Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Molle Oktober 2026 saam gesels Geert -1 minute ago
Rona... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -1 minute ago
Die terrein Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 minutes ago
glasskerwe Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Kompleet met agt x agt… Lag 'n slag Johann L -1 hour ago
Wessel?? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Pretoriuskop.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Nou ja, ek gaan my karavaan oor twee weke Pretoriuskop toe vat vir 'n heerlike bederf in die wildtuin, nou het ek twee vrae.

1. Waar kan ek naby die ingang oorslaap om daar in te gaan? 

2.Wat is die beste roete vanaf Nelspruit omgewing tot in Pretoriuskop? 

Ek het plek gekry vanaf Maandag 17, tot Sondag 23 Junie, my gedagte is dus, ek moet so na 12:00 in Pretoriuskop wees om die mense tyd te gee om uit te gaan na die lang naweek?

Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 09:41

Dit was, behalwe vir die nare ervaring bo genoem, 'n wonderlike kamp, as dit nie reeds vol was nie, het ek langer gebly. Ons het alle behalwe cheetah gesien.

Pretoriuskop
Ons was hier "gestrand"vir bykans 'n uur, die twee kalfies wat in die middel van die pad besluit het, hulle wil nou rus, met die trop wat alle toegang versper het om die kalfies te beskerm.

 Verby kom was onmoontlik, die petalje het hom op 'n drie rigting kruising af gespeel, met buffels wat al drie paaie geblok het,  met bedonderde gesigs uitdrukkings die voertuie weg gehou het. 'n Trop van so dertig plus,het wag gehou rondom die kawers wat gerus het, absoluut wonderlik om te ervaar.

Pret9
Moeders instink op sy beste, "waag dit om te naby my kind te kom, en jy sterf"

Olifante was redelik volop, maar dit hly 'n belewenis om te asnskou.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 09:47

Nog fotos:

Pretoriuskop
Ons het heelwat renosters gesien.

Elke keer wat ons een sien, dink jy onwillikeurig aan die ou grote wat met sy / haar lewe moes betaal vir 'n totaal onnodige verpesting wat geen gewete het nie.

Pretoriuskop
Adriaantjie was hoog in sy skik met Skukuza

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 09:55

Dankie sover Johann, baie bly julle het dit geniet en was gelukkig om baie wild te sien.  Pretoriuskop is 'n lieflike kamp, maar wild was in die verlede maar skaars  -  juis daarom is ek bly 'n verandering het ingetree en die wild was volop.

Ek is nuuskierig, het julle toe in en uit Numbi-hek oorweeg en indien wel, hoe het julle dié pad na Witrivier ervaar ?

Ons kort nog fotos van julle kampopset.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 11:16

Len,ja,ons het toe by Numbi hek in gegaan,  die pad was in albei rigtings (in en uit) stil, die probleem was daai ongemerkte spoed walle,  maar mens moet dit net baie rustig vat deur die dorp.

Een oggend, toe ek van die stort af terug stap wa toe, vang my oog iets vreemds agter by die sleep haak, stap toe nader, en met 'n skok sien ek die bout wat die haak met die verwyderbare deel in pkek hou, hang heeltemal los, net aan die laaste stukkie skroef draad,  dit sou nie 'n meter se ry hou nie.

Ons moes dadelik Melelaan toe om 'n "lognut'' en sluit pen gaan soek. Dit het my totaal omkant betrap, en op nuut laat besef noe belangrik dit is om ALLES gereeld na te gaan.

Nog fotos volg so deuf die dag

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 11:37

Dankie Johann, bly julle het probleemvry van Numbi gebruik gemaak.

Numbi was destyds die hoof-hek na die Kruger Wildtuin, nog voor die Kruger-hek en later die Phabeni-hek geopen is.  My werkgewer was in daardie jare nog Volkskas en ek was deel van die inspektoraat.  Volkskas het destyds 'n Skukuza-agentskap bedryf wat vanaf Witrivier bestuur is.  Daar is elke dag Skukuza toe gery en die middag weer terug, deur Numbi-hek.  My taak was daar in 1970 om die Skukuza-agentskap te oudit.  Dit was natuurlik 'n heerlike werkopdrag.  Ek wyk af, uit my kinderjare onthou ek hoe ons die grondpad Numbi-hek toe aangepak het om in die stikdonker voor die hek te wag om te open.

Numbi-hek het dus nog al die jare 'n nostalgiese verlange vir my.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 18:07

Nog fotos volg so deur die dag

Ek wag geduldig, Johann  -  dit staan al aand se kant toe ! 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 18:17

Johann, miskien is ek outyds (ek is mos al bejaard), maar ek vertrou nie daardie verwyderbare sleephaak nie.  Ek weet feitlik all nuwe voertuie kom standaard daarmee uit, maar gelukkig het my Pathfinder nog die outydse Bosal trekstang wat permanent vas is. Maar selfs hierdie trekstasnge is met boute aan die onderstel geheg en verg gereelde inspeksies om seker te maak 'n bout of sy moer het nie verloor nie.

My seun het 'n Honda Accord gehad met so 'n verwyderbare hak.  Die sluitpen word met 'n stewige knip (geheg aan 'n kettinkie) in plek gehou, maar selfs dit maak my bang.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 18:21

Ons het so lekker gekuier, dat tyd my verlaat het😂 Saterdag vra ek my vrou om vir "more" vir ons van die oorbly braai vleis op toebroodjies te sit, en sommer stukkies wors saam te pak, dan kan ons by Afsaal lekker gaan sit en koffie met heerlike broodjies geniet.

Nou dit is toe waar die ontnugtering in kom, sy vra my, nou watter pad gaan ons terug huis toe ry😢

 

Pretoriuskop
So het ons elke aand om gesit, ag was dit lekker
Pretoriuskop
Adriaantjie het besluit, hy hou sy eie wildtuin.
Pretoriuskop
Kompleet, met diere en al
Pretoriuskop
Hy verduidelik vir sy boetie wat vir 'n skedel is dit.
Pretoriuskop
Geen dier was skaam om te kom gesig wys nie

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 18:34

Wow Johann, sommer 'n windgat lig wat jy daar het !  Is dit 'n 12v of 220v lig ? Jy het dus geen verskoning om die vleis en braaibroodjies te verbrand nie !

Die kleingoed interesseer my altyd in die Wildtuin.  As die gery tot 'n einde kom, speel hulle heerlik in daardie sand/stof !

Is jy tevrede met die herstelwerk aan jou wa  -  kon jy van iets agterkom wat fout is ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 18:47

Johann, het julle iets interessants gesien in die paadjie om die Shabeni-koppie (op die S3) en wat van die Fayi-omrit, onder-om P/Kop ?  Net na die hervestiging van renosters in die Kruger Wildtuin in 1960 (toe ek in st.6 was), het ek my eerste renoster op die Fayi-omrit gesien.  Die boma waar hulle destyds eers in kwarantyn gehou is, is nou nog sigbaar aan die regterkant op die Voortrekkerpad Afsaal toe.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/06/2019 - 18:47

Ek wil nie Johann se draad kaap nie maar begin wonder oor staanplek volgende winter skool vakansie, miskien moet el dit deel met ATKV Eiland Spa ?  Gaan dié jaar Letaba toe en wil graag Noord bly, weg van die koue ?  Dink aan Satara ?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 19:03

Pretoriuskop
Bly maar 'n mooi gesig
Pretoriuskop
Kees was baie skaars die jaar.
Pretoriuskop
Ook baie min gesien, ons was verbaas

 

Pretoriuskop
Oorlog letsels?
Pretoriuskop
Daar was rooibokke daar, maar hulle was nie van plan om aand ete te word nie.😀 
Pretoriuskop
Hierdie ou het gevra of ons bereid is om 'n foto te neem, en dit te publiseer,  met toestemming 

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 19:34

Willem, Satara en Singwedzi is my gunstelinge, ek kon nie plek kry die jaar nie. My naam was van Januarie af op 'n wag lys vir enige kamp, en nee, jy kaap niks, dit is deel van gesprek voering👍

Pretoriuskop
Hierdie tweetjies het gereeld by die kamp kom wei
Pretoriuskop
Hoop julle kan die pragtige voël (arend) sien.
Pretoriuskop
Wat sê julle, ons raai die dier name?😂
Pretoriuskop
Die aasvoëls het baljaar om die karkas van oorlede zebra
Zebra
Krakas van zebra het baie aandag geniet, en hier was die selfsugtigheid van sommige mense soos die van aasvoëls.
Pretoriuskop
Wie sal nou nie verlief raak op so gesig nie?
Pretoriuskop
Daar was ook baie waterskilpaatjies, seker so 50 plus. 
Pretoriuskop
En wie sê uile slaap hul dag om?
Pretoriuskop
Die koning het ons vereer met sy teenwoordigheid
Pretoriuskop
So stuk biltong,  ag ek meen blaar smaak lekket
Pretoriuskop
Ma het gesorg vir Melrose.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 19:39

Willem, Satara is 'n goeie keuse ná Eiland Spa  -  dis 122km vanaf Phalaborwa-hek.  Satara is 'n baie populêre kamp met baie wild in die omgewing en wild-besigtiging paaie in 360º om die kamp.  Ongelukkig is die kampeerterrein iewat stowwerig en die kragpunte is swak versprei.  Maar ons het nog altyd heerlik daar gekamp.  Jy sal egter baie betyds moet bespreek.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 19:43

...............baie dankie, dit was 'n heerlike kyk. (Ek hoop daar is nog  -  het jy nog so 'n ietsie van julle kampopset ?)

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 20:04

Len, ek moet erken, dit is iets wat ek baie slap op was, nl daai verwyderbare haak, maar dit is nou 'n hoë prioriteit. Hierdie neiging van verwyderbare sleepstang staan my ook glad nie aan nie, rn veral nou, nog minder.

Om die kopie het ons net  zebra, kudu, duikers, rooibok en klipspringers gekry, daar was spoor van 'n luiperd, maar met al ons soeke het, sy ons ontwyk.

Die lig is 220v 10w LED, ek is besig om vir my 'n soort gelyke lig van 12v LED te maak, het reeds die driepoot staander waarvan ek die 220v lig af gehaal het. Dit was een van daai wat so verstelbaar was, van kleur en ook vaste wit, maar dit was maar swak vir buite gebruik.

Ons kleinkinders het ons verbaas, Adriaantjie is darem gewoont aan wild, maar Armand, nou twee en 'n half, het ons voete onder ons uit geslaan, hy ken selfs die verskil  (nadat oupa so twee keer verduidelik het), die verskil tussen 'n kudu, rooibok en selfs duikers.  Ek vermoed, hy aard na sy oupawink, al wat hy op tv kyk, is diere,  toe gegee, in die stadium nog net animasie, maar dit is al waarna hy kyk.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 20:13

Pretoriuskop
Min dinge mooier as 'n sons ondergang in die Kruger.
Pretoriuskop
Sy was baie ontstoke, daar was 'n karkas wat op haar gewag het, maar leeu was nog besig daarmee.
Pretoriuskop
Net klein oortjies steek uit, maar jy gaan dit nie nader waag nie.😀 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/06/2019 - 20:23

Dankie Johann, Len

stowwerig en die kragpunte is swak 

Die stof pla my nie maar daai kragpunte wel.  Aan die anderkant kan Letaba ook weer doen ?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 20:49

In die aande, wanneer ons om die vuur sit, kon die tweetjies nie uit gepraat raak oor wat hulle vandag gesien het nie,  Armand het een aand sy ouma se bril so ewe af gehaal, en op genoem wat hy alles gesien het,  so as of hy wil sê "ouma se bril druk haar ore toe😂"

Renosters
Hierdie twee het vir groot opewinding gesorg, die een was beswaarlik oor die pad, soos gesien kan word - baie naby ons,  toe die agterste ou in 'n stok vas loop, om spring, en ek kon nêrens heen nie, agter my het 'n bakkie gestaan, vorentoe kon ek nie. Vir etlike sekondes was ons vas gekeer,  maar toe besluit die oubaas, nee wat, dit was net 'n stuk stok. Ek was oortuig my dogter het so strepie op die sit plek gelos, maar niks nie😂
Pretoriuskop
My persoonlike gunsteling, 'n buffel is vir my een van die mooiste diere,  ek kan nie genoeg van hulle kry nie.
Kamp
Ons het die keer nie die kombuis op gestel nie,  krane was baie te ver, en ek wou die afdakkies ook nie staan maak nie. Ons was ook naby die kamp kombuis,  en ablusie blok
Tyd vir fotos by die kamp self was min, ons het elke aand eers die kleinkinders na die winkel gevat vir 'n roomys en koeldrankie,  dsn word daar vuur gemaak, en gekuier. 
Pretoriuskop
Adriaantjie het voet by stuk gehou, hy wil persoonlik 'n zebra se spore afneem,  moet erken, hy is 'n fotogeaaf van formaat.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus