Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -3 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Dusty

Sat, 22/07/2017 - 07:00

Goeie more.

Klaar koffie en beskuit gehad. Nou gaan my Saterdagtakies begin.

Net eers gou my tuinvullis sak gaan leeg maak by die vullisbakke.

Freda geniet maar die ttd saam met familie van Johannesburg. Moet self saam met swaer vanaf Nelspruit later vanoggend na Randburg toe ry.

Lekker Saterdag vir almal

0
Centurion

Dusty

Mon, 24/07/2017 - 05:01

Goeie more almal,

Tee gemaak en besig om dit te drink. koffie masjien ook aan die gang.

Uitgespaar vir nog 'n dag. Geniet hom.

Len, baie geluk met jou verjaarsdag. Dit is 'n mylpaal om te behaal. Mag jy 'n lekker dag geniet en 'n geseende jaar vorentoe.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 24/07/2017 - 07:27

Ek hoop almal het 'n heerlike naweek gehad en is reg en gereed vir die nuwe week.  Hoop dit gaan 'n goeie een wees.

Dusty, ek hoop Len lees die Koffiedraad vanoggend, so ek sê ook, baie geluk Len.   Ek hoop jy het 'n wonderlike dag.   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/07/2017 - 07:47

Jip, ek is hier op die Blou-Maandag van my 70ste en gaan lekker paartie soos ander kultuurgroepe  -  sommer 'n week aanmekaar.  Vanoggend kom 'n klompie oues vandae 'n draai maak, vanaand kom al ons kinders en kleinkinders hier eet en Vrydagaand kom eet die oorblywende pelle wat nog in die tuig staan.

Baie dankie vir die gelukwensings en die beste wat ek julle kan toewens is, geniet 'n lekker dag almal !

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 24/07/2017 - 08:10

Len, jy verjaar al sedert julle die dag wildtuin toe vertrek het.   So, jy verjaar 'n maand lank.  Jy word omtrent bederf met jou groot sewentig!   Geniet die week.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/07/2017 - 08:22

Baie geluk Len, mag daar nog baie mooi jare voor wees saam met al jou geliefdes!

Uiteindelik is jy ook nou middeljarig?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/07/2017 - 08:46

More vir almal mag julle dag mooi loop.

 

Baie geluk met jou 70st verjaardag Len, mag dit 'n geseënde dag en jaar wees, geniet die bederf.

0
Centurion

Dusty

Tue, 25/07/2017 - 05:05

Goeie more almal,

Tee gemaak en koffie is aan die gang.

Uitgespaar vir nog 'n dag. Geniet hom

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 25/07/2017 - 07:58

Segekok, geniet dit daar by Ramsgate en Voortrekker, julle moet die Kaap geniet.   Ons het gister 'n lieflike sonskyndag gehad maar vanoggend trek donker wolke oor.   Dit voel of daar reën in die lug kan wees, maar ek glo nie dit gaan val nie.

Lekker dag vir almal.

0
Centurion

Dusty

Tue, 25/07/2017 - 11:24

Ek sien noudat Wegsleep en Wegry gekombineer het begin hulle weer by uitgawe 1.

Het iemand al die algemene kennis vrae gedoen. Het darem 4 uit 5 gekry

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/07/2017 - 15:31

Dagsê

Dusty, waar is dit ?

Ek het toe vandag vir Nardus en Marieta van Kamp-Mal ontmoet saam met Zigi.

0
Centurion

Dusty

Wed, 26/07/2017 - 04:40

Goeie more almal,

Sit klaar en tee drink. Kan hoor die koffiepot prut hier in my kantoor.

Sien soos wat ek vanoggend ry die temperatuur het baie gewissel. Eers was die 9°. Toe verander dit na 5°. toe weer 10° en by die kantoor is dit 7°.

Geniet die weekbreker - Woensdag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus