DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
Goeie more almal. Goeie…
Goeie more almal. Goeie more Dusty, ek hoop jy het goed gerus en voel beter? - laat weet as jy hulp nodig het, dan kom maak ek persoonlik vir jou n lekker heuning teetjie vir die hoes.
Goeie more Anton en die res…
Goeie more Anton en die res.
Nog te lekker in die bed. Probeer maar om rustig te wees. Die meds begin nou inskop. Glo dat dit vandag beter sal gaan.
Dankie vir die aanbod. Vroulief het reeds daarvoor gesorg.
Lekker dag vir elkeen en geniet die naweek
Goeiemore
Vanoggend is ek weer donker uit die bed. Dit is nog steeds baie warm in die Baai. Ek was netnou buite en die lug is warm. Dit is vreemd vir hierdie tyd van die jaar.
Dusty, ek is bly om te hoor jy voel beter, maar onthou, jy het gisteroggend ook beter gevoel, toe gaan werk jy. En gistermiddag was jy terug in die bed. So, moet nou asseblief nie soos 'n tipiese man wees en dink jy is alweer gesond nie.![]()
Lekker dag en heerlike naweek vir almal.
Goeiemore
Ek sal maar groet op die Saterdagoggend. Wie drink al koffie?
Dit bly nog steeds warm in die Baai, voel soos somer.
Vir ons mense wat die sport geniet, nogal heelwat om te kyk vandag. Ek wonder wat die All Blacks vandag aan die Britse Leeus gaan doen. Interessante Superrugby wedstryde, die Proteas se krieket en die tennis. "Couch potatoes" vandag.
Wat julle ookal gaan doen, geniet dit en laat dit met julle geweldig goed gaan.![]()
5000
My oog vang nou huidiglik 4997 insette op die klok. Hier gaan 4998. Kom, wie gaan nommer 5000 opsit?
Mooi gedoen, Kampforum.
5001!…
5001!
Alhoewel die nommertjie nie heeltemaal reg is nie. Vir NIE lede is hy baie kleiner, want hulle kan nie AL die drade lees nie. Forum Lede sien 'n groter nommer, of die regte nommer. Freda, admin lede sien 'n nog groter nommer (die 5000 waarvan jy praat) want daar is die administratiewe drade en inligting wat ook bygetel word.
Dan, in vergelyking met ander forum platforms , tel hierdie platform nie die hoof onderwerp draad by nie - nog + 622 soos nou.
En... dan is daar nog die ongeveer 1500 afsonderlike insette wat ek met die hand oorgebring het van die 1ste platform af (onthou die hackers)
m.a.w. die inset teller moet eintlk amper op 7200 staan!
....en waar ek die tyd kry…
....en waar ek die tyd kry om al die bogenoemde te skryf weet ek regtig nie, ek het ander belangriker dinge om te doen, soos bv om persoonlike e-posse terug te antwoord.
Dit reën in Bela Bela
Dit reën in Bela Bela
In Centurion het daar n paar…
In Centurion het daar n paar fyn druppels geval.
Dit brand weer by ons!!
Tussen PE en Willows het vanmiddag 'n vuur begin. Tot so 90 minute gelede was dit ongeveer 3 km weg van ons af. Ons kon vanaf ons staanplek die vlamme di e lug sien opskiet en pikswart rook het oor die see getrek. Ons het gehoor hoe die brandweerwaens hier by Willows verbygaan. So 30 minute gelede het die vlamme verdwyn en die rook geleidelik minder geword.
Sjoe, ek was nogal benoud. Het tot my persoonlike goed en klere begin bymekaarmaak ingeval ons moes padgee. Ek hoop net dit begin nie weer nie.
Ek het vertroulik verneem…
Ek het vertroulik verneem dat hulle n paar mense met rooi oorpakke en petrol kannetjies in die omgewing gesien het?
Arie, gelukkig het hulle…
Arie, gelukkig het hulle seker daai ouens arresteer want ons het vuurloos geslaap laas nag.![]()
More almal, geniet hierdie Sondag.
Die kinders kom kuier vandag vir Ouma.
Goeie more Freda en die…
Goeie more Freda en die ander.
Geniet die rusdag. Dit is darem warmer as gister. Gister was dit onweer. Vandag skyn die son
Freda, geniet jou dag saam…
Freda, geniet jou dag saam met die kinders.
Dusty, ek hoop dit gaan al…
Dusty, ek hoop dit gaan al beter, sterkte met die bronchitus.
Johann, dankie maar gaan…
Johann, dankie maar gaan more probeer om long spesialis te sien. Dit wil nie verbeter nie.
Lekker aand
Dusty dit klink ernstig,…
Dusty dit klink ernstig, stetkte vir more, en laat weet wat se die spesialis.
Stoffel, sterkte man…
Stoffel, sterkte man.
Vertrou dat jy gou weer jou self sal wees?
Goeie more almal, koffie is…
Goeie more almal, koffie is lekker dankie.





Dusty, sterkte daar. …
Dusty, sterkte daar. lekker heuning tee. ons glo natuurlik aan 'n nebuliser en saline water vir hierdie tipe dinge.