Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -21 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Vaalpark

Johann L

Thu, 28/03/2019 - 20:21

Ek dink dat dinge nou bietjie stil gaan raak met die winter op hande, daar is twee nuwe onderwerpe om na te loer,  hoop dit trek bietjie gesêlsskap. 

Mens moet maar geduldig wees,  baie mense hou ook nou vakansie, as ek dit reg het, begin die skole Dinsdag, dan kan ons weer lekker uit sien na die stories.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/04/2019 - 08:55

Situasie steeds onveranderd  -  geselskap maar skaars.  En nou is dit nog naweek ook.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 05/04/2019 - 11:35

Hier gaan waaragtig niks aan nie. Soos ek nou hier tik sien ek daar is darem twaalf mense aanlyn. Maar lyk my niemand het niks te sê nie.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 05/04/2019 - 13:38

Ons sê maar so min as moontlik vir so lank as moontlik. Maand einde met kwartaal einde is nie altyd maklik as jy oor verskillende tyd sones moet werk nie. Wat jy vandag mis kan jy eers more weer opvang want daai mense is klaar huistoe.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 09/04/2019 - 19:16

Ek het al probeer saam gesels en gedink dit is oor die onderwerp of in die lyn van die onderwerp, dan kla mense ek Kaap die draad of die onderwerp cheeky​​​​​​. Dan vee ek maar uit of hou my bek.

Wou maar net saam gesels, sodat daar lewe is op die forum. 

Dink as mens nie suiwer praat nie, moet mens maar seker eerder stilbly. Die gevoel wat ek kry.

Die forum is iets op sy eie. Sal seker nooit n ou Weg sleep wees nie. Ook nie die doel gewees nie, om n Weg sleep te wees nie. devil

Gelukkig was ek ook nooit hier om gewild te wees onder ander lede nie. Net om deel te wees en te leer uit ander se ondervinding. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/04/2019 - 19:51

...................moenie alleen voel nie, ek het al alle onderwerpe onder die son probeer, maar net hier en daar 'n reaksie uit ordentlikheid van die ou getroues gekry.

Ek verstaan nie, dis mos 'n gesels forum hierdie,  maar bitter min mense is lus om saam te gesels, veral oor kampsake.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/04/2019 - 15:39

..............ek is self onkant gevang met die lekker geselsies vandag !

"Die Tannie" se rug kom redelik mooi aan  -  ongelukkig sukkel die wond om gesond te word (sy is 'n diabeet en dan lol dit gewoonlik) en die sny is besig om oop te trek.  Was vanoggend by die dokter en 'n nuwe soort pleister sal nou help om die wond-wande bymekaar te hou. Ek het duct-tape aanbeveel, maar die dokter sê toe liewer nie !  Maar die eintlike probleem met die lae rugwerwel is gewen.  Dankie vir jou belangstelling.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 10/04/2019 - 16:34

Hennie, het daar gaan lees, nou water my mond behoorlik, ai as ek tog net so 10 jaar jonger was en 'n bietjie stewiger bankrekening........

Man mag maar droom ne!?

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 12/04/2019 - 05:56

Ek stem Arie. Daai was 'n ander era van motorfietse wat ingeskop het. 

Kawasaki het met die Eddie Lawson replica uitgekom. Honda het die 1100 RC uitgebring. Suzuki natuurlik die hele Katana reeks. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus