Die vraag moet dalk eerder wees; hoe lank na 8 Mei sal beurtkrag weer begin?
Die teorie is dat die ligte tans aangehou word deur aanhoudend baie duur diesel te verbrand by kragstasies wat eintlik net ten tye van nood gebruik moes word om die krag wat deur steenkool opgewek word aan te vul, en dit om nie die ANC se beeld (verder) te skaad voor die verkiesing nie. Indien dit waar is (en ek dink die kanse is goed) glo ek beurtkrag gaan sommer gou na die verkiesing weer begin. Waarskynlik sodra die eerste lekker koue vlaag weer as verskoning gebruik kan word. Wat dink julle?
My tuin hulp sê vandag vir…
My tuin hulp sê vandag vir my, "oom, die regering het mooi geleer by die apartheid regime, net voor voting, hulle maak die pad skoon, die ligte brand weer, die potholes verdwyn, tot 'n week na die voting", ek kon net saam stem.
Jammer dat ek jou kwaad…
Jammer dat ek jou kwaad gemaak en jou dag bederf het Wildehont ![]()
Nee man Vorie, as mens nie…
Nee man Vorie, as mens nie kan lag nie moet jy huil. Ons ds het gister in sy preek genoem dat hy met sy swaer in Zim gepraat het. Die reken toe dat daar na die uitwerk van Mugabe baie hoop was dat Zim nou gaan regkom, maar intussen het daar 'n stil hopeloosheid ingekruip.
Dis maar baie dieselfde hier, alhoewel ek oneindig dankbaar is dat ons (vir nou) van Zuma ontslae is. Die vark het hierdie land en sy mense darem maar ver teruggevat en vreeslik besteel. Al die versoening wat gedoen is voor hy aan bewind gekom het moet van voor af begin.
Die ds se boodskap was egter dat ons (soos ons almal weet) nie moet hoop dat daar na Woensdag 'n nuwe regering gaan kom wat alles gaan regstel nie. Ons moet self hande vuilmaak en werk om dinge reg te stel.





Ek vermoed jy mag dalk reg…
Ek vermoed jy mag dalk reg wees Windehont. Sodra die sirkus klaar is moet almal weer teruggaan huistoe na die werklikheid toe?