2019 - 09:37

Freda, hier het ek dieselfde probleem gehad, was op no 3 bespreek, Pzazz vol op geslaan op ons plek, maar daar is baie ander plek om van te kies. So ons het op 25 besluit.

 

0

Môre almal. 

Ai Antie F, jy is verseker 'n beter mens as ek.  Dit is wragtig waar uiters arrogant en selfsugtig van daai menseangry.......klomp "bokse" .......

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/03/2019 - 09:51

Môre sê Kampforum.

Ek hou ook nie daarvan nie, dit is die tyd wat ek ook ander persoonlikheid kry as iemand op my staanplek staan.  sad

Geniet jou dag in verde.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 25/03/2019 - 12:23

He-he, ja Voories, so gooi die verskillende soort ape ons kampplanne deurmekaar.laugh   

Ons pak die 4de op en gaan die 7de na Willows.  Ek wonder of daar ook iets sal gebeur dat ons die eerste aand alweer by die huis moet slaap?surprise

In elk geval, die son skyn helder hier by ons, geen teken van al die reën wat sou kom.

0
Uitenhage

neelsec

Mon, 25/03/2019 - 12:57

Ons was gister uit vir dag met terug koms staan daar n boswa reg voor my ek het nogal die staanplek gekies om see uitsig te he ,daar waar hy staan gemaak het is nie plot nie ,maar met die klein uitsig oor geniet ons dit nog steeds hier

Ek moes verlede jaar skuuf vanaf die een plot na ander omdat die waarop  ekgestaan het bespreek was  maar toe leeg gestaan het vir die volle tydperk ek daar was

So die dinge gebeur maar kamp sal ons kamp bly maar lekker

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/03/2019 - 12:59

Hallo Neels.  Stuur 'n fototjie asb.    Jy kan dit na my toe whatsapp ook dan plaas ek dit namens jou.  082 555 7146 smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus