DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1185 views
Sit ek nou vir die eerste…
Sit ek nou vir die eerste keer vandag rustig met n koffietjie op my stoep. Het vanoggend vroeg die pad gevat Polokwane toe vir assessments by die coke plant.
Het ek ook die geleentheid gekry om oppad soontoe en terug by "Die Oog" 'n draai te gaan maak om my kolega op te laai (kuier by sy ouers op die aftree oord) Dit lyk heel aangenaam daar.
Inelkgeval, moenie dink en wonder of ek die forum verlaat het nie, ek is maar net deesdae baie op die pad met werk aan groot projekte. Volgende week heel mootlik Durban toe en ook Richardsbaai toe om na hulle munisipale water toevoer te gaan kyk.
Goeie more vir al die ore,…
Goeie more vir al die ore, ketel is op die kole, wie drink 'n koffietjie saam.
Voorie, sou jy Richards Baai…
Voorie, sou jy Richards Baai toe kom, laat weet asb.
Koos Mol is ook hier en ons sal jou graag wil ontmoet indien moontlik!?
Goeiemore
More almal. Dit gaan goed met my, dankie, en hoop om dieselfde van julle te hoor. ![]()
Dusty, wat sê die spesialis, my maat?
Lekker dag vir julle almal.
Aaaaahh, koffie kapitaal,…
Aaaaahh, koffie kapitaal, baie heerlik.
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Freda, kon nie by spesialis afspraak kry nie. Eerste opening is eers volgende maand.
Geseend, dinge het gedraai. Is al amper gesond. Voel sommer stukke beter. Gedra my maar stil.
Ek dink Sondagnag was die draaipunt.
Lekker dag vir elkeen
Goed so en bly om te hoor…
Goed so en bly om te hoor Dusty. Pas jouself maar op totdat jy 100% gesond is. Groete.
Voorie, sou jy Richards Baai…
Voorie, sou jy Richards Baai toe kom, laat weet asb.
Koos Mol is ook hier en ons sal jou graag wil ontmoet indien moontlik!?
Dit sal nou lekker wees!
Dusty! Ek is bly jy is…
Dusty! Ek is bly jy is beter!
Dusty, vertrou dit sal nou…
Dusty, vertrou dit sal nou vinnig beter gaan!
Beterskap Dusty, hoop jy is…
Beterskap Dusty, hoop jy is more oggend 100%
Goeiemore
Dusty, jy moet groet, my maat. Ek wil hoor dat jy op en wakker is.
Hier hang donker wolke bo ons vanoggend. Hou tog asseblief duimvas dat ons reën kry. Al loop die water ook deur ons tent, dit sal my nie pla nie. In die amper 5 maande wat ons kamp, het ons nog nie een keer ordentlike reën gekry nie. Nie 'n wonder die Weskaap en Ooskaap is so droog nie.
Goeie more. Die herstel is…
Goeie more. Die herstel is nou vinnig besig om te gebeur. Is nog rustig by die huis.
Is more weer terug op kantoor.
Freda ek glo en vertrou dat julle die nodige reen gaan kry.
Lekker dag vir almal.
Goeie more,…
Goeie more,
Is terug op kantoor en sit nou en tee drink. Daar is koffie in die pot ook
Lekker dag vir almal
Goeie more Dusty. Bly jy…
Goeie more Dusty. Bly jy is weer op die been. Lekker dag vir jou en almal!
More More…
More More
So 6 mm reen hier in die Baai geval laasnag, lekker rustig, net gehoor hoe die water by die geute uitspoel.
Darm ook windstil en wind het nie reen weg gewaai nie, voel ook darem nie so koud vanoggend soos gister oggend nie.
Lekker dag vir almal
More mense, dankie koffie…
More mense, dankie koffie was heerlik.
Mag julle dag mooi loop en almal die naweek gaan kamp.?
Goeiemore
Ek vertrou almal het lekker geslaap en sien uit na die dag. Vir die wat nog werk, dit is amper naweek.![]()
Dusty, ek is bly om te sien jy is weer gesond en op jou pos.
VW, hier by Willows het nie 'n druppel geval nie. Hier is donker wolke maar stukke blou lug en die son skyn. Die ligte windjie is koud. Daar word 'n koue naweek vir ons voorspel maar ek glo eintlik nie meer vir "hulle" nie. Al die reën wat "hulle" al vir ons voorspel het, kon nog net 'n klompie emmers vul. Ek sien die Baaienaars word aanmekaar gewaarsku om water te spaar, die damme loop erg leeg.
Goeie more Suid Afrika,…
Goeie more Suid Afrika,
Tee is gemaak en koffie klaar geprut.
Hierdie week het gevlieg. Sien daar is weer koue oppad alhoewel vandag nog nie te koud is nie
Freda sien hulle voorspel heelwat reen vir die naweek daar in julle kontrei. Glo dat julle lekker reen gaan kry
Geniet die dag en naweek





Goeiemore
Hoop almal het lekker geslaap. Hier by ons het die winter gister teruggekom. Die wind het laatmiddag erg tekere begin gaan en eers teen middernag gaan lê. (Colin slaap nooit rustig terwyl die wind waai nie). Die son skyn maar die windjie is koud vanoggend, voel of hy iewers van die sneeu af kom.
Dusty, sterkte met jou afspraak by die spesialis vandag. Hy gaan help dat daar verbetering kom.