Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -21 minutes ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -1 hour ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -8 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago

Bennie Boekwurm/s

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums
Net vir interesantheid. Is hier enige boekwurms onder ons, wat lees julle graag? Audio boeke val ook in die onderwerp.
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 30/04/2019 - 08:53

Ek hou van lees.  Ek lees graag die Bybel en ook filosofiese skrywe en opologetiek.  My Bybel lees is beperk tot so 30 minute per dag en die ander goed sal ek lees soos ek nuuskierig of geboei voel.  Ek was nog nooit 'n aanhanger van fiksie nie - dit is waarvoor flieks daar is smiley

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 30/04/2019 - 11:45

Jy kry nie trappe van vergelyking vir boekwurm nie maar as daar was sou ek "mees boekwurmste" gewees het.   Ek lees baie boeke, dik "best sellers", maklik twee 'n week.   Ek sal eerder lees as om lank TV te kyk, of selfs 'n fliek.  Ek sal nooit 'n digitale boek geniet nie, moet fisies 'n boek vashou en verkieslik lees ek terwyl ek op die bed lê.   Ek lees net Engelse boeke en meestal spanningsverhale, speurdramas, hofdramas, moordstories (whodunit).   Ek geniet ook outobiografieë van bekende mense.     Eintlik hou ek van enige goeie storie en die skryfstyl van die skrywer het baie daarmee te doen of ek 'n boek lees of los.  

Een ding wat my baie gehelp het toe ek nou ophou rook het, was my boeke.   Ek was nooit gewoond daaraan om te lees terwyl ek lees nie, so as ek lus raak vir rook, dan vat ek 'n boek en lees!laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/04/2019 - 15:02

Ons is altwee boekwurms, Von sit selde n boek neer as sy begin het, en lees baie vinnig.  Soos Freda, al die speurstories en sulke boeke. Self lees ek selde fiksie, maar geniet n Cussler vir ontspanning.

Nou net klaar met Sapiens, a brief history of humankind.  Dit was nogal moelik op die van begin tot einde te lees, Harari verloor my gereeld langs die pad, maar dit gaan maar so met die tipe boeke. Dink nie Voortrekker sal die boek geniet nie, te veel teenstrydigheid met geloof.

Ek het n heel paar boeke oor Suid Afrika, van die dae voor kolonialisering, maw van die inheemse volke, boereoorlog, van die karakters, Paul Kruget, Deneys Reitz. Lees ook graag Olive Schreiner, het eintlik als al gelees,  so ook Eugene Marais se werk. n Boek wat my altyd bybly is Covenant van James Michener, regtig n goeie weergawe van ons land se geskiedenis tot so 40 jaar gelede.

Ons is lede van die biblioteek hier op Oudtshoorn.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 30/04/2019 - 15:14

Met lees val ek my self stukkend uit die boom.  Dink ek het baie lank terug net een boek kon klaar lees. (Wilber Smith in Afrikaans)

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 30/04/2019 - 16:54

Herman praat nou van die biblioteek.  Baie jare terug  het ek ook boeke by die biblioteek gekry.   Nou weet ek nie eers of ons biblioteke nog die moeite werd is om na te gaan nie.  Ek moet tog eendag gaan kyk en sien wat nou daar aangaan.   Daardie tyd moes ek ook die kinders help om in die biblioteek navorsing te doen en inligting te kry vir take.   Die biblioteek het afskrifte van die bladsye vir ons gemaak, min gekos.

Ek kry al my boeke by 'n boeke "swop shop".  Jy kry krediet vir die boeke wat jy terugneem en dit kos relatief goedkoop per boek.  Ek koop so 7 - 10 op 'n slag.   Ek lees nie altyd almal wat ek koop nie.  As ek nie van 'n boek hou nie, lees ek nie verder nie.

Oe, nee, Herman.  Ek sal maar eerder saam Vonnie lees.  Daai boeke van jou klink meer na werk as ontspanning.laugh

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 30/04/2019 - 18:46

Lees nie baie nie maar Bybel eerste en dan Wegry/Sleep tydskrifte 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 30/04/2019 - 19:48

Doen ook soos Shaun en dan ook nog JT Edson en Louis L'AMour boeke. Ny dogter se vriendin het haar pa se boeke gekry en ek het dit almal gelees. Dit was so 80 JT Edson boeke.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 01/05/2019 - 18:54

Ek is baie lief vir lees, veral hardop-lees. Gevolglik lees ek en Ralie 'n boek gesamentlik - ek lees en sy luister. Soos nou met ons vakansie het ons etlike boeke saamgebring wat ons gesamentlik lees.

Ek sou wat wou gee om boeke vir blindes (bandhulp) voor te lees, maar ons bly in die platteland en vir daardie doel benodig hul jou dienste by ateljees.

Ek het so 'n mate van 'n drama-streep in my weg. Ek wou aanvanklik na skool drama gaan swot, maar het om een of ander rede dit nie gedoen (en eerder gaan leer vir wynmaker, wat ek buitendien nooit geword het nie). Ek was egter betrokke by amateut-toneel - wat ek baie geniet het.

Ek poog werklik om (selfs net vir my en Ralie) voorlesing op 'n "professionele" wyse te doen.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 02/05/2019 - 09:48

My wêreld, Chris.  Ek is glad nie verbaas om dit te hoor dat jy mooi kan voorlees nie.  Jy kan mooi vertel en skryf ook.yes

Nou wat gebeur as jy nog wil lees en Ralie wil slaap, of andersom, Ralie wil nog luister en jy wil slaap?laugh

0

Ek is baie bly dat ek nie die enigste leesaholic is nie. Deesdae doen ek die audio boeke wat ek lekker luister as ek in die middae huistoe ry en ook as ek sit en wag dat die seuns klaar rugby oefen.

Die audio boeke kan die langpad van Kaap tot Gauteng nogal aangenaam maak.

Huidiglik besig met die Courtney reeks van Wilber Smith en het gister die laaste boek in die reeks begin luister.

Ek glo daarin dat lees jou algemene kennis n geweldige hupstoot gee en dat jou brein gestimuleer word daardeur.

Wens net dat ek die tweeling sover kan kry om te lees!!

Lekker lees en luister.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 02/05/2019 - 11:52

Ek lees veel eerder as om TV te kyk. Voor ons kinders gehad het, het ek en my vrou altyd tydens die warm ure van die dag in natuur reservate en nasionale parke gelees. Dis die heerlikste ontspanning. Aangesien ek nou twee kleuters het is my leestyd beperk tot op die pot en voor ek gaan slaap in die aand maar ek geniet dit steeds. 

Ek lees nie sommer nie-fiksie nie, daarvoor is die lewe te ernstig. As ek lees wil ek ontspan, nie werk nie. Vir ander wat lief is vir misdaadromans, hier is 'n paar lekker skrywers (ek sluit net twee Engelses in - daar is deesdae baie goeie Afrikaanse skrywers. Probeer hulle gerus Tannie Freda):

Harlan Coben

Jo Nesbo

Madelein Rust

Deon Meyer (natuurlik, maar lees gerus Koors as jy nog nie het nie. Dit is een van my gunsteling boeke ooit)

Steve Hofmeyr (vergeet heeltemal van wie hy is en wat hy gewoonlik doen - hy het 'n paar baie goeie novelle/romans geskryf)

Paul C Venter

Karin Brynard

Chris Karsten

Ek geniet ook satires en Ben Elton en Carl Hiaasen het klomp lekker boeke geskryf.

Ek verkies ook my boeke van papier en koop ook by tweede handse boekwinkels maar ons biblioteek in Worcester het nogal lekker boeke. Moenie jou plaaslike biblioteek afskryf nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 02/05/2019 - 12:36

Dankie, Wildehont, ek moet bietjie kyk na daai Afrikaanse lys van jou.   Ek sal daarvan hou om 'n boek van Steve te lees.  Dis nie dat ek nie Afrikaans wil lees nie, dis net, vroeër jare was dit mos net soetsappige liefdesverhale.  Die held en heldin hou niks van mekaar nie, sit heeltyd vas maar eintlik weet jy van die begin af hulle is eintlik verlief op mekaar en gaan op die ou end trou.laugh   En hoor hier, in my jonger dae was ek versot op die stories.   Tot ek Engelse boeke ontdek het in die biblioteek.  Ek besef egter daar is baie uitstekende Afrikaanse skrywers.  Hul boeke is net nie beskikbaar by my swop shop nie en om al die boeke wat ek lees, nuut te gaan koop, gaan my 'n plaas se geld kos.

Frikadel, dis jammer dat vandag se kinders net eenvoudig te veel ander opsies het.   Ek kry hul eintlik jammer dat hul nie die wonder van lees besef en ervaar nie.   Dit gee my oneindig plesier en hou my brein wakker en aan die lewe.

 

0

Ons hou van dieselfde skrywers. Ek het die hele reeks van Deon Meyer se boeke asook Karin Brynard alhoewel haar boeke neig om te uitgerek te raak.

Probeer gerus ook Rudie van Rensburg se boeke, puik, kannie besluit wie skryf die beste nie, hy of Meyer.

Ek lees ook net fiksie, die lewe is ernstig genoeg soos jy tereg opmerk.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 02/05/2019 - 15:59

Neef hoor van die lees vir ontspan. Weet nie wie ken Asterix en Obelix nie, almal seker 10 keer gelees-gekyk, maak my trane lag. Calvin en Hobbs, ongelooflike lekker lag avonture die twee. Op skool al die JT Edsons, Louis La Moure, al PJ Schoeman se boeke.  Heinz Konzalik, was oorle pa se boeke, moes hulle skelm lees, het so af en toe n juicy stukkie gehad.

Die "ernstige" boeke is nie n geval van studeer nie, ek lees oor spoorsny want ek bly op n plaas, en "lees" my veld. Plante, wat groei waar, is die veld gesond, onder druk, watter is medisinaal. En ek leer nie botaniese name spesifiek nie, party sal vassteek. Evolusie, het Darwin se boeke gelees, hoekom, omrede dit interesant is om die te verstaan waaroor dit gaan.

Neef sal ruiterlik erken dat daar boeke is wat ek probeer het, en na elke bladsy net so leè uitdrukking het as n babbelaas matroos. Steven Hawking se " Brief history in time" is n goeie voorbeeld. 

0
Centurion

Matroos21

Thu, 02/05/2019 - 18:53

Ek lees graag fiksie en dan en wan, nie-fiksie.   Op die oomblik besig met moord en roof stories op my tablet - nie Kindle nie.   Ek het begin met sowat 900 boeke beide fiksie en nie-fiksie en is nou af na 600+.     Shades of Grey trilogie is ook daar maar dit hou ek vir die oudag .wink

Asterix en Obelix se hele reeks het ek gehad.   Nou lees die kleinkinders dit maar ek twyfel of hulle die woordspeling verstaan of begryp.  Dis eintlik vir volwassenes se begrips vermoë geskryf.

Groete van die oom.

0
Centurion

Matroos21

Thu, 02/05/2019 - 20:18

Ons ry nie sonder dat Burger Cillie se Soogdiere van Suider Afrika, Van Wyk & Van Wyk se bome boeke en beide Sasol en Roberts se digitale voëlboeke ingepak is nie.   Die verkykers is dan ook nog 'n moet.  

Ons het verlede jaar vir twee kleinseuns elk 'n Soogdiere van Suider Afrika gekoop as geskenk en hierdie week vir kleinnig in Orlando (VSA) die Ingelse uitgawe wat sy in Julie sal ontvang - die Namibië ouma gaan kuier en SA se oom en tannie ry saam op die vliegmasjien.  Besoek gerus Briza Uitgewers op Google.   Die soogdiere boek is die moeite werd om te koop.  

Tannie Freda, biblioteke het maar agteruit geboer.  Is self 'n lid by ons plaaslike biblioteek maar die rakke vernuwe nie juis nie.  Deon Meyer, as voorbeeld, word maar (is) afgeskeep.  

Weer eens groete (vir nou) tot ek weer kom kyk wat hier aangaan. wink     

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 03/05/2019 - 15:05

As jong lat, tot so ongeveer 25, het ek elke Wilbur Smith boek gaan koop sodra dit beskikbaar was, werk druk het my lees liefde gekwyn.

Ek het elke Louis La'Mour boek ook op geraap, net voor ons weg is kaap toe, vat ek my vrou na haar gunsteling "book swop shop" toe, en daar lê paar Louis La'mour boeke en roep my.

Deon Meyer lees ek ook graag, en het Koors het ek twee keer gelees. Briljante boek.

My "cowboy" boeke het ek in die eerste week klaar gelees, slaan toe oor na my vrou se boeke van Linda La Plante, en trek nou by die vierde boek.

Elektroniese boeke kry ek nie gelees nie,  ek soek daai papier in my hande.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus