Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -3 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Secunda

Sleep nou

Sat, 12/08/2017 - 08:21

More julle outse kleinkind gister aand hier uitgeslaan en gese ek oupa nog nie die week gesien nie hy het ook slaap klere reeds by hom gehad so het ons burgers saam gemaak nou ja hier loop die eerste koffie vir my gooi mielies julle

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 12/08/2017 - 10:25

Dagsê vanuit Brakkies !  Ons het Donderdagaand darem 'n lekker 15mm reën gehad en vanoggend wil-wil dit nog 'n bietjie reën.  Die Kaapse damvlakke het glo met 2% gestyg to by 29%.

Gegewe ons 2018 Kruger Wildtuin besoek waar ons onder andere by Balule vir 5 dae sal kamp waar daar nie elektrisiteit is nie, speel ek 'n bietjie rond by die karavaan om te bepaal hoe lank sal die battery ligte van krag kan voorsien.  Ek wil nie geld blaas op allerhande gadgets nie en wil graag regkom met dit wat ons het.  Lekker interessante oefening.  Gelukkig werk ons yskas en vrieskassie uitstekend met gas en 'n gaslamp is ook byderhand, maar ek wil daardie 12V battery vir die 5 dae laat werk !

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 13/08/2017 - 12:42

Ek hoop almal geniet hulle Sondag.   Ons is net rustig by die huis en doen net mooi niks!  My kinders het my vanoggend met 'n video-oproep gebel vanaf Auckland en ons het meer as 'n uur gesels.  Die kleinkinders begin more by hul nuwe skool en het vir Ouma paradeer in hul nuwe skooldrag.  Toe wys die oudste twee vir my die "dance-moves" wat hul op YouTube geleer het en die jongste enetjie sy wawiele wat hy kan doen.  Hulle reken hulle is reg vir hul nuwe skool!  Kan nie wag om maatjies te kry nie.  Vanaand 10.30 (ons tyd), sal ek aan hulle dink, dan meld hul aan by hul nuwe skool.

0
Centurion

Dusty

Mon, 14/08/2017 - 05:35

Goeie more aan elkeen.

Uit gespaar vir nog 'n dag en die nuwe week begin. Maak die beste van die dag.

Sit nou en tee drink en die koffie is gemaak

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 14/08/2017 - 06:38

Dagsê almal !

Lieflike, sonskyn (nog nie, maar hy kom), windstil môre hier in die Kaap met 'n heerlike vooruitsig van twee dae se reën môre en Woensdag.

Ek wonder nog wat sal ek vandag aanpak, en of ek wel iets gaan aanpak !

Ek hoop jou dag is aangenaam en bevredigend !

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 14/08/2017 - 07:43

Geniet julle koffie en julle moet n gat skop dag he

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 14/08/2017 - 08:20

Hier is ook 'n pragtige blou lug en die son skyn.   Ek hoop die Maandag is vir niemand blou nie en dat 'n goeie week op almal wag.

0
Centurion

Dusty

Tue, 15/08/2017 - 05:32

Goeie more.

Kan voel die somer is oppad. Ek wag nog vir die skelm koue wat sommer so skielik kom.

Lekker Dinsdag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 15/08/2017 - 06:53

Goeie more Dusty!  Koffie?

Ek en my vrou praat juis gistermiddag oor die "skelm" koue en en wanneer hy gaan kop uitsteek.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 15/08/2017 - 07:02

Ja die koue gaan ons weer betrek maar dis hoekom daar n koffietjie en n forum is om ons warm te hou lekke dag vir julle almal

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 15/08/2017 - 08:28

Goeie more dames en here, koffie was lekker dankie.

Die koue kom more, ek sien Y weather seg dit aan 8°hier in die vuil driehoek wees brrrr. Sal maar more laat lê.

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 15/08/2017 - 08:47

Dagsê

Sien ook die koue kom en is so bly ek het nie vir die vrou geluister en die "frostcover" van die struike afgehaal die afgelope naweek nie.

Ek hoop die kaap kry nog reën ..... Oom Len moet nog sy wa was na sy wildtuin trippie

 

Groetnis

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 15/08/2017 - 09:01

Die koue oggend het my ook later in die bed gehou, nou eers by my koffie.  Ons hoor teen more gaan dit erg koud word en groot reën more en Donderdag by ons.   Lekker!   Ons mag nie tuin natmaak nie, maar sedert verlede week se lekker reën begin die tuin tekens van oplewing toon.  As daar nou nog reën kom kan dit net beter word.   Ek brand om iets te plant vir die lente maar op die stadium moet ons eerder los.

Lekker dag vir julle almal.    

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 15/08/2017 - 10:00

Goeie môre hier uit Brackenfell waar dit vriesend koud is met 'n sagte motreëntjie wat buite val.  Ons soek daardie sneeu op die berge sodat wanneer dit smelt, loop dit af in die riviere.  Ons is vol moed vir reën vandag en môre.

Soos Slowstrike sê, die Exclusive moet nog gewas word van die Wildtuinstof, maar ek het besluit om liewer nie hierdie keer die welkome reën vuil te maak nie (want dis te koud !).

Ek sien in Skukuza is dit vandag 34º !   Ons het darem maar 'n land van interessante uiterstes, insluitend op die politieke terrein !

Geniet die dag.

0
Centurion

Dusty

Wed, 16/08/2017 - 05:32

Goeie more.

Tee en koffie gemaak. Sien kollega drink sy koffie en ek my tee.

Blykbaar gaan die eerste skelm koue ons more tref volgens die slim mense. Vandag nog nie te  koud nie

Lekker dag vir elkeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus