Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -9 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Bal gewig

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?

Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?

 

Dankie

Wel hy sleep nog so reguit soos'n pyl Wildehont.

Ons boere moet maar planne maak die budget laat nie toe vir daai fensie Jockey's nie en daar waar ons kamp het ek so gevoel daai jockey met skaal gaan dit nie maak nie....................

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 22:07

Wildehont, ek wou sê skerp waarneming, maar waarvan praat jy ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 19/09/2019 - 07:02

Ek sien ook nie kans om soveel geld vir daai jockey met die skaal te betaal nie,  het jare terug geweeg, en nou pak ek net reg en ry.

0

Ons boere moet maar planne maak die budget laat nie toe vir daai fensie Jockey's nie

Dis een van die hoofredes waarom ek die draad begin het; om uit te vind watter planne die ander boere al gemaak het. My begroting laat ook nie toe vir sulke luukshede nie, anders moet ek dalk een maand se naweek kamp opgee! 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 19/09/2019 - 10:49

Middag vriende en Len

Ek dink ons moet Chris-Wildehont sensuur---die ou krap waar dit nie jeuk nie. Nou is ek ookal bekommerd oor my bal gewig [een woord of koppelteken -Len??] 

Ek kyk gisteraand na my spesifikasieplaatjie aan my NIE-Nissan trokkie, en vind die volgende;

sleepgewig: 2000kg

Statiese gewig: 90kg 

Nou is die vervaardigers besig met 'n bemarkingsfoefie om die voertuie se sleepvermoë al hoe meer te maak. Wat hulle egter vergeet, is die spesifikasie wat aan die "kompleet" sleepstang gegee word. Wat help dit dat my trokkie volgens die vervaardiger 2500kg [byvoorbeeld] kan sleep, MAAR die sleepstang se spesifikasie beperk my tot 2000kg. Volgens wet is die kleinste waarde die limiet. 

Ek is van mening dat hierdie ondeurdagte voertuig syfers, die sleepstang spesifikasies, en die interpretasie van die padregulasies groot verwarring gaan meebring.

Ek wonder net, die statiese gewig spesifikasie op die plaatjie, is dit afkomstig van die bal se vermoë, of die sleepstang hegting aan die voertuig. Volgens Willem se info boontoe, kan die bal baie hanteer.

Len: Jou teregwysing word ter harte geneem. Jou Afrikaans juffrou moes seker nog mooier gewees het, dat jy so oplettend was na detail.

Groet

 

0

Ek dink ons moet Chris-Wildehont sensuur 

Moenie die boodskapper skiet nie! Ek probeer net agter die kap van die byl kom en meer belangrik; om veilig te bly. 

Gelukkig behoort ons nie-Nissan eienaars darem redelik maklik binne die wet te kan bly met ons Kavango karavane. Myne se BVM op die plaatjie en lisensieskyf is 1800kg maar op ‘n geel plakker langs die deur staan daar in hoofletters dat dit onder geen omstandighede 1650kg moet oorskry (met ‘n lang y) nie.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 19/09/2019 - 14:00

Die wat nou n stukkie hout onder die haak indruk en bo-op die badkamerskaal sit moet onthou dat die handrem los moet wees. Dit het glo te doene met die "pivot "  punt van die sogenaamde hefkragte, wat op die as moet wees, ipv onderkant van die wiel waneer handrem vas is !!!!! Hoe is die een vir die fisika klas.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 19/09/2019 - 14:12

Middag Neef

Na 'n kortstondige oomblik van dink, is my mening;

ongeag of die handrem vas of los is, die draaipunt van die hefboom bly mos die  as.

Help ons eerder met die verklaring/vertolking van die sleepstang-bal plaatjie spesifikasie. Is die gespesifiseerde statiese "tow ball weight" bloot 'n aanduider van wat die voertuig-vervaardiger dink wat minimum impak op voertuig hantering gaan hê, OF is dit werklik 'n limiet wat indien oorskry word, kan lei tot meganiese defekte---'n koppelpunt wat skeur, 'n sweislas wat swig, die bal wat kraak.

Groete 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 19/09/2019 - 14:20

'n aanduider van wat die voertuig-vervaardiger dink

Dit is volgens my die geval, beslis nie die hak se limiet nie.  Het hom nog nooit geweeg nie en stel ook nie belang nie, al die jare wat ek sleep nog nooit eers een gekry wat se bal (50mm) kleiner uit gewer het nie, ook nog nooit een gesien wat gebreek het nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 19/09/2019 - 18:30

Wessel, jy moet effe langer dink, die fulcrum verskuif wel, maar vir hierdie oefening gaan dit regtig nie pla nie. Bloot genoem vir bietjie humor. Sover dit gewig op die haak betref, is soos die ander Toppies vertel, al baie bespreek, my gevoel is dat sodra daar voorskrifte of aanbevelings, het sy dit van die voertuig of sleepstang vervaardiger kom, dit beter is om maar te luister en aanvaar. A Soldiers job is not to reason why, but to do or die.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 19/09/2019 - 18:37

Herman se fisika-les hierbo :  ek is besig om dit uit die hoof uit te leer sodat ek 'n spietkop wat my stop, daarmee kan gooi.  Daarna sal hy my beslis laat gaan.

Wessel, ek sien hierbo jy groet "Middag vriende en Len".  Ek moet dus aanvaar ek is nie deel van jou vriendekring nie ! 

Verder sê jy :  "bekommerd oor my bal gewig" : nou wat's fout, voel jy olik ?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 20/09/2019 - 07:53

Môre vriende insluitende Len

Len: Wou sommer kyk of jy met aandag leeslaughTweedens my balgewig kom nie daar naby nie

Neef Herman: Is jy seker die word is fulcrum, die terme van balgewig is  skrotum dalk 'n meer gepaste woord.

Geniet die langnaweek, ek het heelwat om skoon te maak na verlede naweek en dan wil ek weer my bal se gewig bepaal.

Groete

 

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 25/09/2019 - 08:11

Môre Chris en ander slepers

Ek het afgelope naweek my Kavango se neusgewig gemeet. Sommer met badkamer skaal onder die neuswiel, en die wa basies ongepak. Daar was geen water in die tenk, en die koel/vrieskas leeg. Dit het ongeveer 105 kg gemeet, en ek is heel tevrede daarmee.

Dan het ek ook die volgende waargeneem met 'n patrollie na Toyota. Hulle bakkies het deesdae 'n universele sleepstang aan, met 'n plaatjie wat die sleepgewig, asook balgewig aandui, vir 'n aantal modelle. Die afleiding is dat die sleepstange dus baie kan hanteer in terme van sleepgewig en balgewig, en na my mening is slegs die sleepgewig op die plaatjie [en dus vir jou voertuig] 'n wetlike beperking.

Ek gaan my soos in die verlede nie oor my balgewig bekommer nie, want my kombinasie voldoen aan die voorskrifte, selfs vir EB-lisensie.

Groete  

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 25/09/2019 - 12:59

Middag Chris

Wat ek probeer oordra, is my persepsie van die wet en die toepassing daarvan. Ek is van mening dat geen spietkop gepla is oor die neusgewig nie, dit is bloot 'n vervaardigers riglyn.

Soos jy tereg sê, die res soos BVM, GCM en sleepgewig is die wetlike aspekte waarop hulle moontlik mag konsentreer.

Jy gaan elkgeval nie verdag voorkom nie, maar die ou wat 'n Eksklusief met 'n VW-Golf sleep, gaan aandag trek.

Groete.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus