Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -51 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Gaan daar weer beurtkrag wees na 8 Mei?

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Die vraag moet dalk eerder wees; hoe lank na 8 Mei sal beurtkrag weer begin?

Die teorie is dat die ligte tans aangehou word deur aanhoudend baie duur diesel te verbrand by kragstasies wat eintlik net ten tye van nood gebruik moes word om die krag wat deur steenkool opgewek word aan te vul, en dit om nie die ANC se beeld (verder) te skaad voor die verkiesing nie. Indien dit waar is (en ek dink die kanse is goed) glo ek beurtkrag gaan sommer gou na die verkiesing weer begin. Waarskynlik sodra die eerste lekker koue vlaag weer as verskoning gebruik kan word. Wat dink julle?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 03/05/2019 - 20:32

My tuin hulp sê vandag vir my, "oom, die regering het mooi geleer by die apartheid regime,  net voor voting, hulle maak die pad skoon, die ligte brand weer, die potholes verdwyn, tot 'n week na die voting",  ek kon net saam stem.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/05/2019 - 08:27

Nee man Vorie, as mens nie kan lag nie moet jy huil. Ons ds het gister in sy preek genoem dat hy met sy swaer in Zim gepraat het. Die reken toe dat daar na die uitwerk van Mugabe baie hoop was dat Zim nou gaan regkom, maar intussen het daar 'n stil hopeloosheid ingekruip.

Dis maar baie dieselfde hier, alhoewel ek oneindig dankbaar is dat ons (vir nou) van Zuma ontslae is. Die vark het hierdie land en sy mense darem maar ver teruggevat en vreeslik besteel. Al die versoening wat gedoen is voor hy aan bewind gekom het moet van voor af begin.

Die ds se boodskap was egter dat ons (soos ons almal weet) nie moet hoop dat daar na Woensdag 'n nuwe regering gaan kom wat alles gaan regstel nie. Ons moet self hande vuilmaak en werk om dinge reg te stel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus