Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?
Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?
Hulle worry oor die gewig op…
Hulle worry oor die gewig op die aste en bvm.
Het eendag die wa en kombinasie by De Hoek tolhek laat weeg en die spietkop sê hulle worry oor wat op die dataplaatjies staan en nie op die lisensieskyf nie.
Ek kon ook nog nooit die Regal se neusgewig onder 130kg kry nie. Pak maar mooi, sleep gelyk en ry stadiger
Ek voel maar gewoonlik my…
Ek voel maar gewoonlik my neus met die hand? Ek ken die gewig van 'n 25L vol kan asook 'n 50kg sak sout so ek neem aan as ek die neus kan lig met een arm dan is hy goed onder 75kg.
As my onderbroek gemaklik…
As my onderbroek gemaklik sit en nie afval dan neem ek aan my bal gewig is reg?
As my onderbroek Ek het…
As my onderbroek
Ek het gewag vir daai een.
44 insette! ![]()
GEWIG OP DIE SLEEPHAAK
Ek het nou deur alles gelees wat van die manne hier uiter, baie het baie goeie argumente, maar ons is gebind aan wetgewing ( wat nie altyd sin maak nie ) As daar 'n studie gedoen moet word nou , sal meer as 80% van die ouens wat Boskaravane sleep se neusgewig meer as 100kg wees. Ek sleep al van 1969 en het baie swaar karavane gesleep op 'n gereelde basis tussen 6-8 keer per jaar en dan was daar gemiddeld 6 Karavane geskuif van punt A-B oor lang afstande. Ek het vir 12 jaar Permanent in die veld gekamp ( opmetings gedoen ) Die Staatskaravane was doelgemaak vir rowwe terrein, so hulle was baie swaar, en baie sterk. In al die jare het geen Bol ooit gebreek nie. Ek het wel verskeie kere boute op die hegtingspunte van die sleepstange gebreek. want dit is waar die swakpunte van 'n sleepstang is. Dit het ook al gebeur dat een van die boute op die bol afgebreek het, maar dis al . Wat ek probeer sê is dat dit gevaarliker is as jou Balgewig te lig is as wat dit te swaar is .'n goeie aanduiding is : solank jy jou jokkiewiel nog kan verstel sonder baie inspanning as jy hom moet haak is die gewig binne perke. NOU hoeveel van julle gaan die hegpunte op julle sleephaak na, want dit is waar jou gevaar is. Jy moet ook seker maak dat die boute Hardestaal is en nie sagtestaal nie, want hulle "snap" baie maklik.
Tora you are 100 % correct
A chain is only as strong as it's weakest link, and there are many links between the caravan and the car, including all of those you mention.
Its posivitly frightening to see some of the attachments on the back of some vehicles, especially those with overloaded trailers heading for our Northern borders.....
Another aspect is a big percentage of the force that a bolt applies is by way of how tightly it is fastened..........
Too tight and you weaken the bolt by stretching the threads
Not tight enough and there is not enough friction between all the mating faces between the head of the bolt and the inside of the nut, incuding washers..
I can fully understand why, car manufacturers void warrenties when an after market attachment is fitted to the vehicle, there is just no control in place....
Which brings me to your other point, silly laws... Everything is about GVM Tare weights and all of that.... Tons and tons have been written about it.......
NOTHING about the correctness of the attachment it's self..... Literally, you can go to a roadside exhausr repair oke... You know, the ones that set your car on fire..... And have a bunch of scrap steel welded up and bolted on.... Makes no sense at all...
If it where up to me I would have controls put into place that the attachment needs a certificate of compliance that needs to be periodically re-newed, Like us driver's and our vehicles....
If there is a towbar..... needs to be inspected & re-certified.....
Tora se aanbevelings
Middag Tora
Welkom terug op die forum. Ek weet ons almagtige God sal julle vertroos soos net Hy kan.
Met verwysing na jou raad, inspekteer die hele sleepstang;
dit is gelukkig baie maklik met 'n trokkie waar mens alles kan sien deur net onder die trokkie te lê. By sommige fabrikate moet mens net oppas om nie in oliekolle te lê nie.
Dit is ongelukkig nie altyd so maklik met gewone karre en SNV's nie. Die sleepstange word so verberg deur skutplate dat visuele inspeksie nie so gerieflik "opsigtelik" is nie. Ek wonder wat doen ouens in so 'n geval.
Groete
My boereplan om die…
My boereplan om die neusgewig te bepaal. Soos die foto toon was my Kavango s'n amper 150kg! Ek weet nie hoe ek dit minder sal kry nie. Ek het gevind dat die Ford se haak/wa se koppelstuk punt laer hang as wanneer die wa leeg is. Die Ford se kattebak was nie vreeslik swaar gelaai nie. Ek neem aan as ek meer gewig agter die wa se as laai sal die neusgewig afneem, maar ek wil nie die 60/40 balans (60 voor die as) versteur en die risiko loop dat die wa swaai nie. Hoe nou gemaak? Afgesien van die A-raam wat laer gehang het by die koppelstuk, het ek baie lekker gesleep en was die wa 100% stabiel agter die Ford. Ek moes egter 'n baksteen agter die Ford se agterwiel sit en daaroor ry om te keer dat die onderkant van die A-raam haak waar die sypaadjie teen 'n effense helling die padoppervlak ontmoet, toe ek die wa agteruit instoot by my huis. Ek het gelukkig die neuswiel heeltemal afgehaal en in die Ford gehou.
Neusgewig
Hello Chris
Dalk is dit weens die gewig van daai teerpaal wat jy gebruik het.
Of, dis al die vleis en drank voor in die koelkaste wat die neus so afdruk. Was die watertenk vol of leeg, maar dit is redelik gespasieer oor die as.
Jy sal dalk net moet kyk wat jy binne kan skuif. Onthou, ek het genoem dat my wa se neusgewig leeg so 105kg is, en ek swaai nie.
Groete
Chris,net my persoonlike…
Chris,net my persoonlike opinie, ek sal nie te veel bekommer oor die 150Kg op die neus nie. My Penta is ook daar rond, en ek sleep gemaklik. Sou jy 'n erge probleem ondervind met die hoogte van die wa kan jy dalk "spaders" tussen die as en die onderstel oorweeg, of dalk groter bande?
Take into consideration..........
Is your attachment “factory fitted” or “aftermarket”?
80 – 100 is the target weight, some vehicles the maximum nose weight is actually specified.
Factory fitted there would be a big safety margin built into the capacity of the nose weight, (yours is 53% over the 80Kg target).
Nose weight does not affect the draw-weight.
I would be comfortable up to 110Kg... at 150 Kg (53 % over) I would try and reduce the nose-weight by re-packing.
But here is the thing.
The safety margin that OE build into the nose-weight ability of the attachment, allows for the additional “shock forces” of nose-weight “bounce”, such as going over a dip in the road / where the road meet’s bridges and so on. So just be aware of that....
The effect of “shock-force” is much greater than static or dynamic force, I’m no engineer... But my gut tells me.... 53 % ?????? Seems a bit on the high side... 20 – 30 % over the target weight of 80 - 100Kg I would be comfortable with (factory fitted attachment)
Or you could drive a Landrover. and 600 % overweight would be just fine....
... just kidding
Neem ek reg aan dat die…
Neem ek reg aan dat die sleepstang 225kg afwaartse druk kan vat?

StephanS---aanname
Middag Stephan
Jou aanname is 100% korrek.
Die plaatjie is seker vir 'n redelik nuwe Ford Ranger bakkie, of hoe?
Groete
Nee wat wessels, darem al 'n…
Nee wat wessels, darem al 'n paar myle gedoen ![]()
Ek het nou op die handige…
Ek het nou op die handige artikel afgekom wat Anton voorgeen gedeel het waar baie oor die dinamika rondom neusgewig gesê word






Ek het jou 'n pm gestuur …
Het dit so ontvang