prys vir 'n nuwe ten volle…
prys vir 'n nuwe ten volle toegeruste Kavango is seker nou al nader aan R420 000
Grote Griet dis 'n kleinhuisie vol geld!
Ek kan nie die uitgawe regverdig vir iets wat ek hoogstens 30 dae 'n jaar gaan gebruik nie. Ek oorweeg dit om eerder my Bushbaby te verkoop en 'n ander boswa (nie karavaan nie) te koop wat bietjie beter ingerig is. Dan behoort ek nie meer as R25k in te betaal nie. Ons sal wel die gedeelde ablusie moet aanhou gebruik maar dis 'n relatiewe klein prys om te betaal. Met my 1,98m lyf gaan ek in elk geval sukkel om myself genoeg te ontknoop om oral te was in 'n Echo Kavango of soortgelyke stort.
My definisie van ryk 'n…
My definisie van ryk
'n Werkende man met 2 voorskoolse kinders wat kan bekostig om R420 000 (of selfs R200 000) te betaal vir 'n bos karavaan wat hy hoogstens 30 dae uit 365 gaan gebruik.
Ryk, of arm, kampering is of…
Ryk, of arm, kampering is of in jou bloed of nie.
Ja, "off roaders" is baie duur, maar, mens koop mos die goed vir die lang termyn. Na dit klaar betaal is, raak dit 'n baie groot bate, en dan begin jy vinniger geld spaar op verblyf, wat uiteindelik baie minder uit werk as die koste van vaste vaste verblyf (chalets ens.)
Die bietjie ekstra op brandstof maak jy op met oa die volgende:
Jy slaap in jou eie kooi
Jy bly waar jy wil, baie wye keuse van staanplek, om maar een voorbeeld te noem.
Jy geniet die totale prentjie net meer, en jou kinders gaan mooier herinneringe op bou.
Jy is tussen mense wat die natuur lief het, en mekaar beter verstaan, en kommunikeur, as in enige ander vorm van verblyf.
Ek en my vrou het minder as 30 dae in totaal van ons 40 jaar van huwelik, in ons lewe in iets anders as 'n woonwa vakansie gehou.
Maar, dit is 'n besluit wat net jy en jou vrou kan neem, ons kan nie iemand anders probeer oortuig wat om met hul lewe te doen nie, elkeen se behoeftes verskil van die volgende persoon 👍
Hoop nie ek klink kras nie, dit is nie my doelwit nie.😀
Wat is die defenisie van ryk…
Wat is die defenisie van ryk?
As jy 'n Penta en Pejero het ![]()
![]()
Ek kyk.....
Ek kyk toevallig vanmiddag hier by Tygerberg Karavane waar ek gou toilet chemikalië wou koop, en daar staan 'n splinternuwe (ou vorm) Jurgens Exclusive te koop vir R444 000 ! My Exclusive het 14 jaar gelede R150 000 gekos en verkoop tans in die omgewing van R160 000.
Hierdie nuwe Exclusive het maar die basiese uitleg van myne met net oppervlakkige mooi gemaakte stillering binne-in. Ek merk op die gas-geiser (wat ek begeer) is uitgegooi en 'n nuwe soort hoekstutte vervang die oues. Agter is net die ligte met piep-klein ronde liggies vervang. Verder kry jy maar dieselfde as 14 jaar gelede, maar die prys is drievoudig meer.
Ek is van mening die antwoord op die opskrif-vraag, "Karavaan eintlik 'n ryk man speelding? ", is nee, dis nie 'n rykman speelding nie. Ek glo dis binne die vermoë van enige gesin wat van kampering hou, om 'n karavaan aan te skaf wat binne hul begroting pas.
Enige woonwa /boswa wat op…
Enige woonwa /boswa wat op gepas word, is 'n belegging eerder as 'n las. Ongelukkig is dit 'n aanvanklike groot uitgawe.
Slim man se speelding
Hierdie bespreking het al paar keur op gekom op FB groepe.
Ek dink as Jy Karavaan se prys by jou vakansie uitgawe in rekening bring dan moet jy ook die selfsorg verblyf na 5 jaar se vakansie hou kan besit as jy dit goedkoper beskou as kamp.
Soos Johann hier sê is ‘n goed opgepaste woonwa ‘n goeie beleging dalk selfs veiliger as jou pension as jy kyk wat die manne praat hulle met ons geld wil aanvang in Die land.
Ek het gou so rowwe som gemaak my vakansie se brandstof is omtrent ‘n R1200.00 meer in totaal agv. My woonwa as ek kus toe gaan dit op 800 km of dan 1600 km heen en weer uitgewerk.
Ek sleep nog nie solank en my 2 karavane kon ek nie sluitasie op my voertuie agter kom agv. Wa miskien is dit omdat dit eers ‘n lekker sterk SUV was en nou ‘n dubbel kajuit bakkie.
Verblyf werk my so + - R12K in Natal uit by TO strand vir Desember 2018 vir 13 nagte saam my brandstof werk dit R13K uit. Dieselfde Oord vir selfsorg vir 4 mense sou my vir Die tydperk R19K gekos het.
Wat ek ook kan sê is dat ons deur die jaar elke maand kamp in die somer en een winter kamp net om die Bosveld ook op sy beste te geniet.
Voor ons Karavaan besit het,het ons op die meeste 4 keur ‘n jaar weg gekom waarvan 1 ons Desember vakansie was.
Dalk help ‘n Karavaan ‘n arm man om soos ‘n ryk man vakansie te hou.
Dalk is ek maar net 'n…
Dalk is ek maar net 'n armgat ![]()
My voertuie is afbetaal en ek skuld net R59k vir 'n swembad wat ek verlede jaar laat bou het. Ek betaal die grootste deel van wat my verband my voorheen gekos het, in effektetrust rekeninge in vir my kleingoed en die res vir hulle skoolfondse, swemlesse en au pair en oppasser. Ek sien net nie nou kans om R250k plus se skuld aan te gaan vir 'n karavaan nie. Dus moet ek maar tevrede wees met wat ek het.
Ek beny julle ouens wat waens het, dit lyk regtig lekker. Ek kan egter nie sê dat ek of enige van my gesinslede ons al aan die slaap gehuil het omdat ons met ons Venter Bushbaby moes kampeer nie. Ons het dit inteendeel nog altyd geniet en goeie herinneringe opgebou.
Dalk kan ek eendag 'n karavaan bekostig wanneer ek groot is (lees aftree).
Hier kan ek nie saam praat…
Hier kan ek nie saam praat nie, die rede, is dit is die leefwyse wat ek verkies bo vaste veblyf. Daarom bly dit vir my die beste opsie, soos almal sê, met bed, jy stort as die ander nie voldoen nie. My slaap plek wat ek vekies. Ens.
Ja dit is soos almal sê "jy like dit en veruil dit vir niks" as dit jou opsie is.
Die koste raak nou so, die aanwins sou ek vekoop nou beter.
???
Karavaan is n goeie
N karavaan is vir my n goeie belegging dis deel van my DNA kamp is in my bloed as hy klaar betaal is is dit myne en ek sleep my kamp huis waar en wanneer ek wil
Dalk is ek maar net 'n…
Dalk is ek maar net 'n armgat
Dit maak 2 van ons! ![]()
![]()
Dit is juis die rede waarom…
Dit is juis die rede waarom ek lank gesoek het vir die regte wa en ek het daai "lyk nog soos nuut" 1999 Rapier opgetel vir n appel en n ui en hom gemodify volgens my smaak en behoefte en Ma is happy!!
Voel glad nie skuldig oor die kopie nie en het ook nie kos uit enige iemand se mond gevat nie.
Ek voel skuldiger oor my scooters wat daar in die garage staan en battery krag verloor....., en wat baie meer geld kos as die Rapier en wat NET ek gebruik.....
Willem....
...................het jy nou oorgeskakel om in Russies met ons te gesels ?
Ek staan by my punt dat karavaan-kampering (waaroor die vraag handel) 'n gekose leefwyse is en nie noodwendig finansieël regverdiging nodig het nie. Maar as 'n ou tog uit 'n finansiële oogpunt daarna wil kyk, luister 'n bietjie hierna. Ek het twee vriende en hul gades hier in die Kaap wat ook gek is oor die Kruger Wildtuin :-
- Die eerste paar vlieg vanaf Kaapstad tot by die Wildtuin, huur 'n motor en gaan tuis in chalets vir maksimum 14 dae
- Die tweede paar ry met hulle Prado vanaf Kaapstad, slaap twee keer oor (hulle is ook bejaarde mense) en gaan ook tuis in chalets vir ongeveer 14 dae
- Ons ry weer met ons sleepkombinasie die 2000km tot in die Wildtuin, maar ry kuier-kuier by vriende en familie. In die Wildtuin alleen kamp ons in 6 kampe, 5 nagte per kampplek vir 'n totaal van 30 dae. Daarna ry ons weer kuier-kuier terug tot in Kaapstad.
Die reis en verblyfkoste van ons "vliegtuig"-vriende is by verre meer as ons kostes terwyl ons "Prado"-vriende se kostes goedkoper is as die vliegopsie maar nog heelwat meer as ons sleep- en kamperingkoste. Die belangrikste punt is, ons het 'n Wildtuin-vakansie van 30 dae en ons vriende s'n is 14 dae.
Dis beslis nie meer 100 jaar nie dan sal ek ook seker noodgedwonge van die vlieg- en huuropsie gebruik moet maak, maar vir die huidige bly kamp koning en bekostigbaar.
Iemand by my vorige…
Iemand by my vorige werkgewer het eendag gesê jy moet nooit 'n "business case" maak wanneer jy 'n wa wil aankoop nie, want die syfers gaan nooit klop nie.
Al wat ek kan voorstel, begin met 'n klein en goedkoop wa. Verkoop dan vir meer en so bou jy jouself op.
😂😀😃 Willem.... …
😂😀😃
Willem....
...................het jy nou oorgeskakel om in Russies met ons te gesels ?
Len, nee jong as ek in die braai area sit is die lig swak en sien ek nie altyd die tik voute nie. As ek soos nou op die Tablet tik vat dit my langer om als reg te maak as wat dit vat om die boodskap te tik. Op die rekenaar is dit net baie maklikker.
Stem met Nico (Leeu) se…
Stem met Nico (Leeu) se inset. Ek het eers in 2004 begin met karavaan ding. Ek het eers met '87 Caravette 5 begin wat my R15000 gekos. In 2007 splinternuwe Swing gekoop vir R77000 en het 10 jaar lank gehad. In 2017 splinternuwe Fleetline gekoop vir R235000 en dit is my heel laaste. Huidige karavaan pryse is overrated. Gewone werkklas mense kan skaars nuwe karavaan bekostig.
Leeu is reg. En net so kan…
Leeu is reg. En net so kan ons ook redeneer of tuisbly nie goedkoper is as gaan kamp nie, mens het bederf nodig in die lewe, en as n lekker wa plesier gee, dan maak jy die begroting werk.





Rykman speelding
Middag Wildehont
Jammer om te lees dat jy my wa as voorbeeld gebruik, en dan inverband bring met 'n rykman.
Grappies op 'n stokkie---ek was netso verstom toe ek begin soek het na 'n boswa. Tesame met die prys, oor AL die verskaffers heen, is daar ook 'n geweldige verskeidenheid [aantal] verskaffers van boswaens en ook bos-woonwaens. Na my mening beteken dit net een ding--- daar is 'n moerse markaanvraag daarvoor. Dit is dan gewone besigheidsbeginsels---groot markaanvraag= hoë pryse.
Die vraag is nou; waarom die geweldige mark verandering na veld/boswaens, weg van padwoonwaens. Het dit 'n "inding" geword?? Wat ek wel weet is dat 'n gelukige mammie, die kampering aangenaam maak vir almal. Met ander woorde, die ingeboude stort en toilet, met aanboord warmwater maak veral vir mammie dit lekker, en dis die goete wat die prys opjaag.
Net 'n regstelling, die prys vir 'n nuwe ten volle toegeruste Kavango is seker nou al nader aan R420 000. Jy sal vind dat daar nogal heelwat goed is wat nie by die gelyste prys ingesluit is nie, soos die koel/vrieskas, waarsonder mens tog nie kan kamp nie. Dit beteken dat mens mooi moet kyk wat ingesluit is as jy verskillende verskaffers se waens vergelyk.
Moenie tou opgooi nie. Hou aan soek, jy gaan 'n wa raakloop wat in jou beursie pas.
Groete