Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 minute ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -3 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 11:49

Ons neem deeglik kennis, Chris.  Ons sal maar noodgedwonge ons beurt afwag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 12:12

Arie, "tyre" is die ding wat die "tube" in plek hou  -  dit bly 'n "tyre".

 

-

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/03/2025 - 08:28

... nou gaan hier darem 'n "f" met 'n kol aan op hierdie forum. 16 uur laas gelede 'n inset geplaas deur Geert.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/03/2025 - 08:53

...ek stem Chris. ek het my ok gewip, ouens kritiseer my oor voertuigkeuses, laphoedjies, sandale en wat nog ook.laughdevillaugh

Dalk moet ek ook net gesels oor Kruger, wildtuine, mangels en aambeie.laugh

0
Irene

Grootwind

Fri, 14/03/2025 - 09:07

Hoe bedoel Herr Dottore dan nou? Ons kritiseer nie, probeer net help dat die regte keuses gemaak word! Nog minder het ons 'n probleem met laphoedjies en uitgetrapte Palestina Cruisers laugh (terloops ekke het laas jaar vir my self 'n laphoedjie gekoop....mens volg mos die manne wat weet wat 'n goeie "fashion statement" is! - moet egter erken die hoedjie lê nog innie trokkie en wag vir die regte geleentheid....)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus