Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
En terwyl julle...
oor belangrike goed soos panties en bra's (of die gebrek daaraan) gesels, sit ons hier en gesels oor onbenullige goed soos of ons Feb/Maart 2020 dalk vir so 2 weke Kgalagadi toe moet gaan.
Maar ek moet erken, daardie wip in die stap darem....
Sarel....
Sarel, ek aanvaar jy praat van die "wippery" van die paaie in Kgalagadi. "Stap" in jou sin hierbo moet seker wees "pad", nie waar nie.
My kinders is op hierdie oomblik oppad terug uit die Kgalagadi en het 'n heerlike tydjie gehad. Dit was glo vrek koud in die nagte en die voorsiene komberse was maar skraps en dun. Hulle het nie gekamp nie want hulle het 'n teerpad karavaan en was tuis by Twee Rivieren, Kalahari Tente Camp (10km duskant Mata Mata) en Nossob. Ek is ook weer lus vir die Kgalagadi, maar is gebonde met my teerpad-wa.
Len,
nee, die wip waarna ek verwys is nie beperk tot die Kgalagadi se paaie nie. Maar daardie paaie dit sit wel 'n wip in die ry ook...
Gelukkig is ons klein teerpadwaentjie net so tuis op die grondpad as op die teerpad. Maar ons oorweeg om weer 'n keer met ons Turbotente te gaan kamp.
Shaun, lyk my die koue maak…
Shaun, lyk my die koue maak die vingers styf, die mense sukkel om te skryf hier😂
HetVis, as Gerda Jacobs ook…
HetVis, as Gerda Jacobs ook saam gesels gaan julle saam Antie ons op ons tone hou ![]()
Kan nou nie onthou waar ek…
Kan nou nie onthou waar ek vir julle n foto laas geplaas het nie..... hier op die " Hier gaan bokkerol aan" draad seker ook olraait. Beslis nie Lennie se " spelling" draad of al die ander ernstige besprekings nie. Het ek gese ernstig ? Heng n ou klomp leegleêrs wat net aldag wil kamp en klets.. wonder of egoli nog gekyk word.
Elk geval, hier is my offerhande van onlangse gebeure met die trokkie. Die blink is nog nat van afspoel, gaan meer n matte finish kry. Die bonnet, wat is dit in afrikaans, dink die slim naam is so iets soos "Mons Pubis" maar my Latyn is lankal weg, moet nog roes behandeling kry. Die wat wil weet hoe om n stuk yster in n oogwink te laat roes, vra net.

Herman, baie netjies, ek…
Herman, baie netjies, ek dink 'n bonnet in Afrikaans sou dalk iets soos "masjien toe maak dak" wees, as "self starter" 'n "knor moer" is?😂
Baie netjies Neef Herman…
Baie netjies Neef Herman. Daai lorrie sal mooi lyk vir n woonwa
Gewag vir jou Len, ja, ek…
Gewag vir jou Len, ja, ek het geweet dit is "neuskap", maar het so bietjie humor in gebring. In daai geval, is die "boot" seker "gatkap"![]()
Daai bakkie sal darem smart…
Daai bakkie sal darem smart lyk met 'n kampforum logo op die kant ![]()
Chris Boucher is sommer net…
Chris Boucher is sommer net plein bleddie lui. Maar gee kans, as die kinders en kleinkinders, wat tans vir die skoolvakansie ook by Eiland Spa is, eers weer vertrek sal ek hopelik weer "opmaak".





Arie...
....begin dan 'n draad oor "panties" - jy weet, daardie pop-kledingstukkies.